Boer met eksotiese wild
- finch
- Sr. Member

- Posts: 459
- Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm
Boer met eksotiese wild
Ek het onlangs gehoor by iemand wat "vriende van vriende" is met n boer wat eksotiese wild boer (of dobbel) dat hy sy vingers bietjie gebrand het.
Dit kan oumens stories of skinder stories wees, ek sal nie weet nie, maar dit het my laat wonder oor of die eksotiese wild bubble nou uit eindelik aan die bars is? Ons kan alles annoniem doen, maar ek wil graag weet of daar al meer "vriende van vriende" is wat dieselfde ervaring gehad het en moes dus bietjie skoolgeld betaal vir die ervaring.
Ek weet daar is baie mense wat al baie geld hier uitgemaak het en ek se vir julle baie geluk en voorspoed maar ek is bloot nuuskierig om te hoor hoe wyd daar al mense is wat al 2de gekom het met die industrie?

- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Boer met eksotiese wild
My een pel het verledejaar R2.5mil in bokke gesit wat vandag minder as R200k werd is.
Ek was altyd 'n groot voorstaander van kleurvariasies. Hulle is vir my mooi, en het vir my goeie besigheid ingebring in die sin dat ek by 'n klomp skaarswild boere gejag het al. Maar ek kan duidelik sien die kleurbok bedryf knak nou.
Groot horing diere, buffels, sables en njalas sal altyd goed doen glo ek.

Goed, beter, 6millimeter!
- Trompie
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Mon Oct 05, 2015 9:19 am
Re: Boer met eksotiese wild
Die ouens wat in die laaste 2 jaar ingeklim het met hoë verwagtinge gaan nie sommer hul geld terugmaak nie. Die ouens wat vroeer begin het, het geld gemaak.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
If it heard the shot, I wasn't aiming for it...
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Boer met eksotiese wild
Geno, sal jy sê dat bv die sables en njalas (miskien ook lecwhe) wat net 'n goeie spesie verteenwoordiger is ook die moeite werd is om in te belê?Geno wrote:Groot horing diere, buffels, sables en njalas sal altyd goed doen glo ek.
Mens begin mos maar onder en werk op totdat jy die trofee gehalte diere kan bekostig om verder te teel.
Groete
Johan
-
M98mauser
- Sr. Member

- Posts: 261
- Joined: Sat May 10, 2014 10:44 am
Re: Boer met eksotiese wild
Daai swartrooibokke se prysse het goed geval, rammetjiesnou so R50 000 18 maande terug R250 000.00. Dinge is beslis besig om bietjie aftekoel in die kleurvarinte mark.
Vertrou op die Here Hy sal voorsien,
7*57
375H&H
223 Rem
260 Rem
9mm Vektor.
7*57
375H&H
223 Rem
260 Rem
9mm Vektor.
- finch
- Sr. Member

- Posts: 459
- Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm
Re: Boer met eksotiese wild
Ek stry nie, trofee wild sal altyd n mark he en is dus glad nie n bubble wat kan bars nie, maar kleurvariante aan die anderkant... (pop)
Sent from my HUAWEI GRA-L09 using Tapatalk
Sent from my HUAWEI GRA-L09 using Tapatalk
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13529
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Boer met eksotiese wild
Julle dink nie dalk die droogte speel n rol nie? Het julle al gesien hoe lyk dit daar buite?
Wie wil nou wild koop as hy nie eers weiding het vir die diere wat hy tans op sy veld het nie
Ek weet wat dit ons per dag nou aan lek kos vir bees, dit is nie n grap nie en baie makliker om net die goed alles op n lorrie te laai en veiling toe te vat

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Boer met eksotiese wild
As mens wel gesëen is om wel veld te hê is dit seker nou die regte tyd om in die "aandele mark" te klim?Capt. Oblivious wrote:Julle dink nie dalk die droogte speel n rol nie? Het julle al gesien hoe lyk dit daar buite?
Wie wil nou wild koop as hy nie eers weiding het vir die diere wat hy tans op sy veld het nie
Finch, jammer as my vrae dalk lyk na "hi jack", is nie die bedoeling nie.... probeer die wild boeredery ding verstaan.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Boer met eksotiese wild
Siebert.
Ek weet van min serious skaarswild boere wat nie 365dae per jaar lusern, pille ens. voer in hulle kampe nie.
Ek weet van min serious skaarswild boere wat nie 365dae per jaar lusern, pille ens. voer in hulle kampe nie.
Goed, beter, 6millimeter!
- Morkel
- Sr. Member

- Posts: 316
- Joined: Sat Sep 10, 2016 2:45 pm
Re: Boer met eksotiese wild
Kwaggasfontein is daar naby colsberg. Mense daai fam het groot grond met buffel no 3 in afrika. 45thousend hektaar. Sable rino, 1000 springbokke uit geskiet. Het al die kleur V op springbok. Dit het hulle 30 000 per dag gekos vir 3 maande lass jaar. Daai game is nie vir my en jou nie jy het diep sakke nodig. Oo ja dan is ek vertel deur die oom, die enigste swart gemsbok bul 28miol het die weerlig dood geslaan nov 2015. Vreeslike vriendelike mense bly daar oor en gesels. Hulle doen die al van 1996 toe hulle hul eerste sables gekoop het. Nou praat ons van miol asof dit R10 is. Glo my ek geniet dit om daar oor te bly hulle is vriendelik en nie skaam om hul sukses te deel nie. Maar gaan luister dis nie almal wat dit maak nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13529
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Boer met eksotiese wild
Geno wrote:Siebert.
Ek weet van min serious skaarswild boere wat nie 365dae per jaar lusern, pille ens. voer in hulle kampe nie.
Nee die pryse is verseker af en daar is manne wat ongelukkig houe gaan vat maar ek dink die droogte het wel n impak op pryse by veilings
Soos jy ok se die buffels, sables en daai klas diere sal altyd n goeie keuse wees.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Boer met eksotiese wild
Beslis! Ja meeste voer maar as jy nou so los paar Rande gehad het en op die kant Swartbokkies gekamp het, gaan jy moet verkoop om die bees en regte inkomste aan die gang te hou. Lusern se pryse het ook die hoogte ingeskiet en is redelik onbekombaar.Capt. Oblivious wrote:Julle dink nie dalk die droogte speel n rol nie? Het julle al gesien hoe lyk dit daar buite?
Wie wil nou wild koop as hy nie eers weiding het vir die diere wat hy tans op sy veld het nie
Ek weet wat dit ons per dag nou aan lek kos vir bees, dit is nie n grap nie en baie makliker om net die goed alles op n lorrie te laai en veiling toe te vat
Ek dink die pryse was buite verband, enige mark sal 'n regstelling kry een of ander tyd. Ek voel bitter jammer vir die manne wat die "tulp storie" gekoop het en hulle tradisionele en bewese produkte soos bees verruil het vir smarties.
Ja goeie gentika sal altyd in aanvraag bly, maar daai mark gaan ook 'n regstelling kry. Die pryse moet inlyn kom met wat die eind gebruiker kan/wil betaal. Ons almal het nie ander besighede wat $$ inbring nie.
Ek sit met Swartbokke wat ek ge-erf het, en wat ek beslis nie verniet gaan weg gee nie maar die aanvrag is BAIE af.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1239
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Boer met eksotiese wild
Selfs skaars wildsoorte sal 'n belegging wees tot die mark versadig raak. As almal Njalas het sal manne kompeteer met pryse om hulle te verkoop of te laat skiet. Dan moet hulle mos goedkoper raak. Hoekom was rooibokke die bruinbrood van die biltongjagter. Vir die eenvoudige rede, almal het gehad. Vrye mark stelsel = vraag en aanbod. Dit sal egter altyd 'n opsie wees want daar sal altyd 'n eindverbruiker wees.
-
Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 841
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Re: Boer met eksotiese wild
Enige dier wat natuurlik moeilik aanteel sal altyd in aanvraag bly soos 'n Swartwitpens. Bosluisbestande diere sal ook 'n hoër prys behaal as sy eweknie buite gebiede met Hartswater. Die buffelmark gaan heeltemal sy agterent sien. Hoekom iemand besluit het dat 'n dun, langhoring buffel mooier is as 'n korthoringdier met 'n mooi growwe, dik "boss", gaan my verstand te bowe.
Maar die faktor die mark die seerste gaan maak vir eksotiese diere en kleurvariante is nie die huidige stand van die ekonomie nie, maar die sintetiese verhoging in waarde wat ons tans op veilings sien. Die video van die laaste veiling is om die minste te sê, lagwekkend. Die afslaer verhoog die bod tot by R 168 miljoen en slaan dan die hamer of liewer die bod op R165 miljoen. En niemand fladder 'n oogwimper daaroor nie. As dit nie orkestrering van prys is nie, dan weet ek nie.
En laaste maar nie die minste nie. Wat moet die arm man in ons land dink van mense wat sulke absurde bedrae betaal vir een dier? Pluk dié wat hierdie speletjie speel, nie 'n lat vir ons almal se agterente deur 'n persepsie te skep dat boere meer geld het as wat hulle nodig het nie?
Johan Rupert, wat R40 miljoen vir 'n buffel betaal het, en kan bekostig om sy sê te sê, het op rekord gegaan deur te sê die hele oefening was vir hom 'n groot verlies en het gewaarsku dat dit 'n skema is.
Groete
Dawie

Dawie ek hoor daai buffel het nooit tuiste veruil nie. Staan nog op sy baas se plaas.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- LongWolf
- Hero Member

- Posts: 832
- Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm
Re: Boer met eksotiese wild
My neef het lank terug ingeklim, en geteel dat dit klap. Min van sy diere is verkoop tot dusver, hy sal dalk sy koste terug maak met sy aanteel maar dis te twyfel.
knives@wolfjager.co.za
Francois
Francois
- finch
- Sr. Member

- Posts: 459
- Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm
Re: Boer met eksotiese wild
Dankie vir al die kommentaar sover, ek het n gevoel dit is slegs die punt van die ysberg, want niemand (ek sluit myself hier in) is lief daarvoor om te erken dat hulle n fout gemaak het nie (en dis bloot natuurlik).
Gelukkig is die enigste eksotiese wild op my erf, my twee SPCA baster brakke en ek weet nie of hulle waarde enigsins verder kan val as toe ek hulle verniet gekry het nie. ;-)
Dit bly wel vir my vreeslik intressant om hierdie mark dop te hou want in my oe is ek n baie nederige logiese denker wat van die begin af nie kon verstaan wat hier aangaan nie.

- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: Boer met eksotiese wild
Blazer wrote:Dawie ek hoor daai buffel het nooit tuiste veruil nie. Staan nog op sy baas se plaas.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Blazer wie is jou informant? Want ek weet vir n feit hy is gister geskuif.
- Trompie
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Mon Oct 05, 2015 9:19 am
Re: Boer met eksotiese wild
Nadat hulle Blazer se post gelees het het hulle gou plan gemaakHugo wrote:Blazer wrote:Dawie ek hoor daai buffel het nooit tuiste veruil nie. Staan nog op sy baas se plaas.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Blazer wie is jou informant? Want ek weet vir n feit hy is gister geskuif.
If it heard the shot, I wasn't aiming for it...
-
Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 841
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Re: Boer met eksotiese wild
Voor iemand nog 'n plan maak. Kyk die video gou hier:
https://www.facebook.com/search/top/?q=wildswinkel
https://www.facebook.com/search/top/?q=wildswinkel
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13529
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Boer met eksotiese wild
Hugo wrote:Blazer wrote:Dawie ek hoor daai buffel het nooit tuiste veruil nie. Staan nog op sy baas se plaas.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Blazer wie is jou informant? Want ek weet vir n feit hy is gister geskuif.
Blazer is dalk een van die eienaars...
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: Boer met eksotiese wild
Blazer wrote:Dawie ek hoor daai buffel het nooit tuiste veruil nie. Staan nog op sy baas se plaas.
Sent from my iPhone using Tapatalk
http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/conspiracy-theories-everywhere.jpg
- Morkel
- Sr. Member

- Posts: 316
- Joined: Sat Sep 10, 2016 2:45 pm
Re: Boer met eksotiese wild

Capie ek skuld jou nog n jag. Maar nee manne hier out dream julle even my wildest dreams. Dis so of scale dat allmal hieroor praat. Sent from my iPhone using Tapatalk