Dag manne. ek het bietjie raad nodig van die ouens wat ken.
Watter vereninging is beter, SA Jagters se Waterberg Tak of Bosveld Jagters se Waterberg Tak? Ek het al die tyd gedink dit was dieselfde ding.
Een voordeel is dat die Bosveld ouens reg hier by ons gelee is en dit maklik is om skiet dae en vergarderings by te woon EN ek kan Toegeweide status ook deur hulle doen. MAAR het SA Jagters nie op die ou end meer voordele nie?
Ek moet by die een of ander betrokke raak.
Groete
Pierre
Keuse van jagters vereninging
- Shindzela (Pierre)
- Full Member

- Posts: 156
- Joined: Sat Jan 09, 2010 9:07 pm
Keuse van jagters vereninging
Life's a journey, enjoy the ride!
-
JvB
- Full Member

- Posts: 165
- Joined: Tue Apr 20, 2010 7:41 am
Re: Keuse van jagters vereninging
Pierre,
Ek ken of weet nie van SA Jagters se Waterberg Tak nie, maar ek het by die Bosveld Jagters se Magaliesberg Tak aan gesluit want dit was die naaste aan my en kan toegeweide status deur hul doen en vergaderings bywoon.

Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: Keuse van jagters vereninging
Pierre
Ek is weer lid by Suid Kaap Jagters (SJB) en is baie tevrede! Ek het van my beste vriende deur die vereniging gemaak en dis ook die naaste vir ons om skietdae en vergaderings by te woon. Ek het Chasa en Toegewyde Jagter status ook deur hulle gedoen.
Groetnis

22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
-
henslin
- Sr. Member

- Posts: 401
- Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm
Re: Keuse van jagters vereninging
Lid van die plaaslike BJV - Letaba tak. Kan verskeie kursusse doen, toegewyde status ens. Seker een van die beste bane in die provinsie ens. ens. Maak voorsiening vir omtrent alle fasette van ' skiet'. 100 - 300 meter baan, kleiduifskiet, handwapen, .22 vir die jongetjies en dan word daar op 'n sideline nog met die boog ook gespeel. Miskien is ons maar net bederf deur die klompie plaaslike jagters wat tyd het vir ons sport. 
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: Keuse van jagters vereninging
Amper erger as vrou vat.
Vergelyk dienste en besluit dan
Vergelyk dienste en besluit dan
-
williebees
Re: Keuse van jagters vereninging
Pierre, Jou oorspronklike navraag was op 8 April, so ek weet nie of jy al besluit het nie.
Ek wil nie praat oor die groter politiek nie - SAJV vs Chasa vs SAGA ens. ens. ek praat oor prakties en plaaslik:
SAJV se Waterbergtak is gesentreer rondom Ellisras. Ons skiet op die Knapskootskietbaan 45 km in die rigting van Steenbokpan.
Ons grootste gebeurtenis is die jaarlikse Vuurwapenfees wat nou 27 Augustus was.
Verder is daar so 5 skietdae per jaar. Ons doen ook toegewyde kursusse.
Ek dink dit hang af van waar jy geografies is. Ek het nie geweet BJV het ook 'n Waterbergtak nie.
Jy is welkom om ons te kontak - epos my by geo@lantic.co.za
Groete Willie Barnard

- baboonstalker
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm
Re: Keuse van jagters vereninging
Beyers, Dit is net hier waar jy die fout maak, ons weet mos almal dat die stel "dienste gelewer" heeltemaal verander as jy eers die ring aan die vinger gesit het!Amper erger as vrou vat.
Vergelyk dienste en besluit dan
-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: Keuse van jagters vereninging
Wat soek ek van 'n jagters- of sportskietvereniging?
1. Inligting
2. Skietgeleenthede
3. Ondersteuning in vuurwapen aansoeke
4. Opelidingsgeleenthede
5. Samesyn met mense wat dieselfde doelwitte en behoeftes het
6. Spreekbuis vir my behoeftes en belange
7.
Wat kan ek aan 'n vereniging bied?
1. Tyd
2. Optree as opleidingsbeampte
3. Optree as baanbeampte
4. Inspraak in sake wat skiet en gewere aanraak
Die gee en neem net soos vrouvat.

- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: Keuse van jagters vereninging
Ou Beyers - jy kon dit nie beter stel nie.
Was lekker om jou weer by die Nasionale Tak Voorsitters Forum te sien verlede week!
Piere
Dis maar 'n moeilike vraag, die beste is om Beyers se raad te volg en dit wat elke Vereniging vir jou bied op skrif te sit en te vergelyk. Maak nie saak watter vereniging jy kies nie - jy is in die regte rigting oppad.
Groete.
Jaco

Dont tell me, show me......