Vreeslike Lekker Oos Kaap Jag.

Post Reply
User avatar
Morne Van Der Merwe
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Sun Jul 12, 2015 4:48 pm

Vreeslike Lekker Oos Kaap Jag.

Post by Morne Van Der Merwe »

Môre almal,

Ek wil so bietjie graag due afgeloope week se jagtog met julle deel. Soos miskien van julle dit raak gelees het, verlede week, het ek my geweer gebed self, maar iets het verkeerd geloop, epidermix wou nie droog, vroeg terug gekom laas Sondag, en met taak weer begin, maar nou begin ek uit tyd hardloop. Weer al die epidermix uit kopf gehaal, en dit oor gedoen, Maandag oggend het alles darem mooi los gekom, als in mekaar gaan gesit, skietbaan toe en gaan skiet, als darem mooi uitgewerk. Toe die pak begin vir die jagtog. 12uurdaardie nag val ons in die pad na Barley Oos in die Oos Kaap. Lekker vroeg daar aangekom. Die jagtrip is n familie jag, my Pa by ons aangesluit, my vrou en 4 jarige seuntjie saam. Ons was so teen 11uur in die veld, ons maar dadelik veld tie gegaan want maar die geleentheid gebruik as die weer mooi is, daai deel van die wereld kan baie koud word. Ons 4 is afgelaai en ons het begin stap, sommer vinnig die 1ste klomp takboke gesien, maar nie geleentheid aangebied om te skiet. Ons op die kryin van die berg geloop, toe gewaar ons ver onder in die klof staan n klompie takbokke onbewus van ons. Ek het lekker lê plek gekry, die gerange op 337m teen skuinste van te minste 40grade. Ek het tarret 4.2 moa volgens strelok gestel. En after die blad gevat, toe die skoot klap, het die bok geval, so bietjie hoog getref maar het sy werk gedoen. Toe was dit nogal storie teen daai berg af. Trots op my familie, almal daar onder uitgekom, veral na Pa n heupvervanging gehad het presies n jaar terug.
Bok toe na naaste pad gevat en bakkie laat kom. Weer later gaan probeer, masr net n klomp ooie gekry, was agter ramme aan. Vreeslik lekker gekuier met familie, en baie bederf gewees.
Volgende dag weer uitgegaan, maar die keer my seuntjie by neefies gelos, die eerste keer van n dooie bok sien met sy oë oop, het hom nie beindruk nie. Wat verstane is, dit is sy 1ste keer.
Sommer vinnig gou weer takbokke gekry en hul gevolg, maar net n klomp ooie, maar toe daag my neeg se hond op. Maar gedink hy kan maar saam jag, nie eindelik n jag hond soos sal sien in foto nie, soos die hase uitspring probeer die hond hul jaag en toe ek 2 mooi takbokke gewaar en vir familie wys hul moet sit, gewaar Pote hul ook, blaf blaf toe so agter hul asn. Toe maar besluit Pote gaan nie verder saam jag nie en my Oom gebel en hul toe hom kom haal. Na lekker ver stap weer n klomp ooie gesien en hul maar gelos. Ons toe opgetel en aan die ander kant van plaas afgelaai, daar so bietjie stap en net ribbokke gesien wat nie op die spyskaart was nie. My Oom het toe my Pa kom haal, en vir y gesê as jy n geleentheid kry op n swartwildebees skiet dan vir jou een, ek en Nicolette het lekker rustig gestap, toe gewaar sy n die swartwildebees op die randjie, hy was alleen. Hy het nie geweet van ons nie, ons by n bos gaan staan, in area wasr hul lyk my slaap, sal sien in foto baie oop daar. Toebegin hy so laf hardloop, heel verspot, so draai in die koppie gemaak, en toe gelykhy wil kom vir ons, hyt so 130m vas gesteek, sy kop op en af geswaai, dit my vrou so laat panic, syt gedink hy gaan vir ons kom. Toe hy stll staan, trek ek die skoot in sy spoore geval.
Fotos geneem bok gelaai en n heerlike steakie gebraai en lekker met familie gekuier. Volgende ons dag was ons in die vleis kamer sommer gou gou die vleis bewerk.
Ons is toe met twee voertuie terug na Pretoria, en so 50km van die huis daar by OR Tambo, was die verkeer nogal besig, my vrou agter n kar gery, toe swaai die voertuig uit voor haar vir n kar wat in vinnige laan seker teen 60km/ in vinnige laan was, en vrou is teen 120km/h in haar gat in. Lank storie kort, sy is daren okey, net bietjie seer vanoggend van die lugsakke en veiligheidsgordel.
Weereens dankie aan my familie vir die lekker kuier en jagtog.

Groete
Morne
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
CZ 550 Ebony Edition 30-06
Musgrave K98 .270Win
Howa 6.5 Creedmoor
Gecado Mod 50 Windbuks
.284 Shehane
7mm PRCW
User avatar
Morne Van Der Merwe
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Sun Jul 12, 2015 4:48 pm

Re: Vreeslike Lekker Oos Kaap Jag.

Post by Morne Van Der Merwe »

Nog so paar fotos
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
CZ 550 Ebony Edition 30-06
Musgrave K98 .270Win
Howa 6.5 Creedmoor
Gecado Mod 50 Windbuks
.284 Shehane
7mm PRCW
User avatar
Morne Van Der Merwe
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Sun Jul 12, 2015 4:48 pm

Re: Vreeslike Lekker Oos Kaap Jag.

Post by Morne Van Der Merwe »

Laaste fotos
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
CZ 550 Ebony Edition 30-06
Musgrave K98 .270Win
Howa 6.5 Creedmoor
Gecado Mod 50 Windbuks
.284 Shehane
7mm PRCW
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Vreeslike Lekker Oos Kaap Jag.

Post by ruaanb »

Geluk Morne lyk sommer lekker daar.
kyk mooi na vroulief.
koos 2
Hero Member
Hero Member
Posts: 734
Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm

Re: Vreeslike Lekker Oos Kaap Jag.

Post by koos 2 »

Baie geluk!!
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Vreeslike Lekker Oos Kaap Jag.

Post by win270 »

Baie geluk. Oos-Kaap is 'n wonderlike jagplek. Jammer oor die ongeluk op die pad - nog 'n bewys die stad is maar 'n plek met sy eie probleme waaruit baie van ons baie dae net wil vlug. Hoop julle het uiteindelik darem goeie herinneringe van die jagtog self.
User avatar
Morne Van Der Merwe
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Sun Jul 12, 2015 4:48 pm

Re: Vreeslike Lekker Oos Kaap Jag.

Post by Morne Van Der Merwe »

More mense,

Wou dit nog bygevoeg het. Ek het met my Musgrave .270Win geskiet met Nosler Accubonds 130gr teen n gemiddelde spoed van 2880vt/sek.

Groete
Morne
CZ 550 Ebony Edition 30-06
Musgrave K98 .270Win
Howa 6.5 Creedmoor
Gecado Mod 50 Windbuks
.284 Shehane
7mm PRCW
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1618
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Vreeslike Lekker Oos Kaap Jag.

Post by Gian_dP »

Lekker Morne! Bly die tweede bedding job was darem sukselvol voor die jag.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
Morne Van Der Merwe
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Sun Jul 12, 2015 4:48 pm

Re: Vreeslike Lekker Oos Kaap Jag.

Post by Morne Van Der Merwe »

Ja nee ek was net so verlig toe ek als los maak en hard soos graniet gewees.
Dankie.
CZ 550 Ebony Edition 30-06
Musgrave K98 .270Win
Howa 6.5 Creedmoor
Gecado Mod 50 Windbuks
.284 Shehane
7mm PRCW
User avatar
Jo Toast
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Fri Feb 16, 2018 9:09 pm

Re: Vreeslike Lekker Oos Kaap Jag.

Post by Jo Toast »

Oos Kaap jag bly maar bitter lekker. Ek gaan elke jaar terug.
BSA .270 Win
Tikka T3 Varmint .308 Win
Bergara B14R .22lr
Glock 19
jooste
Full Member
Full Member
Posts: 164
Joined: Wed May 08, 2013 3:20 pm

Re: Vreeslike Lekker Oos Kaap Jag.

Post by jooste »

More

Ek het laasjaar in Tsolwana Natuur reservaat gaan jag op pakkette wat hulle uitgesit het

Dit was vrek lekker. Die eerste dag van ses het ons in die sneeu swartwildebeeste en rooihartebeeste gejag. Wat n belewenis.

Wild gewig is bietjie lag bv. volwasse eland koeie het maar 140kg uitgeslag.

Die area soos in jou fotos lyk baie na Tsolwana area.

Ongelukkig was vanjaar se pakkette op n veiling en het bietjie duur verhandel.

Ek sal altyd weer teruggaan sou ek die kans kry.

Groete

Nico Jooste
Nico Jooste
honda2
Full Member
Full Member
Posts: 194
Joined: Wed Sep 23, 2015 2:16 pm

Re: Vreeslike Lekker Oos Kaap Jag.

Post by honda2 »

Fantasties. Lekker so saam met die familie!

Sent from my SM-A510F using Tapatalk
Post Reply