Gesoek: Windpomp pyp "Vastrap"/klamp & Chain Wrenches

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Gesoek: Windpomp pyp "Vastrap"/klamp & Chain Wrenches

Post by Jassie »

Enige iemand wat sulke apparate het wat rondl? en sal belangstel dat ek dit by jou kan oorneem, asseblief?

Die "Vastrap/klamp" is die een wat jy op/oor die boorgat plaas terwyl die pype nog in die gat is. Dit hou dan die pype vas met 'n gekeepte soliede staal wiel aan die eenkant van die pyp en die geriffelde sluitstuk aan die anderkant en die twee saam doen dan die keer- houvaswerk sodat die pype nie in die boorgat terugval nie. Dit laat jou toe om die pyp na bo te beweeg/trek sonder weerstand aangesien die klamp net na ondertoe werk met die massa van die pype.

Ek is ook op soek na "chain wrenches" (bobejaansterte) vir windpomppyp werkery.

Beide moet kan 32mm - 125mm pype hanteer. (Veral die Bobejaanwrench)

Laat my asseblief weet as julle so-iets het wat ek by jou kan oorneem.

Kontak my per PM hier op die Forum of op my foon. (nul 8 2 vier een nul 91 90)

Groete
JAS
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
User avatar
NUNAB
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Wed May 09, 2012 1:55 pm

Re: Gesoek: Windpomp pyp "Vastrap"/klamp & Chain Wrenches

Post by NUNAB »

kry iemand om die pype vir jou te trek!!!!!!
Die lewe is n lied!
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Gesoek: Windpomp pyp "Vastrap"/klamp & Chain Wrenches

Post by Jassie »

Nunab

Ek sou graag wou maar is gedurig besig met net te veel windpompe om uitkontrakteer moontlik te maak. Verder is dit ook bietjie veraf gele?. Ek het nie moeilikheid om dit self te doen nie sukkel net met my toerusting.

Groete
JAS
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
User avatar
kwagga
Full Member
Full Member
Posts: 176
Joined: Sun Nov 18, 2012 3:50 pm

Re: Gesoek: Windpomp pyp

Post by kwagga »

Ek is ook ernstig op soek na die toerusting, veral die "vastrap" per die OP.
Sal waardeer as enige een het om te verkoop of weet waar ek kan koop.
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: Gesoek: Windpomp pyp

Post by Henry 7 »

Gister een by OVK op Smithfield gesien---daai vastrap een---051-6831119 is hulle no
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Gesoek: Windpomp pyp

Post by wlm »

Vastrappe beskikbaar by Williston Vleiskooperasie. 053 3913002. Praat met Sakkie Boonzaaier.
User avatar
kwagga
Full Member
Full Member
Posts: 176
Joined: Sun Nov 18, 2012 3:50 pm

Re: Gesoek: Windpomp pyp

Post by kwagga »

Dankie Henry 7 en wlm, sal so bietjie rondbel.
User avatar
kwagga
Full Member
Full Member
Posts: 176
Joined: Sun Nov 18, 2012 3:50 pm

Re: Gesoek: Windpomp pyp

Post by kwagga »

Dis hoe die Vastrap lyk vir die wat nie weet nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Post Reply