Hoe om n bees boerdery te begin

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
Uys
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Wed Apr 08, 2015 7:19 am

Hoe om n bees boerdery te begin

Post by Uys »

Help bietjie uit.

Ek het groot geword op n melk plaas in die Oos Vrystaat maar ek was as n laaitie altyd besig met trekkers en het niks belang gestel in Friesse nie! Om die waarheid te se die goed het my irriteer want elke blerrie naweek was die werkers dronk en dan moes ek melk. Daarna is ek PTA om Ingenieurswese te swot en ek het hier agter gebly. My Pa het intussen die plaas verkoop, maar altyd hunker mens maar terug na die boerdery storie toe. As dit in jou bloed is, is dit in jou bloed!

Ek kyk nou al n wyle daarna om te begin met vleis beeste boer - ek het n sagte plek vir Bonsmaras. Maar ek wil nie toe oe inspring nie, en ek is nie seker hoe en waar om te begin nie, Ons (ek en my suster) het gekyk na n plaas tussen BHM en Kestell om te huur, maar die eienaar se hy het opgehou oor hulle omtrend al sy beeste en perde gesteel het op die plaas ..... nie die beste bemarker nie. So nou soek ons maar verder.

So, ek het baie vrae!

Hoe maak mens geld uit beeste?
  • 1. Verkoop speen kalwers?
    2. Maak die verse groot en verkoop dragte verse?
    3. Koop goeie materiaal en regsitreer n stoet met die hoop om bulle twe verkoop?
    4. Verkoop net vir slag?
Ander vrae:

Watter ras?
Wat koop mens aan? Koeie of verse?
Kruis teel?


En dan ook alles wat ek verder moet weet waaraan jy kan dink.

Ek is oop om te luister.
User avatar
Parker
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Wed May 13, 2015 9:45 am

Re: Hoe om n bees boerdery te begin

Post by Parker »

Uys stuur my jou mail adres en ons gesels daar verder. Onthou 1 ding boerdery was nog nooit maklik nie. En jy kan hier 2 ton antwoorde vir jou 1 ton vrae kry. Daar is verskeie opsies om te oorweeg. Gaan jy permanent boer, gaan jy iemand hê wat vir jou gaan "oppas". Dis eers die twee belangrikste wat jy jouself moet antwoord.
Stoot lood!
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Hoe om n bees boerdery te begin

Post by kopskoot »

Uys

'n Slim man het my eendag vertel. Die enigste manier dat 'n boerdery winsgewend is, is as jy hom erf en dadelik verkoop!

Verder gaan dit maar sukkel
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 841
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Hoe om n bees boerdery te begin

Post by Dawie Malan »

Iemand het eenkeer gesê om R1 miljoen te maak met 'n boerdery moet jy met R8 miljoen begin. Hier is so paar dinge of tips wat ek al geleer het.

Moenie uit jou plaasrekening eet nie, met ander woorde laat hy vir jou geld maak, maar moenie daarvan afhanklik raak vir jou persoonlike uitgawes nie.
Voorsien vir moeilike tye bv droogte, lae vleispryse, staking ens.
Leen so min as moontlik. Dis beter om 5 betaalde beeste te hê as 50 op 'n oortrokke fasiliteit.
Jou kooperasierekening kan jou sink. Koop eerder wat jy kan met geld wat jy het.
Moenie vir uitgawes kontant betaal nie. Gebruik die BTW tot jou voordeel.
Gebruik die boerdery vir jou as 'n belastingvoordeel, selfs as jy dit deeltyds doen.
As iets vir jou buurman/ swaer/ neef finansieel in boerdery werk, gaan dit dalk nie vir jou werk nie.
Boer met Excell en nie agter op die sigretboksie nie.
Ou, lelike implimente doen dieselfde as nuwe blink implimente.
'n Goeie plaas is goud werd en water is dubbel sy gewig in goud werd. Die verkeerde plaas sink baie mense.
Huurgrond is net so goed soos eie grond vir die begin. Maar moenie op huurgrond te veel opgradeer wat jy nie kan saamvat nie.
Pasop vir die internet. Dis 'n plek waar jy ook die verkeerde raad kan kry, jy moet net aanhou lees.
Moenie jou ore uitleen aan mense nie, veral nie by die kroeg of kooperasie oor wat jy moet doen nie.
As jy kan, doen 'n ding self. Dis die goedkoopste, maar vat altyd langer.
Moenie jou steur aan negatiewe mense om jou nie. Boere praat mekaar in depressie in.
En stel 'n goeie jakkalsjagter aan.

Groete

Dawie
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Hoe om n bees boerdery te begin

Post by Frikkie Coetzee »

Dawie

Dis seker van die waarste en beste raad wat ek in lang tyd gelees het
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1649
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: Hoe om n bees boerdery te begin

Post by BeesBreet »

Uys, wanneer kom kuier jy? Daar is klomp antwoorde vir jou vra...
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1649
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: Hoe om n bees boerdery te begin

Post by BeesBreet »

En nie twee beesboere doen dinge dieselfde nie...
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1649
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: Hoe om n bees boerdery te begin

Post by BeesBreet »

My voorstel is gaan kuier by klomp boere of sluit by n studiegroep aan....
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Hoe om n bees boerdery te begin

Post by PWV »

Uys, ek neem aan jy het 'n plaas. As jy nou R10 miljoen het, kan jy vir vier jaar boer, as jy R5 miljoen het, kan jy vir 2 jaar boer. So, besluit self.
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1649
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: Hoe om n bees boerdery te begin

Post by BeesBreet »

Daar is ook kursusse wat jy kan bywoon. "Grazing for profit" dink ek is een van hul, nie seker nie...

Soos Dawie gese het pasop maar vir die internet en negatiewe mense...
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1484
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Hoe om n bees boerdery te begin

Post by Eduard Venter »

Uys, ek begin nou so stelselmatig saam met my pa en oupa te naweekboer. Wat ek geleer het in ons omgewing (Dwaalboom) is dat ontbossing krities belangrik is saam met goeie weiding bestuur. Neem maar inligting in by die ervare boere van jou omgewing, en as dit moontlik is aanvaar beesbreet se offer. Iemand het eenkeer vir my die volgende raad gegee wat ek dink van toepassing is op boerdery:

"Bid, bly positief en werk jou gat af, dan sal jy suksesvol wees!"

Groete

Sent from my LG-H735 using Tapatalk
hierswolf
Full Member
Full Member
Posts: 112
Joined: Sun Apr 27, 2014 9:55 pm

Re: Hoe om n bees boerdery te begin

Post by hierswolf »

Voor jy 'n bees op 'n plaas aflaai lees hierdie boek.. twee keer:

http://winkel.landbou.com/winkel/gids-t ... n-weiding/
Skip net die deel oor boomlusern.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1484
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Hoe om n bees boerdery te begin

Post by Eduard Venter »

+1 vir die boek wat hierswolf aanbeveel. 'n ander een met goeie inligting is "vra die veearts" geskryf deur dr Faffa Malan.

Groete

Sent from my LG-H735 using Tapatalk
User avatar
Choppie
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Sun Apr 21, 2013 11:30 pm

Re: Hoe om n bees boerdery te begin

Post by Choppie »

Dawie,

Dit is uitstekende raad!
User avatar
PietWessie
Full Member
Full Member
Posts: 101
Joined: Mon Jul 18, 2016 9:17 pm

Re: Hoe om n bees boerdery te begin

Post by PietWessie »

Die belangrikste van als, soos met enige besigheid, moenie toelaat dat die stroom uit die dam 2" is, terwyl die stroom in slegs 1" is nie.

Boer met n aangepaste, funsionele ras wat aard in die omgewing en maak seker jy het elke jaar n kalf om te bemark van elke koei op die plaas, of ten minste van 80%

Besluit watter stelsel ( speenkalf, tollies/"long wieners", osse) die beste gaan werk in jou area en omstandighede en beplan daarvolgens.

Stel n begroting op en onthou, kontantvloei is soos bloed in jou are, daarsonder kan jy nie leef nie.

Vra raad en besoek soveel moontlik manne wat susesvol in die bedryf is.
Voed jouself met inligting en maak die regte keuses en besluite. Moet nooit in die donker van onkunde bly nie... :)
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: Hoe om n bees boerdery te begin

Post by dehacked »

Miskien 'n goeie idee om voor die tyd jou OPS plan verby 'n man te vat wat suksesvol is.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
User avatar
Gernie
Hero Member
Hero Member
Posts: 771
Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm

Re: Hoe om n bees boerdery te begin

Post by Gernie »

Ek en my swaer het in 2012 begin met niks, en 'n Brahman stoet geregistreer. Ek kan jou wel die volgende noem:
- Begin klein en leer groot;
- As jy nie by jou diere kan wees nie, werk dit nie;
- Moses is onbetroubaar;
- Droogtes is duur, baie duur;
- Koop.beste kwaliteit wat jy kan, en laat toets alles vir siektes;
- As jy huur, huur alleen want dan is jy baas;
- Gee beste lek moontlik en maak pelle met Voermol agente;

Die lekkerste gevoel ooi, is daai kallers wat in die son le op 'n koue oggend.



Sent from my SM-G900F using Tapatalk
As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13530
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hoe om n bees boerdery te begin

Post by Capt. Yoda »

Uys daar is geld om te maak self al huur jy grond maar my maat as die vorige man opgehou het omdat hulle hom dood gesteel het haan hulle jou goed ook steel
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Sterkgrond
Newbie
Newbie
Posts: 11
Joined: Tue Apr 04, 2017 4:20 pm

Re: Hoe om n bees boerdery te begin

Post by Sterkgrond »

Naan almal,

Baie interesante onderwerp/gesprek. Ek sit in soortgelyke situasie maar eerder hier in Namibiee.
Wil ook graag begin boer met vleisbees en skaap. Na die erge droogte afgelope jare en die opvolgende goeie reen wat ons darem gekry het, is n man se gemoed darem weer hoog in die lug.

Ek wil graag met Boran bees en dorper skaap boer.
Enige raad oor die twee rasse?

Sal seker ook moet aansluit by n studiegroep en kers aansteek by hele paar boere in die omgewing. Dink julle dis die moeite werd om 1 'mentor' te kry of maar n hele paar te he as jy wil begin boer?

Hoor graag van julle,

Eugene
Wattlegrove
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Fri Oct 21, 2011 2:39 pm

Re: Hoe om n bees boerdery te begin

Post by Wattlegrove »

Ek kan nou wel nie raad gee oor boerdery self nie ek leer maar nog self, maar as jy nog steeds soek na 'n plaas hier Oos Vrystaat kan ek dalk help. PM my of kontak my 0 SEWE 9 Vyf 038 twee 10
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Hoe om n bees boerdery te begin

Post by Flip Nel »

kopskoot wrote:Uys

'n Slim man het my eendag vertel. Die enigste manier dat 'n boerdery winsgewend is, is as jy hom erf en dadelik verkoop!

Verder gaan dit maar sukkel

Stem, my Ma het altyd gesê 'n plaas is 'n bodemlose put, dit hou nooit op nie, tensy die plaas klaar opgewerk is of jy klaar 'n besigheid het en net boer oor jy dit geniet.
Uys
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Wed Apr 08, 2015 7:19 am

Re: Hoe om n bees boerdery te begin

Post by Uys »

SO bietjie as twee jaar later en my boerdery is aan die gang.

100 Ha wat ek huur naby Lindley.

28 Bonsmaras -eerste 15 gekoop met kalwers wat wissel tussen maand en 6 maande. Vir n goeie pryse gekoop - R15K elk sonder BTW (moenie vra nie). Van daai 15 is ten minste 7 3in1. 3 maande na ek hulle gekop het gaan ek kalwers verkoop.

Toe nog 5 gekoop by Sernick -almal dragtig.

En nou nog 8 by Aveling van Ventersburg -almal dragtig.

So ons is oppad.
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Hoe om n bees boerdery te begin

Post by spekieries »

Baie sterkte! Mag jou drome waar word! Laat weet van tyd tot tyd hoe dit gaan.
Uys
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Wed Apr 08, 2015 7:19 am

Re: Hoe om n bees boerdery te begin

Post by Uys »

Dankie!

Ek maak so!
Post Reply