Gidse

Post Reply
User avatar
Andy
Full Member
Full Member
Posts: 175
Joined: Sun Jan 31, 2010 1:04 pm

Gidse

Post by Andy »

Terwyl ek noe bekruip tips gelees het het die gedagte by my opgekom:

Wat is die standaard vir 'n gids (nie 'n PH nie), die gids wat 'n jag plaas normaal weg aan die biltong jagter verskaf.

Ek het so drie vier jaar terug op 'n plaas gaan jag as 'n genooide gas van 'n klient. Die groot probleem was dat ons ses jagters was en daar was net een gids. Plaas reels het gemeld dat geen jag sonder 'n gids gedoen kon word nie, slegs as jy boog jag uit die hide.

Die beste van alles was dat die twee boog jagters die mees onervare jagters was tydens die naweek. Ons geweer jagters het ook op die einde hulle bokke gekry, want die gids was nie beskikbaar nie omrede hy op 'n ander gedeelte van die plaas besig was om te jag.

Ek het ook al ondervind dat die gidse somtyds heeltemal te lawaaierig is na my smaak.

Wat se julle, het julle al soortgelyke probleme ondervind?

Andy
"One does not hunt in order to kill. On the contrary, one kills in order to have hunted."
JvB
Full Member
Full Member
Posts: 165
Joined: Tue Apr 20, 2010 7:41 am

Re: Gidse

Post by JvB »

Andy,


Ek het op 'n plaas gejag waar die gids deur die kampe vinnig geloop het dat ek gewonder het of hier ooit wild is want ons het niks gesien nie. Ek het die volgende dag op my eie gegaan en 'sukses gehad.

Hy moet die veld ken en kan spoorsny. Ek het 'n geval gehad waar ek saam met 'n gids geloop het en nadat ek die bok geskiet het kon die gids nie rigting bepaal waar die pad was nie.

JvB
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: Gidse

Post by henslin »

Al wat jy met die 'haastige' gids doen is om jou geweer oor jou skouer te gooi en dan maar te stap. Geen rus, rook of water nie. Jy mag net nie stop voor die wit salpeter op sy lippe wys nie. Die volgende dag het jy die veld vir jouself en hy sal dan maar 'n onervare outjie probeer beindruk !
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
Post Reply