Wie rook wildsvleis?

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Wie rook wildsvleis?

Post by Boesman10 »

Ek het nog nooit 'n rooker besit nie en dus nog nooit iets probeer rook nie. Ek het wel een van daardie 4 brander stainless staal Cadac gas braaiers met die rotiserie en glo mens sal seker 'n rokie kan maak in hom. Ek het gehoor van warm rook en koue rook maar weet nie eintlik hoe dit werk nie. Wat ek op TV sien lyk baie lekker maar kom my voor vetterige vleis rook beter as ni-vetterige vleis soos bv. wildsvleis.

Kan die manne wat ken bietjie gesels oor die rook proses en hoe mens wildsvleis sal rook? Ek luister en leer graag.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Wie rook wildsvleis?

Post by Jean Marais »

Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Wie rook wildsvleis?

Post by Carl »

Boesman
Ek het nog nie self nie. Maar koue rook is natuurlik tops. Dit vat langer maar kortpad vat met kos beteken gewoonlik iets gaan ly daaronder! Warm rook is meestal die kommersiële kortpad of dan selfs om 'n smoke extract te gebruik - gewoonlik chemies.

Vriende van ons het vir 'n paar jaar slaghuis in Potties gehad. Hulle het rib rolle en ontbeende boude gerook. Dit was heel lekker.

Daar is heelwat wat jy kan kry op die internet. Rook kas vir koue rook kan 'n gewone houtkas wees. 1 van die manne hier onder het dit gedoen.
http://honest-food.net/
http://nordicfoodlab.org/
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Omnia
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 303
Joined: Thu Feb 13, 2014 11:27 am

Re: Wie rook wildsvleis?

Post by Omnia »

Klink of die manne hier bo weet waarvan hulle praat , ek myself nog nie wild gerook nie , is maar "Benson & Hedgas" man .... maar sal als eenkeer try .
375 Sako
270 Bruno CZ 600 ZKK
Howa 25 06 model 1500
Savage .22


_________________

" Plans are of little importance , but planning is essential "
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Wie rook wildsvleis?

Post by Viking »

Boesman

Jy kan enige iets rook maar nie enigiets gaarmaak in n roker nie agv die snit of grootte vd vleis.

Hoe langer jou rook proses hoe donkerder gaan jou produk wees.

As jy braai kan jy met akkerhout saagsels op jou kole ook n rook geur aan die vleis gee.

Vis en pluimvee is makliker vir hitte beroking en gaarmaak.

Koue beroking word dus meer vir vleissnitte aanbeveel.

Die internet het baie inligting oor die 2 metodes. Tog is dit soos met enige ander resep...trial en error!!
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
User avatar
tokjak
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 331
Joined: Mon Apr 11, 2011 12:45 pm

Re: Wie rook wildsvleis?

Post by tokjak »

Vir medium rooksmaak met warm rook, werk omtrent 1minuut per milimeter , bv. 30min vir 30 mm
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Wie rook wildsvleis?

Post by alecjohnson »

Springbok en gemsbok fillet al gerook, met sout en peper en olyfolie gesmeer en vir 8 minute gerook, dit was top klas!
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Wie rook wildsvleis?

Post by Johan Nel »

Boesman,
Ek het al 'n hele vark koud gerook (heel vark gekoop, in stukke gesny, ontbeen, gepekel, gepers, winddroog laat hang en toe stuk-stuk koud gerook). Daar is niks so lekker as om jou bacon wat jy self gemaak en gerook het gaar te maak en te eet nie. Het ook al heelparty wilds"russians" koud gerook.
Ek braai graag vleis in die Weber (skottelbraai)en dan as deel van die braai, sit ek hout saagsels op die vuur wat die vleis rookgeur terwyl dit braai. Dit sluit in hoender, vis, bees, skaap, wildsvleis, noem maar op. Deesdae gebruik ek graag mieliestronke in plaas van houtsaagsels en die resultate is uitstekend. Die rook van die stronke self is natuurlik nie man se maat as dit in jou oë kom nie, maar dit 'is n heerlike robuuste rookgeur en gee gewoonlik 'n goudbruin kleur aan die vleis. Maerder vleis neem weliswaar minder van die rooksmaak op as vetterige vleis, maar dit neem heel genoeg op om lekker te smaak (ek het vanaand 'n blouwildebees "biefstuk" so gebraai-rook soos ek hier beskryf het. Vleis is nie doodgaar nie, so medium gaar en sappig!).
Die Amerikaners het 'n stadig gaarmaak tegniek met indirekte hitte en rook waar hulle taaier snitte baie stadig gaar maak. Dit kan solank as 16 ure neem. Ek het dit nog nie gedoen nie, maar dit fasineer my nogal.
Mens waag maar jou hand aan 'n ding en kyk wat kan jy regkry, dis nie so onmoontlik om te doen as wat dit soms klink nie.
Tau het vir hom 'n meneer van 'n roker gebou en het al fotos van sy resultate gewys. Lyk oor die algemeen indrukwekkend.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Wie rook wildsvleis?

Post by Carl »

https://encrypted-tbn1.gstatic.com/images?q=tbn:ANd9GcQaZkWux7Jw8kgATlqpJyVb3V1XDlh027ozWQWV78qC39kPO6cD8w
Hierdie is DIE megafter om te bou as jy ernstig is oor rook - vleis rook
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Choppie Roux
Newbie
Newbie
Posts: 10
Joined: Thu Oct 27, 2016 3:13 pm

Re: Wie rook wildsvleis?

Post by Choppie Roux »

Goeie dag almal.

Ek is besig om n rooker te bou.
Ek gebruik n ou sykas maar mens kan ook n werkswinkel kas gebruik.
Sit n "Gass burner" onder en n ou pan op die gas vir die saagsels, maak seker dat daar ventelaasie gate vir die "Burner" is on lug te kry en a gat bo is vir die koorsteen en om die rook te beheer.
Jy kan die vlam se groote beheer en so die hutte.
Ek het ook n termometer in die deur in gebou.
Makk die saagsels nat, sodoende gee dit meer rook.

Bery jou vleis soos jy wil en hang of pak op die rake, steek die "Burner" aan en maak die deur to.
Ek rook graag kaas worsies van wilds vleis, soo vark.

Gie rooker is vinig en eenvoudig.

Groete.
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2593
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Wie rook wildsvleis?

Post by JohanvB »

Springbok en gemsbok fillet al gerook, met sout en peper en olyfolie gesmeer en vir 8 minute gerook, dit was top klas! (ALEC jOHNSON SE POST GECOPY)

Ek doen net so...sny hom dan dun skywe met elektriese broodmes, pak uit op bord, gooi growwe sout en pepper, sprinkel dan met Ina Paarmans Balsami Vinaigrete (so iets)..donners lekker!!!!!
Post Reply