Vektor z88 9mm pistool?

Post Reply
marco

Vektor z88 9mm pistool?

Post by marco »

Hi wat is julle mening oor die bogenoemde pistool?
Rede hoekom ek wil hoor is ek kan een nou koop wat baie netjies en min gebruik is.. Die pistool sal vir sport skiet gebruik word en sommer as n lekker "race gun" projek as dit moontlik is...

Ek hoor graag van die manne wat pistool skiet ken.. ;D
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13527
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Vektor z88 9mm pistool?

Post by Capt. Yoda »

As hy mooi en goedkoop is koop hom, daar is nie veel wat nie reg gemaak kan word aan hulle nie en jy is mos handig.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
marco

Re: Vektor z88 9mm pistool?

Post by marco »

Ek het so gedink dankie Capt..
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13527
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Vektor z88 9mm pistool?

Post by Capt. Yoda »

marco wrote:Ek het so gedink dankie Capt..

EK dink dit is maar nog die pistool wat meeste gebruik word in SA met SAP en security maatskapye en as hulle hom nie kan breek nie gaan jy ook nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 990
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: Vektor z88 9mm pistool?

Post by Toyrsi »

Ek het self n Vektor. Nie die Z88 nie maar die SP2 general. Baie lekker pistool. Stewig maar swaar. Al die vektor Pistole is goed behalwe die Cp1. Koop met n geruste hard.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
marco

Re: Vektor z88 9mm pistool?

Post by marco »

Toyrsi wrote:Ek het self n Vektor. Nie die Z88 nie maar die SP2 general. Baie lekker pistool. Stewig maar swaar. Al die vektor Pistole is goed behalwe die Cp1. Koop met n geruste hard.
Baie dankie papiere is reg moet net loop indien...
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Vektor z88 9mm pistool?

Post by Ratel »

Z88 loop glad. Het een vir baie lank gedra. Sal self nie omgee om weer een aan te skaf nie. Hogue rubber grips en 'n 3 port compensator. Dan RHT bietjie poleer aan die bewegende dele. Ai ek mis my Z88.
Maak 'n verskil
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Vektor z88 9mm pistool?

Post by NicoSmit »

Dis die Baretta 92 clone
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Vektor z88 9mm pistool?

Post by Ratel »

NicoSmit wrote:Dis die Baretta 92 clone
Net so. Die Suid Afrikaners het flink gedink toe hulle geboikot was.
Maak 'n verskil
gbvl
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Wed Feb 10, 2016 6:35 pm

Re: Vektor z88 9mm pistool?

Post by gbvl »

Ja en toe die nuwe piete die regering oorvat probeer hulle dit oorsee smous teen die regulasies van Beretta want dit was onder lisensie gemaak as n 92 kloon. Groot gemors en baie geld later is Vektor onderdeur en ons polisie koop Berettas vir die volgende 100 jaar as deel van die straf.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Vektor z88 9mm pistool?

Post by Alwin »

Ek het altyd gedink dit was 'n ONgelisensieerde kloon van die B92F...

Goeie wapen. Onderdele behoort nie 'n groot probleem te wees nie.

Aan watter spesifieke skietsport wil jy deelneem? Onthou dat meeste sport dissiplines beperkings het op wat jy mag verander. As jy 'n "race gun" wil bou vir bv. IPSC/SAPSA "Open Division" of soortgelyk, is daar heelwat beter opsies beskikbaar. Die Z88 pas beter in die "Produksie" klas, wat aanpassing erg beperk.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Vektor z88 9mm pistool?

Post by Jake1 »

Ek het ook gedink dit was n ongelisensieerde kloon?
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
marco

Re: Vektor z88 9mm pistool?

Post by marco »

Alwin Fleischmann wrote:Ek het altyd gedink dit was 'n ONgelisensieerde kloon van die B92F...

Goeie wapen. Onderdele behoort nie 'n groot probleem te wees nie.

Aan watter spesifieke skietsport wil jy deelneem? Onthou dat meeste sport dissiplines beperkings het op wat jy mag verander. As jy 'n "race gun" wil bou vir bv. IPSC/SAPSA "Open Division" of soortgelyk, is daar heelwat beter opsies beskikbaar. Die Z88 pas beter in die "Produksie" klas, wat aanpassing erg beperk.
Ek het gedink om in die std klas te begin en dan later oor te gaan na die race gun klas... eks redelik vaardig met die goed maak en verander werkies so is eintlik ook n lekker projek vir sommer net skiet op die baan ;D
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Vektor z88 9mm pistool?

Post by Hein M. »

Alwin Fleischmann wrote: As jy 'n "race gun" wil bou vir bv. IPSC/SAPSA "Open Division" of soortgelyk, is daar heelwat beter opsies beskikbaar. Die Z88 pas beter in die "Produksie" klas, wat aanpassing erg beperk.
Goeie raad. Koop eenmaal reg. Jy raak sommer ook van die begin af gewoond aan die regte toepassing ;)
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Vektor z88 9mm pistool?

Post by Hein M. »

Om jou oorspronklike vraag te beantwoord: Ek wou destyds een koop. Ook 'n bargain, maar toe ek die pistool vashou toe is dit 'n bietjie te groot vir my klein kloutjies ::) . Die Z88 is wel 'n uitstekende betroubare pistool. Die een positiewe ding is dat jy met hom lood kan pomp. Met van hierdie nuwerwetse plastiek-wonderneges kan jy dit nie met veiligheid doen nie ;)

Sterkte met die besluit!
gbvl
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Wed Feb 10, 2016 6:35 pm

Re: Vektor z88 9mm pistool?

Post by gbvl »

Ek het so n plastiek nuwerwetse wonder nege (glock 17 gen 1) van 1989 wat al meer as 60 000 rondtes deur die pyp het sonder enige probleme of tekens van onveiligheid. Het n Vektor SP1 sport ook en baie goeie wapen. In verskillende klasse en albei goed.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Vektor z88 9mm pistool?

Post by Hein M. »

gbvl wrote:Ek het so n plastiek nuwerwetse wonder nege (glock 17 gen 1) van 1989 wat al meer as 60 000 rondtes deur die pyp het sonder enige probleme of tekens van onveiligheid. Het n Vektor SP1 sport ook en baie goeie wapen. In verskillende klasse en albei goed.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Maak jy die G17 se loop skoon of gooi jy maar, want hy kan?
gbvl
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Wed Feb 10, 2016 6:35 pm

Re: Vektor z88 9mm pistool?

Post by gbvl »

Ek het ligte OCD so maak maar alles gereeld skoon.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Jjjbay
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Wed May 03, 2017 7:24 am

Re: Vektor z88 9mm pistool?

Post by Jjjbay »

Awesome pistool. Taai en akkuraat. En as jy jou hande op n SP1 kan kry... Vat hom..
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Vektor z88 9mm pistool?

Post by James Wilson »

marco wrote:Hi wat is julle mening oor die bogenoemde pistool?
Rede hoekom ek wil hoor is ek kan een nou koop wat baie netjies en min gebruik is.. Die pistool sal vir sport skiet gebruik word en sommer as n lekker "race gun" projek as dit moontlik is...

Ek hoor graag van die manne wat pistool skiet ken.. ;D

Ek dink die wereld van n Berretta 92 en ek dink die Z88 is net so goed indien nie beter nie. In ddie vroeg 90's het die weermag begin om ons met Z's uit te reik. Miskien is ek maar net lojaal oor wat ons manne in isolasie kon regkry, maar dit is n fantastiese pistool.

In my eenheid was sport n groot ding en het baie manne het praktiese pistool geskiet. Hier kon die die skuts nie die Z kry om vinnig genoeg na hulle behoeftes te skiet nie. Hulle het gate in die sluitstuk laat boor deur die tiffies, en snellers verander maar die Z was net te lomp of stadig vir wat hulle wou doen. Die meeste manne het dan die CZ 75 gekies as hulle kompetisie pistool, maar dan die Z gedra vir algemene werk.

Nooit ooit n Z gesien stoor nie. Nooit!!
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Vektor z88 9mm pistool?

Post by Alwin »

Jjjbay wrote:Awesome pistool. Taai en akkuraat. En as jy jou hande op n SP1 kan kry... Vat hom..
Vir 'n beginner in IPSC Open Division sal 'n Vektor SP1 (of 2) Sport of Ultrasport dalk 'n goeie keuse wees.

As jy ernstig is oor jou plek op die nasionale ranglys, sal 'n 1911 (of 2011) gebaseerde, doelgeboude pistool in 38 Super kaliber die regte keuse wees. Hulle kos omtrent soveel soos 'n tweedehandse bakkie...
zipp
Full Member
Full Member
Posts: 117
Joined: Tue May 14, 2013 9:03 pm

Re: Vektor z88 9mm pistool?

Post by zipp »

Alwin wrote:
Jjjbay wrote:Awesome pistool. Taai en akkuraat. En as jy jou hande op n SP1 kan kry... Vat hom..
Vir 'n beginner in IPSC Open Division sal 'n Vektor SP1 (of 2) Sport of Ultrasport dalk 'n goeie keuse wees.

As jy ernstig is oor jou plek op die nasionale ranglys, sal 'n 1911 (of 2011) gebaseerde, doelgeboude pistool in 38 Super kaliber die regte keuse wees. Hulle kos omtrent soveel soos 'n tweedehandse bakkie...

...........Wat nie te baie jaare oud is nie!!!
Post Reply