Boere kan tydelike permitte kry

Post Reply
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Boere kan tydelike permitte kry

Post by BLOK »

Veeboere kan tydelike jagpermitte kry om jakkalse vas te vat
2011-04-08 03:00
Artikelopsies
Druk artikel e-pos artikel Deel
Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Die Burger op
Jou selfoon Jou Facebook-profiel Alicestine October

Kaapstad - Veeboere wat lank reeds grom oor kleiner roofdiere wat onder hul vee maai, kan uiteindelik aansoek doen om tydelike permitte om di? diere te jag.

Mnr. Anton Bredell, Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, het gister die groen lig hiervoor gegee.

Mnr. John D?rr, voorsitter van die Rooivleis-produsentevereniging, het gister di? nuus verwelkom.

D?rr het ges? daar moet ?rens begin word. ?Die probleem is daar. Boere verloor duisende skape weens roofdiere. Die Wes-Kaap verloor jaarliks tussen 160000 tot 170000 skape.

?In ons bedryf word daar vir elke 1000 skape vyf werksgeleenthede geskep. Die werksgeleenthede wat op di? manier (weens skaapverliese) verloor kan word, moet dus ook in ag geneem word.?

Die kwessie is verlede jaar amptelik op ?n landbouberaad van die provinsiale regering geopper. Boere het toe kommer uitgespreek oor die verliese wat hulle ly.

D?rr het ges? di? verliese kos die bedryf nagenoeg R120miljoen per jaar. Volgens hom kniehalter dit ook pogings om opkomende kleinboere te help, want di? boere verloor soms ?n hele kudde.

Bredell het gister in ?n verklaring ges? dit is nou noodsaaklik dat daar onmiddellik met korttermyn-planne begin word terwyl ?CapeNature ?n ondersoek na ?n langtermyn-oplossing finaliseer.

Die departement sal saamwerk met Agri Wes-Kaap, wat ?n naamlys sal opstel om aan te dui aan wie die tydelike jagpermitte uitgereik moet word. ?Hierdie permitte sal gratis uitgereik word en vir ses maande geldig wees.?

Die permitte sal so spoedig moontlik uitgereik word, het Bredell ges?.


- Die Burger
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Boere kan tydelike permitte kry

Post by MEERKAT »

Tydelike permitte is al die laaste 2 of 3 jaar uitgereik en daar is nie 'n groen lig voor nodig.

Die enigste verskil is permitte is nou blykbaar vir 6 maande geldig.
Iewers is iets nie reg.

MEERKAT
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Boere kan tydelike permitte kry

Post by Dawie »

Meerkat

Volgens wat Min Bredell laas dinsdagaand ges? het gaan daar permitte vir Helikopter jag ook gegee word,  wat hulle nie in die Weskaap toegelaat het nie. 

Sal eers net seker maak by CN wat die hele storie is.

Cheers

D
Ambessa

Re: Boere kan tydelike permitte kry

Post by Ambessa »

Hallo Dawie / Meerkat
Dawie wrote:...Volgens wat Min Bredell laas dinsdagaand ges? het gaan daar permitte vir Helikopter jag ook gegee word,  wat hulle nie in die Weskaap toegelaat het nie... ...eers net seker maak by CN wat die hele storie is.
Eina. Wie in die Weskaap weet nou werklik wat oor wat? Intussen is daar meer as bloot 'n sterk vermoede dat die boere in elk geval deurentyd roofdiere op groot skaal bestuur, insluitend met dodelike metodes - lees om op te hou asem haal?

Wat is die doel met 'n permit (ongeag die periode waarvoor dit uitgereik word)? Is dit om die boere (jagters) te beheer (met watter personeel?) of is dit om te sorg dat sinvolle inligting oor aktiwiteite (getalle en waar gejag) beskikbaar is vir strategiese bestuur?

Ek wonder maar net... ...nog steeds...  :(

Ambessa
Last edited by Ambessa on Sun Apr 10, 2011 4:16 pm, edited 1 time in total.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Boere kan tydelike permitte kry

Post by Dawie »

Dit kan ook net 'n taktiese politieke move wees van die DA/Bredell voor die verkiesing aangesien boere begin dreig het om nie vir hulle te stem nie. 

Boere het in elk geval ten spyte van die permitte van die "unrighteous authority"  nog steeds gedoen wat hulle moet (ALLE dodelike metodes,  selfs helikopters),  ten spyte hiervan is ons predasie verliese skokkend hoog.  Daar word eenvoudig nie genoeg vrek gemaak nie. 

Die permitte het nog geen ongedierte se lewe gered nie,  net van 'n boer 'n krimineel gemaak.  Om die Sentrale Karoo weer 'n ekonomiese ekstensiewe kleinvee produserende gebied te maak gaan 'n M@ERSE effort verg,  en volgens my het boere nie die fondse om dit te vermag nie.  Daar sal moet hulp verleen word.  Die alternatief is om die hele Sentrale Karoo maar 'n reservaat te maak.  Ek wonder party dae of dit nie lang plan is van die greenies nie?  Kyk na die grond wat opgekoop word vir reservate,  die boere in daardie omgewings sukkel verskriklik.

Dan word daar oor die radio ges? boere gaan die jakkalse nou uitroei......duidelik het hulle noggie gesien hoe flippen moeilik dit is om die goed vrek te kry nie,  dis volgens my onmoontlik.

D
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Boere kan tydelike permitte kry

Post by Dawie »

Volgens CN is die permitte nie vir helikopterjag nie,  so Meerkat jy's reg al wat verander het is dat die permitte vir 6 maande geldig is. 

En weereens is diesel,  tyd en asem gemors.  Weereens net 'n wortel voor die neus.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Boere kan tydelike permitte kry

Post by Dawie »

Daar word deur landbou gewerk aan die helikopter permit besigheid,  sal volgende week meer duidelikheid h
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Boere kan tydelike permitte kry

Post by MEERKAT »

Dawie

Ek wil net graag weet , al die media berigte van permit stelsels wat goedgekeur is vir boere , dit nadat stelsel vir jare al in plek is.
Wie vind baat by die poging? Hoekom word dit nou spesifiek gedoen? Hoekom verleng na 6 maande en nie jaar soos gevra?

Al die vergaderings het gegaan oor helikopterjag en nie nagskiet permitte nie, dit is reeds in plek.
Sit ons hier met nog  misleidende publisiteit vir die bree publiek? Wie kry klop op skouer omdat hy tot arme boere se redding gekom het?

Iemand onderskat boere se intellegensie.

Mooiloop
MEERKAT
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Boere kan tydelike permitte kry

Post by Dawie »

Volgens 'n telefoongesprek wat ek vamirrag met 'n ou wat vro?r vandag met Jaco van CN gepraat het is slagysters nog steeds nie toelaatbaar nie......?

Meerkat

Ek gaan middel volgende week weer by partye hoor wat die stand van sake is.  Ek hoop nie Min Bredell/DA het ons vir poppe gevat vir "political milage" nie, dit sal nie ongestraf gelaat word nie. 

Cheers

Dawie
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Boere kan tydelike permitte kry

Post by Dawie »

Ja nee, die rondneuk neuk voort.

Vandag is dit nog nie moontlik om 'n permit in die in die Weskaap te kry vir helikopterjag nie,  AgriWeskaap se amptenare werk glo aan die situasie. 
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: Boere kan tydelike permitte kry

Post by LMB »

Ons is gewaarsku dat CN uit is daarop om voorbeelde te maak van persone wat onwettig sou jag met helikopter en nagjag. 

Die permitte is nog nie uitgereik nie en helikopter is steeds verbode.

Die probleem met jakkalse wat op landbou eiendomme meer regte het as landbou vee is natuurllik nie `n probleem nie, dis mos die boer wat te sleg is om te boer.

BOERE, AS DIT SO AANHOU SAL ONS WRAGTIG DIE N1 MOET TOEMAAK..........
Henk
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Tue Mar 22, 2011 10:23 pm

Re: Boere kan tydelike permitte kry

Post by Henk »

Ek kan binne 30 min op die N1 wees met vragmotor, trekker en sleepwa, 2 x bakkies en n kar....... S? net hoe laat?

Ek is nou al goed gatvol vir hierdie hele geveg. Van wanneer af het ek n permit nodig om my eiendom te beskerm?
Het daardie vetgat in sy "aircon" kantoor n permit nodig om sy huis te beskerm teen inbrekers?
As ek ge"hijack" word, moet ek eers aansoek doen vir permit voor ek die black-sam mag skiet?

Nou hoekom het ek n permit nodig om my skape/inkomste/lewenswyse te beskerm?

Nee wat CN; julle kan hierdie nuwe permit saam met die ander dwars in julle gatte opsteek !

As hy my lammers vang, skiet ek hom !!
Skiet naby....skiet raak !!
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Boere kan tydelike permitte kry

Post by MEERKAT »

CN moet net ingedagte hou dat die helikopter hoofsaaklik gebruik word om enkel probleem jakkalse te skiet. Op hierdie staduim in elke provinsie behalwe die Weskaap bygese.

Daar is wel jakkalse wat met geen lamp of klank geskiet sal word nie en daarvoor is die helikopter fasiliteit daar. Deur byvoorbeeld hierdie tyd van die jaar half ses in oggend te gaan roep en hoor waar so probleem jakkals sou antwoord en teen ligdag op te lig met helikopter en direk na verwysings punt te vlieg  is so 'n jakkals binne 10 minute geskiet en die probleem is opgelos.

My vraag is , die fasiliteit is daar jy mag nie gebruik maak van die fasilteit agv wetgewing slegs in Wes Kaap , wie is nou verantwoordelik vir jou skades?

Iemand moet tog een of ander tyd verantwoordelik gehou kan word  vir skades agv tekortkominge in hul wetgewings.

Mooi loop
MEERKAT
Post Reply