Classic Doubles kompetisie

Post Reply
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 619
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Classic Doubles kompetisie

Post by Johan van Wyk »

Vir diegene wat dalk sou belangstel, dis hierdie Sondag weer tyd vir die Classic Doubles kompetisie by Wattlespring Gun Club oos van Pretoria. 50 kleie, en jy moet met `n side-by-side van soorte skiet (daag op met `n OU en jy het outomaties `n handicap van 49 kleie...).

Ek is nie 100% seker van die inskrywingsfooi nie maar dis normaalweg in die omgewing van R 300 per skut wat gewoonlik `n gawe middagete ook insluit.

Dis nogal `n lekker sosiale geleentheid met allerhande lekker pryse (onder andere vir oudste geweer, mooiste geweer, ens). Daar is gewoonlik ook `n paar baie, baie mooi ysters waarna mens kan kyk tydens die "show & tell" na die tyd.

Registrasie is so 8h30.
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 619
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: Classic Doubles kompetisie

Post by Johan van Wyk »

Net FYI. Daar is hierdie Sondag weer `n Classic Doubles kompetisie by Wattlespring.
Reijger
Newbie
Newbie
Posts: 44
Joined: Tue Apr 21, 2015 6:42 pm

Re: Classic Doubles kompetisie

Post by Reijger »

Dit klink so lekker!

Sent from my SM-G925F using Tapatalk
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Classic Doubles kompetisie

Post by Carl »

Reijger wrote:Dit klink so lekker!

Sent from my SM-G925F using Tapatalk
Maar let op dis nie hierdie Sondag nie ;D
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Reijger
Newbie
Newbie
Posts: 44
Joined: Tue Apr 21, 2015 6:42 pm

Re: Classic Doubles kompetisie

Post by Reijger »

Nee so gesien! Ek sit in elk geval heeltemal te ver al was dit die naweek,

Sent from my SM-G925F using Tapatalk
Post Reply