Jag geweer gebruik in noodgeval vir selfverdediging?
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Jag geweer gebruik in noodgeval vir selfverdediging?
Dagse manne
Ek het drie vrae wat ek graag wil vra, glo iemand sal my kan andwoord.
1.) Mag n' persoon wat n' wapen besit wat gespesifiseer is vir jag, in nood, se maar as daar iemand ingebreek het by jou huis en besig is om jou aan te val gebruik om jou self te verdedig. Of mag jy slegs n' vuurwapen gebruik wat as sefverdediging wapen gespesifiseer is?
2.) Dan ook in die geval waar jy dalk oppad is na n' jag en jy tel probleme op langs die pad en word aangeval, mag jy ook jouself met jou jag geweer verdedig?
3.) Wanneer jy se byvoorbeeld ook oppad na n' jag is of in die veld is en n' persoon /persone probeer jou jag wapen by jou afneem, mag jy jou jag wapen gebruik om dit teen te staan?
Hoor graag van julle
Dankie

BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Jag geweer gebruik in noodgeval vir selfverdediging?
Volgens my inligting, mag jy, mits die omstandighede dit regverdig, en jou of ander persone se lewens word bedreig, enige vuurwapen tot jou beskikking aanwend om jouself en andere te verdedig.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Jag geweer gebruik in noodgeval vir selfverdediging?
Chris, die tipe wapen wat jy gebruik, is van mindere belang teenoor die omstandighede wat jy dit gebruik. As jy oppad jagveld toe is en jy word byvoorbeeld van die pad afgedruk deur gewapende rowers en jou eie of iemand anders se lewe is in gevaar, mag jy jou O/U haelgeweer, 375 of 700NE gebruik om jou eie of 'n ander persoon se lewe te beskerm. Die vraag wat die Hof gaan vra, is of jou of iemand anders se lewe in gevaar was en nie of 'n 375 of 243, geskik is vir selfverdediging nie....
Aim small, miss small
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: Jag geweer gebruik in noodgeval vir selfverdediging?
Baie dankie vir julle terugvoering, ek verstaan hom nou so
Groete
Groete
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Jag geweer gebruik in noodgeval vir selfverdediging?
Chris
Die wet sê jy mag jou vuurwapen (enige wapen onder enige artikel 13,15,16,21 ens) vir 'n wettige doel gebruik. Jy kan ook jou jag bakkie gebruik om die aanval op die pad af te weer. As jy die bakkie gebruik om 'n man 100m veld in, met 'n mes in die hand dood te ry het jy moeilikheid. As jy hom skiet met 'n 375 op 100m het jy moeilikheid.
Ek het die stuk in Engels gekry:
This common law defense is often confused with the statutory provision contained in Section 49 of the Criminal Procedure Act as amended,4 which allows for the use of force when effecting an arrest. Despite certain similarities, these defenses should not be conflated with each other as they are used for different purposes and have different requirements.
Various requirements must be met before the defensive act will be considered lawful. The attack must be:
* commenced or imminent;
* against a legally recognised interest; and
* unlawful.
The action made in defence must be:
*necessary to avert the attack;
*reasonable in terms of the amount of force used; and
*directed against the attacker.
Thus, the action taken must be in response to a currently pending aggressive action, and the law specifically rules out any action being taken, on the one hand, pre-emptively or, on the other, in ‘revenge’.

Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: Jag geweer gebruik in noodgeval vir selfverdediging?
Baie dankie Carl
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Jag geweer gebruik in noodgeval vir selfverdediging?
Dit is juis hierdie deel wat "tricky" is - en wat van elke vuurwapeneienaar baie navorsing vereis.Jean Marais wrote:Volgens my inligting, mag jy, mits die omstandighede dit regverdig, en jou of ander persone se lewens word bedreig, enige vuurwapen tot jou beskikking aanwend om jouself en andere te verdedig.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Jag geweer gebruik in noodgeval vir selfverdediging?
Ek dink met die Oscar saak is daar baie daaroor gepraat in die media en op groepe. Die punt is maar dat jou of iemand anders se lewe in werklike gevaar moet wees en dat daar geen ander opsie moet wees nie. Hoe die howe verwag dat jy daai in 'n krisis situasie en binne millisekondes moet bepaal, weet nugter, maar elke situasie sal op sy eie meriete en omstandighede beoordeel word. So daar is nie werklik een standaard antwoord nie....Hein M. wrote:Dit is juis hierdie deel wat "tricky" is - en wat van elke vuurwapeneienaar baie navorsing vereis.Jean Marais wrote:Volgens my inligting, mag jy, mits die omstandighede dit regverdig, en jou of ander persone se lewens word bedreig, enige vuurwapen tot jou beskikking aanwend om jouself en andere te verdedig.
Aim small, miss small
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Jag geweer gebruik in noodgeval vir selfverdediging?
Dit deel waar ek die bogenoemde gekry het opd ei ISS se webblad praat die man van eiendom beskerm, maar ook wanneer kan jy iemand skiet uit noodweer. Ek moet eerlik wees soos die man skryf kan jy sien hulle dink anders (seker nie vuurwapen eienaar) en dit kan 'n groot gemors afgee as mense sy denk proses volg.Eugene wrote:Ek dink met die Oscar saak is daar baie daaroor gepraat in die media en op groepe. Die punt is maar dat jou of iemand anders se lewe in werklike gevaar moet wees en dat daar geen ander opsie moet wees nie. Hoe die howe verwag dat jy daai in 'n krisis situasie en binne millisekondes moet bepaal, weet nugter, maar elke situasie sal op sy eie meriete en omstandighede beoordeel word. So daar is nie werklik een standaard antwoord nie....
Bv vermy 'n inbreker in jou huis eerder as om te konfronteer! Ok hoe lank gaan jy hom uitlos, tot hy by jou dogter se kamer deur loop?
As hy 3m van jou staan met geen sigbare wapen??!! Binne paar sekondes is hy op jou en steek & sny met 'n mes. Dalk het jy 1 skoot afgekry, hy kry dalk 4-6 veelvuldige messteke na kritiese dele van jou liggaam!
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3067
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Jag geweer gebruik in noodgeval vir selfverdediging?
Ek dink daar is teveel/genoeg grys areas met die vraag daarbo sowel as die hoeveelheid ammunisie toegewyde sportman(jag) vir sy selfverdediging wapen mag aanhou.
Scenario 1 voorbeeld
Iewers eendag gaan n man sy haelgeweer wat vir sportskiet gelisensieer saam met hom vat as hy buurtwag patrollie ry, die man kom op n booswig af en n skietery breek uit en die booswig sterf...
Dit gaan net een vraag vanaf die staatsklaer vat.
'Meneer, hoekom ry jy met jou haelgeweer in die middel van die nag rond? Watse sport doeleinde het jy hom voor aangewend.
Selfde geld vir handwapens wat vir sportskiet gelisensieer is.
Tot op hede doen baie ouens dit so maar eendag is eendag, dan skielik is die kollig weer op sportskiet verkeerdelik.
Scenario 2 - Ammunisie.
Jou pistool is vir SElf Verdediging gelisensieer.
Jou 303 is vir sportskiet gelisensieer.
Jy is n sportskut by SA Jagters.
Jy hou 2000 rondtes 9mm aan.
Die wet is volgens my grys op die vlak. Ek dink mens moet versigtig wees om dit nie te lees soos dit mens pas nie. Die hof sienndit dalk anders.
Soos reeds hierbo gemeld, Jy mag jou defintief jou jaggeweer vir noodweer gebruik mits die omstandighede dit regverdig.
Sent from my D5803 using Tapatalk
Scenario 1 voorbeeld
Iewers eendag gaan n man sy haelgeweer wat vir sportskiet gelisensieer saam met hom vat as hy buurtwag patrollie ry, die man kom op n booswig af en n skietery breek uit en die booswig sterf...
Dit gaan net een vraag vanaf die staatsklaer vat.
'Meneer, hoekom ry jy met jou haelgeweer in die middel van die nag rond? Watse sport doeleinde het jy hom voor aangewend.
Selfde geld vir handwapens wat vir sportskiet gelisensieer is.
Tot op hede doen baie ouens dit so maar eendag is eendag, dan skielik is die kollig weer op sportskiet verkeerdelik.
Scenario 2 - Ammunisie.
Jou pistool is vir SElf Verdediging gelisensieer.
Jou 303 is vir sportskiet gelisensieer.
Jy is n sportskut by SA Jagters.
Jy hou 2000 rondtes 9mm aan.
Die wet is volgens my grys op die vlak. Ek dink mens moet versigtig wees om dit nie te lees soos dit mens pas nie. Die hof sienndit dalk anders.
Soos reeds hierbo gemeld, Jy mag jou defintief jou jaggeweer vir noodweer gebruik mits die omstandighede dit regverdig.
Sent from my D5803 using Tapatalk
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: Jag geweer gebruik in noodgeval vir selfverdediging?
Baie dankie almal
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
-
hierswolf
- Full Member

- Posts: 112
- Joined: Sun Apr 27, 2014 9:55 pm
Re: Jag geweer gebruik in noodgeval vir selfverdediging?
Aan die praktiese kant, kan ek aan byna geen omstandighede dink waar jy suksvol jouself gaan kan verdedig met 'n jag geweer nie.
Jy gaan nie genoeg tyd he om 'n jag geweer uit die sak/tas te kry (volgens wet moet hy in een wees), te laai (volgens wet moet hy veilig wees), en dan op 'n aanvaller of aanvallers te mik, en dan die bewegende teiken/s met een skoot uit aksie uit te haal nie. Jy gaan jou aanvallers net rede gee om jou seer te maak.
As jy dink aan die tiepe scenarios en jy wil jouself voorberei vir dit, kry dan 'n pistool en leer hoe om hom goed te gebruik.
Jy gaan nie genoeg tyd he om 'n jag geweer uit die sak/tas te kry (volgens wet moet hy in een wees), te laai (volgens wet moet hy veilig wees), en dan op 'n aanvaller of aanvallers te mik, en dan die bewegende teiken/s met een skoot uit aksie uit te haal nie. Jy gaan jou aanvallers net rede gee om jou seer te maak.
As jy dink aan die tiepe scenarios en jy wil jouself voorberei vir dit, kry dan 'n pistool en leer hoe om hom goed te gebruik.
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Jag geweer gebruik in noodgeval vir selfverdediging?
hierswolf wrote:Aan die praktiese kant, kan ek aan byna geen omstandighede dink waar jy suksvol jouself gaan kan verdedig met 'n jag geweer nie.
-
hierswolf
- Full Member

- Posts: 112
- Joined: Sun Apr 27, 2014 9:55 pm
Re: Jag geweer gebruik in noodgeval vir selfverdediging?
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Jag geweer gebruik in noodgeval vir selfverdediging?
Eendag lank gelede het daar 'n vreemde motor met 5hierswolf wrote:Ek se mos, "byna".
As jy nou loop in die veld en jag is die geweer mos gelaai.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: Jag geweer gebruik in noodgeval vir selfverdediging?
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Jag geweer gebruik in noodgeval vir selfverdediging?
Chris, ek dink Eugene se pos 3 op die draad antwoord jou laaste vraag hierso.
Wees realisties - as n paar uile jou geweer wil afvat - hetsy jy in jou motor is of nie - gaan jy feitlik zero kans (ek wil se beslis geen kans) he om daai geweer te kry en uit die sak te haal en te laai nie. As jy reeds in die veld is en word genader deur uile - dan is jou wapen op jou en moontlik reeds gelaai en dan is jy reg vir aksie. Ek stel voor jy dink baie hard daaraan om vir jou n handwapen te kry wat jy op jou dra - dan hoef jy nie oor al die goed met die geweer te wonder nie

Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Jag geweer gebruik in noodgeval vir selfverdediging?
Dis nogal moeilik om te bewys (of beweer) dat iemand jou jaggeweer wil afvat, as hy nog nie sy hande op die geweer het nie. Hy kan dalk dreig om dit te doen... En as hy eers sy hande op die wapen het, hoe gaan jy jouself met die selfde ene verdedig? Darem het jy seker nog ene byderhand? Nee wat, as die geweer nie in jou hande is nie, het hy vir jou geen nut in 'n noodsituasie nie.Chris (vdB) wrote:dankie almal, ek verstaan 100% die implekasies van so voorval na almal se andwoorde. My een vraag waarop ek nog net onseker is, is se nou maar iemand of n' groep satans wil jou jag geweer probeer by jou af vat, waar jy nou ook al oppad is na n' jag of erens. Moet jy maar eers probeer almal roer met die wheel spanner of mag jy in daai geval, as jy kans kry jou geweer uit sy sak pluk en n' patroon laai en dan as dit regtig moet jou self en geweer verdedig. Dink amper ek het myself nou geandwoord met al julle manne se andwoorde. Maar wat my pla is, se nou maar jy los net omdat jy onseker was en bang jy maak n' fout en jou geweer word by jou afgevat, gaan SAPS jou dan nie as onbevoeg verklaar omdat jy nie jou vuurwapen kon behou/beskerm het nie
Hierdie is een goeie rede hoekom 'n mens maar 'n gelaaide handwapen versteek behoort te dra. Mens moet ook maar (baie!) behendig wees met die ding.
Dan is daar natuurlik ook die kwessie, dat jy nie dodelike geweld (=vuurwapen) mag gebruik om jou eiendom te beskerm nie. Is die geweer in die skelm se hande "eiendom", of bedreig dit jou lewe? Dis iets wat jy in die hof sal moet verduidelik. Dink mooi daaroor. Dink ook mooi wanneer jy jou gewere in die bakkie laai en die pad vat jagveld toe. Die feit dat jy die bakkie kan dophou daar by die vulstasie (of wat ookal) beteken nie dat jy noodwendig beheer kan uitoefen oor jou wapens nie.
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Jag geweer gebruik in noodgeval vir selfverdediging?
Daar is net een ding wat uitstaan en dit is dat as dit jou laaste uitweg is om jouself te beskerm sal die hof dit aanvaar. Maar jy moet jouself en die hof oortuig dat dit wel so is.
As n laaste uitweg sal n mes ,geweer of wat ookal werk vir jou in die hof.
Wil jou net weer herhinner dat jy in die hof moet verduidelik hoekom n ander verdediging nie sou werk nie.
Onthou dat die hof verwag dat jy die minste moontlik gebruik om jouself te verdedig en jy moet dit ook so kan motifeer.
Net vir die snaaksgeid wil ek noem dat jy kan nie n 30 kg bom op jou stoep sit as iemand daarop oortree nie maar jou lewe moet in onmiddelike gevaar wees om die middele tot jou beskikking te gebruik.
Nog n ding wat n verskil kan maak is jou geestes toestand en die geskiedenis van jou omstandighede wat jou lei tot n besluit, maar dan sal jy jou storie moet ken want dit raak ingewikkeld.
Groete
Henning

300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim