Maan

Post Reply
zop
Newbie
Newbie
Posts: 5
Joined: Thu Oct 01, 2015 11:17 am

Maan

Post by zop »

More manne het gou n vraag oor die maan
Wat se invloed het die maan op jakkalse en katte? Jakkalse werk mos meer op reuk as sig en n kat meer op sig as reuk so skiet n mens dan n kat beter in volmaan omdat hy dan meer aktief gaan loop of juis minder omdat hy jou beter sien of iets? en speel die maan n rol op n jakkals of skiet jy n jakkals net so goed op enige vase van die maan? ???
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Maan

Post by pieter h »

Kat sien baie goed,het egter nou die aand een met maan wat helder was geskiet.Hy het hom nie veel aan my gesteur nie.Elke geval is anders.Met helder maanlig sal jy baie stil moet sit.In n bos se skadu trek maar dan beperk jy weer jou 360 grade sig.So 7 dae na en voor volmaan.
Henrie_270
Full Member
Full Member
Posts: 132
Joined: Wed Jan 14, 2015 3:35 pm

Re: Maan

Post by Henrie_270 »

Ek het persoonlik 80% van die rooikatte wat ek geskiet so n week voor volmaan en n week na volmaan geskiet. Dit is amper asof hulle dan effens meer aktief is.

In volmaan is dit moeiliker om jou voertuig vir n jakkals weg te steek. Is moeilik om als toe te maak en jou silhoeet is moeilik om te versteek veral in plat vlaktes. As jy in gebiede jag waar daar meer bosse is kan jy soos Pieter sê jou agter n bos versteek. Ons verkies maar om so 4 dae voor en dan 4 dae na volmaan te jag.

Mooiloop.
243 win, Howa Varmint, Swarovski z3 4-12x50 BRH
'n Jakkals verloor nie slaap oor die opinie van n skaap nie...
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: Maan

Post by Henry 7 »

Een ding wat jy moet aanvaar is dat jakkalse/kat praatjies op die forum feitlik tot niet is.Jy gaan min kry dat jy geantwoord word met wat werk.Beste wat jy kan doen is om te gaan soek by vorige threads wat gesê was.
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Maan

Post by NicoSmit »

Op die plase waar ek skiet moet ek my eie boom saam vat as ek met volmaan wil gaan skiet Ek bly maar uit die veld en kyk TV
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
Post Reply