Maak jou eie mes

Enige iets tov messe.
Post Reply
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Maak jou eie mes

Post by Viking »

As die mesmaak gogga eers onder jou vel ingekruip het los jy nie 'n stuk staal uit nie!

Dis nie nodig om deur al die mesmaak stappe soos smee en verharding te gaan om 'n werkbare mes te maak nie.

Die goedkoopste en net so bevredigende metode vir 'n beginner is dalk die rolsaaglem opsie. Gebruik 'n gewone rolsaaglem sonder die tungsten tips - die staal is reeds verhard en kan 'n goeie snit hou.
20160723_131705.jpg
20160723_131754.jpg
20160723_182241.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Viking »

As jy eers 'n paar gemaak het kan jy blanks bestel en dan verdere tegnieke probeer.

Hierdie is Damascus staal. Ek het Kudu horing vir die hef gebruik en 'n ou brass slot opgesny vir die bolster.

Ek gebruik brass rods as klinknaels want die staal is baie glad en epoxy hou nie!
20160730_100001.jpg
20160730_100017.jpg
20160731_100541.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Jake1 »

Baie mooi. So jy verhard nie weer die lem nie?
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Maak jou eie mes

Post by henning »

Viking dit is regtig n baie mooi mes wat jy daar gemaak het.

Ek vind dat jou toerusting beskikbaar is die ding wat n man terug hou. Ek het myne gemaak op n hout "belt sander".
Gemaak van N690 en laat verhard.

Rede hoekom ek hier plaas is om te wys dat alhoewel my mes nie n "work of art" is nie is dit nog steeds baie bevredigend omdat ek dit self gemaak het en werk net so goed soos enige ander mes.
Jag mes.jpg
Groete
Henning
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Viking »

Jake1

Die blanks is gereed vir afronding en die saaglemme het nie heat treatment nodig nie.

Henning daai mes is great. Ek dink ook soos jy...die satisfaksie om iets self te maak is die grootste beloning.

Ek het n simpel bank skuurder. As ek regtig begeesterd raak sal die regte tools seker aangeskaf moet word maar vir nou is die skuurder tops.
MIN_103047_EAA.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3626
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Fanta300 »

Viking, waarmee sny jy die blanks uit die saaglem uit?
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Viking »

110mm grinder en dan 18 tand ystersaag tussen die profiles. As jy verder uitmekaar uitmerk sou jy met die grinder alles kon sny.

Let op hoe jy die ronde gat in die middel kan behou en gebruik op die profile. Dan het jy nie nodig om groot gate te boor nie.
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by PWV »

Pragtig, Viking! As dit nou 'n gedig was, sou ek gesê het: "You're a poet and jou don't know it."
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Viking »

Henning

Waar in die Kaap het jy die N690 gekry?
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by wlm »

Watter epoksie gebruik jy om die hefmateriaal aan die "tang" mee vas te gom?
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Viking »

Willem,

Ek gebruik Pratley se quick set high strength - wat deur KMT ook verskaf word vir die doel!

Sodra jy effens begin hamer of aan die handvatsel kap kraak die gom los van die staal. As jy 'n klinknael deur het saam met die gom sit daai handvatsel.
pratley.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3626
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Fanta300 »

Viking, ek het net so 'n bank skuurder soos daai een van jou. Kry mens verskillende belde vir staal en hout of gebruik jy maar dieselfde belde vir albei. Ek het 'n diamant beld vir die finale polering maar mens soek seker 'n growwer een vir die rowwe werk?

Dankie vir die deel van jou passie
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
gho
Full Member
Full Member
Posts: 131
Joined: Sun Jul 28, 2013 8:41 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by gho »

Viking.Bohler Uddeholm hou die staal aan en nadat jou staalwerk klaar is sal hulle dit verhard.Onder korreksie, ek dink 50 Rockwell.
gho
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Viking »

Fanta

Die skuurder se belde is maar beperk...gewone aluminum oxide is geskik vir hout en staalwerk. Die blou belde werk beter op stainless. Dis maar trail en error en om kostes te sny hou die afgewerkte bande om poleerwerk mee te doen.

Dankie gho ek sal kyk om by hulle uit te kom.

Het in my agterkop nog n idee vir n diy temper oondjie van gewone koffieblik uitgevoer met sement en gips mengsel...
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Maak jou eie mes

Post by JTM »

Ek het by KMTS 'n verskeidenheid belde vir die tipe skuurder gekry. Die pryse is nie sleg, net nie verskepingskostes wat pla. Koop maar genoeg ander items om daarvoor op te maak. Ek hou van jou saaglem idee. Ek is besig om 'n ou Joseph Rodgers bolo machette se lem te herwin en te omskep in 'n padda slagter.
Jannie Welman
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1879
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Ratel »

Viking
Jy het sopas by my 'n vuurtjie aangesteek. Ek het as kind eenkeer 'n mes gemaak uit 'n kar veer. En soos jy se die genot om te weet ek het dit self gemaak selfs al was die mes rof en nie mooi nie. Ek gaan jou nog PM as my setup in plek is.
Dankie vir die deel.
Maak 'n verskil
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by PWV »

JTM wrote:Ek het by KMTS 'n verskeidenheid belde vir die tipe skuurder gekry. Die pryse is nie sleg, net nie verskepingskostes wat pla. Koop maar genoeg ander items om daarvoor op te maak. Ek hou van jou saaglem idee. Ek is besig om 'n ou Joseph Rodgers bolo machette se lem te herwin en te omskep in 'n padda slagter.
Foto's Jan, as jy tyd kry tussen die doeke omruil! ;D
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Viking »

Jannie

Daai machette is n stuk lem. Ek het gesien dat n ou n grassnyer lem gebruik om n machette te maak.

Jy sal moet wys as jy klaar is.

Ratel...nou het jy my weer aan die dink gesit. Iewers het ek n bladveer wat nog n mes moet word. Dis net baie staal wat geslyp moet word maar kan baie mooi mes maak.
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Maak jou eie mes

Post by JTM »

Die is waarmee ek begin het. Opgespeelde lem wat se rug gekap is en die snyvlak soos 'n simba chippie lyk.
14672229404423.jpg
Nou lyk dit so na ek lem so effe reguit gemaak het en gelyk begin skuur het. Het ook die punt afgewer na 'n tanto profiel. Net jammer dit het nie 'n vol tang gehad vir lekker hef aansit nie.
14672227945341.jpg
Het vir my stuk diamondwood en G10 gekry vir hef. Nou as die nappies net wil afneem dat ek slag weer in die garage kan kom.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jannie Welman
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3626
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Fanta300 »

Netjies Jannie
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by PWV »

Jannie, ek dink met verlange terug aan die dae toe ek nog my kinders se nappies kon omruil.
Jammer vir die HJ, Viking!
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Viking »

Toemaar PWV - nappies omruil en mesmaak het baie in gemeen...jy kan by albei jou hande in gevaar stel!
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by FHM »

Viking wrote:Toemaar PWV - nappies omruil en mesmaak het baie in gemeen...jy kan by albei jou hande in gevaar stel!
Ja maar daai staal lem is darem nie so onooglik en ruik darem wragtig nie dieselfde nie :o
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Maak jou eie mes

Post by JJV »

[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/2016080 ... 37ec79.jpg[/IMG][IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/2016080 ... 5dbe60.jpg[/IMG]
Nadat ek jul posts gesien het, het ek ou saaglem gekry, cutting disks gekoop en 'n beltsander van Game! Gaan nog baie vrae moet vra!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by PWV »

Jammer ek kan nie die foto's oopmaak nie.
Post Reply