Nuwe lewe vir ou Joseph Rodgers

Enige iets tov messe.
Post Reply
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Nuwe lewe vir ou Joseph Rodgers

Post by JTM »

So ruk terug vang iets my oog langs my braaiplek. Effe vergeet al van die ou machette wat ek daar ingedruk het oor dit maar mishandel was en nie meer na iets gelyk het nie.

Ek beloer toe die ou en kry die Joseph Rodgers kenteken daarop. Nou ek ken Joseph Rodgers knipmesse, maar nog nooit 'n Bolo Machette gesien wat deur hulle gemaak was nie.

Die ou se kondisie is maar swak. Die lem is gebuig en die edge lyk geriffel soos 'n simba chippie. Die plastiek hef is ook half weg gesmelt al.

Ek het besluit om die ou te probeer red en ek reken ek kan weer iets uit die ou lem maak. My gat jeuk al vir 'n tydjie vir 'n tanto styl mes en dus het die idee by my onstaan om van die ou lem 'n tanto mes te maak.

Hier is waarmee ek begin het en dan waar ek huidiglik is met die projekkie.
14672229404423.jpg
Die begin.
14672229622015.jpg
Die kenteken
14672227945341.jpg
Na so bietjie werk op die skuurder en die ou hef verwyder is.

Ek moet nou begin kyk na 'n nuwe hef ontwerp. Ek dink aan iets in die lyn van Micarta vir die materiaal.

Laat weet maar wat julle dink.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jannie Welman
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Nuwe lewe vir ou Joseph Rodgers

Post by Jake1 »

Lekker projekkie sal jou eindproduk wil sien
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
Post Reply