Nataniel se Gym Dagboek

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Nataniel se Gym Dagboek

Post by FHM »

Die nounet by my kollega gekry - ons weet watter kant van die draad die knapie wy, maar die stuk is dit werd! ++>:

Nataniel se Gym-dagboek.
Vir die wat al vantevore gesukkel het om te begin met n oefen program!
Vir my 37ste verjaarsdag het my dierbare vriend, Werner, vir my ' n week by Virgin Active gekoop met ' n persoonlike afrigter. Alhoewel ek nog ' n redelike goeie lyf het van al die jare se swem vir die Universiteit span. 18jaar gelede, het ek besluit dit mag ' n goeie idée wees om te gaan.
Ek het die gym gekontak en ' n afspraak gemaak met my persoonlike afrigter, Steve. Hy het my vertel hy is 26 jaar oud, ' n spinning instructor en ' n underwear-model. Werner was baie beindruk met my entoesiasme om te begin oefen! Die gym het my aangemoedig om n dagboek te hou van my vordering:

MAANDAG:
My dag begin 06h00. Baie moeilik om so vroeg op te staan, was beslis die moeite werd toe ek by die gym aankom en Steve sien wag vir my. Hy is n Griekse God met blonde hare, smeulende oe, n gespierde lyf en die mooiste glimlag wat ek nog gesien het!! Woo Hoo!!
Hy het my hartklop gemonitor na 5 minute op die treadmill. Was bekommerd oor my vinnige hartklop, ek het hom gerus gestel en verduidelik die rede daarvoor was omdat hy langs my gestaan het in sy stywe oefen klere. Hy het my aangemoedig terwyl ek sit-ups gedoen het, al was my pens al klaar so seer van die heeltyd inhou terwyl Steve naby my was. Was baie. inspirerend om hom te sien buk om strek oefeninge te doen!!
Gaan n FANTASTIESE week wees, kan nie wag vir more nie!!
DINSDAG:
Ek moes hele pot koffie gedrink het, maar het wel uiteindelik die huis verlaat. Steve het my maak op my rug lê en 'n yster paal in die lug hou bo my gesig en toe sit hy gewigte ook op die paal!! My bene was baie bewerig op die treadmill, ek het amper n hele 5 minute gedoen. Steve se mooi glimlag het dit die moeite werd gemaak! Ek voel WONDERLIK!! Dit is n nuwe lewe vir my!
WOENSDAG:
Die enigste manier om my tande te borsel, was om die tandeborsel op die wasbak te sit en my mond heen en weer te beweeg daaroor. Ek dink altwee my tietspiere is geskeur!! Om te bestuur was oraait, solank ek nie hoef te gedraai het of briek te trap nie. Ek het bo-op iemand se motor fiets gestop by die gym. Steve was baie kortaf met my, het aangedring dat my gegillery pla die ander mense in die gym. Sy stem is gans en al te 'perky' so vroeg in die more. Hy irriteer my!
My bors brand as ek op die treadmill klim, so Steve het my laat oefen op die "stair monster" Vir wat de sal iemand ' n masjien maak wat jou laat dink jy klim trappe? Niemand klim meer trappe nie, dis hoekom ons hysbakke het. Steve reken dit sal my help om n sexy lyf te kry en hy het ook ' n klomp ander gesê.
DONDERDAG:
Steve het vir my gewag met sy Doberman-tande wat by sy dun lippies uitgesteek het.. Ek kon nie help dat ek ' n halfuur laat was nie, dit is hoe lank dit my geneem het om my tekkies vas te maak. Steve het my laat oefen met dumbells. Toe hy nie gekyk het nie, het ek gaan wegkruip in die mans toilet. Vir my straf het hy my op die 'rowing' masjien gesit.ek het gesink!!
VRYDAG:
Ek haat daai f#kken Steve so baie. Dink nie een mens het al ooit n ander mens so baie gehaat in die hele geskiedenis van die wereld nie. Onnosele, maergat, anoreksiese ottergevreet! As daar n deel van my lyf was wat nie onophoudelik gepyn het nie, sou ek hom daarmee gemoer het. Steve wou gehad het ek moes werk aan my triceps. Ek het nie triceps nie!
En as hy nie gate in die vloer wou gehad het nie, dan moes hy nie vir my die donnerse barbells gegee het nie. Of enige iets wat swaerder as 'n toebroodjie is nie! Die treadmill het my afgegooi en ek het op my gesig geval.
SATERDAG:
Steve het n boodskap op my selfoon gelos in sy rasperige stem wat my oordromme laat bloei het. Wou weet hoekom ek nie kom oefen het nie. Toe ek hom hoor wou ek my selfoon stukkend gooi, maar ek het niks krag gehad nie. Alles het gepyn! Al wat ek kon doen was om my pinkie te gebruik om die tv remote te druk. Het heeldag soapies gekyk.
SONDAG:
Die kerk se bussie gaan my kom oplaai vir die diens. Gaan om dankie te sê dat die week verby is en om te bid dat Werner (die f#kker) vir my ' n beter geskenk sal gee volgende jaar.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Nataniel se Gym Dagboek

Post by Riaan Kriel »

++>: ++>:

Net 'n onfikse ou wat al gaan oefen het en probeer bybly by die fikse manne/dames sal dit ten volle verstaan ++>:
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Nataniel se Gym Dagboek

Post by FHM »

Riaan Kriel wrote:++>: ++>:

Net 'n onfikse ou wat al gaan oefen het en probeer bybly by die fikse manne/dames sal dit ten volle verstaan ++>:
Beslis!
Ek weet presies hoe hy gevoel het na die 2 de dag!!! ++>:
My vrou moes my uit die bad help die 3 de oggend, ek kon nie self uitkom nie ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Nico Prinsloo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Thu Jun 20, 2013 4:41 pm

Re: Nataniel se Gym Dagboek

Post by Nico Prinsloo »

Daarom dat ek nie begin nie!!
Nico
.22 Anschutz;9mm short Star; .243Win Voere; 7*57 Brno; .375 H&H Brno; 12BR Baikal
User avatar
Trompie
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Mon Oct 05, 2015 9:19 am

Re: Nataniel se Gym Dagboek

Post by Trompie »

Baie funny!
If it heard the shot, I wasn't aiming for it...
WILLEBEES
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 370
Joined: Thu Aug 22, 2013 11:54 am

Re: Nataniel se Gym Dagboek

Post by WILLEBEES »

Wanneer ek so lus raak vir gym dan gaan le ek dat die gevoel kan weggaan...
Taurus .357 Magnum 4"
Weatherby Vanguard Sub MOA .300 Win Mag S/S Synthetic
1924 Mauser K98 8x57 JS Standard
Mossberg Maverick 12 Ga P/A

Sola Gratia ~ Deur genade alleen
User avatar
Rudiejacobs
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Tue Jan 06, 2015 2:41 pm

Re: Nataniel se Gym Dagboek

Post by Rudiejacobs »

Ek kyk na die rugby op tv, dan kan ek vir 2 dae nie loop nie, so moeg is ek!

Rudie.
30 06 Marlin XL7
25 06 Savage long range hunter.
12G Franchi pomp aksie
Tanfoglio 9mm(kort)
.38 SPL Rossi

The future belongs to those, who believes in the beauty of thier dreams.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Nataniel se Gym Dagboek

Post by Wouter Roets »

Rudiejacobs wrote:Ek kyk na die rugby op tv, dan kan ek vir 2 dae nie loop nie, so moeg is ek!

Rudie.
Rudie

Na so wedstryd van veral die Springbokke sukkel ek weer vir twee dae om my stem terug te kry. ;)

Groetnis
Wouter
User avatar
Rudiejacobs
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Tue Jan 06, 2015 2:41 pm

Re: Nataniel se Gym Dagboek

Post by Rudiejacobs »

Wouter Roets wrote:
Rudiejacobs wrote:Ek kyk na die rugby op tv, dan kan ek vir 2 dae nie loop nie, so moeg is ek!

Rudie.
Rudie

Na so wedstryd van veral die Springbokke sukkel ek weer vir twee dae om my stem terug te kry. ;)

Groetnis
Wouter
Ja nogal, ek skree ook op hulle, maar nie mooi goed nie.
;D
Rudie.
30 06 Marlin XL7
25 06 Savage long range hunter.
12G Franchi pomp aksie
Tanfoglio 9mm(kort)
.38 SPL Rossi

The future belongs to those, who believes in the beauty of thier dreams.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Nataniel se Gym Dagboek

Post by Wouter Roets »

Rudie

My vrou spandeer omtrent n week om die woorde wat hulle by my aanleer uit hulle woordeskat uit te kry na so n normale vertoning van die Springbokke. Die Blou Bulle se op en af vertonings help ook nie veel in die departement nie! Meskien moet ons maar gaan gym in die tye wat ons spanne speel, dit sal dalk moontlik minder pyne verskaf.

Groetnis
Wouter
Post Reply