Wat se die manne?

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
User avatar
TikkaT3
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Thu Mar 03, 2011 1:35 pm

Wat se die manne?

Post by TikkaT3 »

Hi daar, dog ek stel myself voor... Ek kom van Potch af, ons het 'n wildsplaas met menige spesies daarop gevestig. Ek herlaai al vir 10 jaar en is altyd oop vir nog inligting. Ek besit 'n Hoyt Alphamax en Mathews LX boog, 'n Tikka T3 .30-06, Lee Enfield .6mm Musgrave, .243 Musgrave .243 Howa Varminter, .22LR Brno en n 12ga Brno Haelgeweer. Ek is om die etiese aspek gefokus en probeer dit toe te pas met my jag en plaag dier beheer. Ek het 'n Bsc graad in Geologie en Geografie en is tans besig met 'n honneurs in Geologie en Environmental Management. Ek het al vir 'n rukkie tot gunsite.co.za bygedra en het julle site sodoende ook daar opgespoor. Sien uit om met julle te gesels...!!  ;D
Float like a butterfly, sting like a 70grainer at 3500ft/s...
300Winmag

Re: Wat se die manne?

Post by 300Winmag »

Welkom hier - lekker kuier hier
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Wat se die manne?

Post by Monrique (SJ) »

Michaelrp

Baie welkom. Jy is klaar verslaaf want jy het aangesluit en nou gaan jy nie tyd he om te slaap nie, want jy gaan baie lees en saamgesels. Hahaha

Geniet dit en lekker saam praat.

Groetnis
SJ
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Wat se die manne?

Post by Wouter Roets »

Baie welkom hier!

bly om te sien hier is nog iemand van ons wereld. Het ook daar geswot en baie goeie herdenkenge aan daai dorpie van jou! Geniet dit hier en leef jouself gate uit!

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Wat se die manne?

Post by Geno »

Hallo Michaelrp,
Welkom hier, geniet dit!

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Wat se die manne?

Post by BLOK »

Aitsa

Bly om te sien hier is darem nou nog iemand van Potch, Gaan dit baie geniet hier en die taal is ook makliker as op gunsite.

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Wat se die manne?

Post by Louis102 »

Michaelrp wrote: .... Ek is om die etiese aspek gefokus en probeer dit toe te pas met my jag en plaag dier beheer ....
Michaelrp

Welkom, hoop jy kuier lekker op hierdie forum.

Ek is ge?nteresseerd in die aanhaling van jou, hierbo.  Wat bekou jy as plaagdiere en brei bietjie uit op die etiese beheer vs. onetiese beheer daarvan.

Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Wat se die manne?

Post by James Wilson »

baie welkom hier, op die site is ons almal vriende
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Wat se die manne?

Post by Freek »

Michaelrp,

Bly om te sien jy het ook die groot stap geneem om by die forum aan te sluit en by te dra. Hoop jy geniet dit en put genoeg waarde uit al hierdie manne se kennis en raad. Baie welkom en maak jou stem dik dat ons kan weet van jou.

Ek stel ook belang om jou siening te hoor soos hierbo deur Louis gevra.


Mooi loop!
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
grumpy

Re: Wat se die manne?

Post by grumpy »

Michaelrp

Jis maar julle manne is baie van die NW!!!

Ek gaan gereeld daar deur as ek vir skoonma gaan kuier in Klerksdorp.

Welkom want ek is ook nog redelik nuut maar die manne laat jou gou tuis voel en is baie, ek bedoel baie behulpsaam!!  :D
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Wat se die manne?

Post by Stefan764 »

Welkom vriend.

Se my, kon die studente al al die brannewyn in Potch opdrink? Ek en my vriende het vir 6jaar probeer en kon dit nie regkry nie. Het toe maar oorgeslaan Whiskey toe so 4 jaar trug  ;D

Lekker om nuwe manne by te kry. Geniet die site, baie baie leersaam veral itv herlaai en probleemdierbeheer.

@Louis/Freek +1, sien ook uit na die antw. Miskien n nuwe siening met meriete in...

Groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
TikkaT3
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Thu Mar 03, 2011 1:35 pm

Re: Wat se die manne?

Post by TikkaT3 »

Louis102 wrote:
Michaelrp wrote: .... Ek is om die etiese aspek gefokus en probeer dit toe te pas met my jag en plaag dier beheer ....
Michaelrp

Welkom, hoop jy kuier lekker op hierdie forum.

Ek is ge?nteresseerd in die aanhaling van jou, hierbo.  Wat bekou jy as plaagdiere en brei bietjie uit op die etiese beheer vs. onetiese beheer daarvan.

Mooiloop
Louis
Hi, ek wil op niemand se tone trap nie, en hierdie is my mening alleenlik. Ek beskou 'n plaagdier as enige dier wat 'n las van homself maak en skade aan 'n ander party veroorsaak hetsy dit die ekosisteem, of 'n boer is. Hierdie diere word orals opgespoor, en was heel waarskynlik eerste daar maar wanneer daar te veel getalle (of plaag) voorkom moet ons intree en hulle nommers bekamp. Dit wissel van Jakkalse en Rooikatte tot Bosvarke, Ystervarke en selfs Duiwe. Ek is ook gevra om uit te brei wat ek sien as etiese beheer vs. onetiese beheer. Weereens, wil nie op tone trap nie, hierdie is my mening. Ek probeer altyd my teiken dier met die minste lyding te dood, van 'n Nyala tot 'n mongrel poacher hond. Ek het al 1ste hand waargeneem hoe wyd die skade en lyding kan strek oor 'n voedsel ketting wanneer daar gif vir prooi diere gegooi word. Ook die arme maer Duikertjie se gesig jammer gekry wanneer ek hom moet skiet omdat sy been in 'n strik afgesny is. Ek weet op party plekke is daar nie ander maniere om dit anders te doen nie. Ek was eenkeer op 'n plaas waar 'n boer elke maand sy "gin traps" gaan kyk om te sien hoeveel jakkalse hy gevang het. Dis nie vir my eties nie, hy het vir my gese dis al wat hier werk, maar ek kan nie verstaan hoekom hy nie meer gereeld gaan kyk om die dier minder te laat ly nie. Ek weet jakkalse te dood is SKIET, nie jag nie, maar ek streef om dit nogsteeds so vinnig as moontlik te doen.
Float like a butterfly, sting like a 70grainer at 3500ft/s...
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Wat se die manne?

Post by KSV »

Michael,

"Wat se die manne? "

Staan staan staan se die manne! ;D

Welkom hier en geniet.  Sien die manne begin al klaar vrae vrae.

Maak mooi!
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Wat se die manne?

Post by Raven »

Michael,

Ek dink jy het dit baie goed gestel.

Geniet dit hier by ons

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Wat se die manne?

Post by Freek »

Michael, ek stem 100% saam met jou. Ons beweeg op dieselfde vlak en ek hoop regtig jy geniet dit hier by ons. Moet nie bang wees om op tone te trap nie, dit gebeur gereeld ;)  Stel jou saak en doen jou ding dit is hoe ons mekaar op die pad hou. Hier word nie "grudges" gehou nie en as iemand so swaar op homself wil wees, dan is dit sy saak.

Mooi week vir jou.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: Wat se die manne?

Post by Biker »

Michael
Welkom Jou fondasie is gaaf gelegd en sien jy redeneer logies. Pasop vir daai GROEN sllangvangertjies ,hulle het al npaar koppe geswaai.
Stuur vir ons so 20 SNT NOWHERE toe. Daar kan hulle berading kry
Groete Biker
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: Wat se die manne?

Post by PITSMIT »

michaelrp

welkom dis nice om te weet ons kundiges groei aan hier op die forum lekker om te weet daar is ouens wat weet wat aangaan as daar vrae is. geniet dit

pitsmit
uitenhage
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
Post Reply