LEEUJAG

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

LEEUJAG

Post by PITSMIT »

Plaasboer adverteer in landbou weekblad van n ou leeu op sy plaas wat die skape vang en nooi enige iemand om die leeu te kom skiet.
Na so maand of twee is die boer radeloos en weet nie meer watter kant toe nie want die ou leeu is erg uitgeslape en die manne het al opgegee en op n dag staan hy toe so op die voorstoep en drink sy eerste koffetjie van die dag toe hy so in die v?rte n stofstreep in die pad sien aankom.  Toe die gevaarte nader kom sien hy dis so ou gaar peugot bakkie en by die eerste hobbeltjie in die pad trek die een wieldop ook sommer doer in die veld in. Die gevaarte stop daar op sy erf in n stofwolk en daar klim so maar seningrige k?rel uit en stap om die bakkie na die passasier kant toe.  Hy haak toe die ander deur af want die skaniere is afgeroes en daar spring so n fris klein chiuaua hondjie uit en draf baie agessief daar rond.  Sy skouertjies lyk of hy uit die gim uit kom.  Agter op die ou bakkie sit toe so ou klong met n grys baard en n geroeste .22  Die boer vra of hy kan help en die jong man se ja oom ek het die leeu kom doodmaak.  Na sy lagbui bedaar het s? hy vir die kerel hy mors sy tyd want groter jagters met beter toerusting het al kom probeer en hulle het almal op hulle m@&r gekry by die ou leeu.

die outjie s? oom moet asb nie my tyd mors nie ek het n besige dag voor my.  Heel verontwaardig vir die mannetjie se arrogansie s? die boer hulle kan maar ry maar met sy bakkie want daai ou skedonk gaan dit nie maak in die veld nie.

so kom hulle toe by n randjie en die boer s? hy moet gaan soek daar tussen n digte klomp bome want dis waar die ou leeu gewoonlik l? die tyd van die dag.  Hulle help toe die ou klong agter van die bakkie af en die boer s? hy gaan maar hier wag.  Daar gaan die verlepte mannetjie sy hondjie en die outa met die geroeste .22 toe teen die randjie op en kry sommer gou die ou leeu in n boom.  So rats soos n luiperd is die mannetjie in die boom en gaan sit reg voor die leeu en klap hom teen sy kop laat hy sommer steier op die tak.  Die leeu kap na hom maar hy was reg en ry die die hou so toe mis die leeu.  Na so minuut se staar klap die outjie hom weer maar die keer met die ander hand en die leeu steier weer en kap weer na hom maar mis weer.  Na so 5minute se staar mik die outjie toe met die een hand maar klap met die ander hand.  Die ou leeu was dit nie te wagte nie en verloor sy balans en val uit die boom.  In n oogwink het die hondjie die ou leeu beet aan die "kroonjuwele" en byt vir n vale.  Na klomp minute se grom en stoei en snot en hare en stof slaan die ou leeu morsdood neer van n hart aanval van die pyn.

Heeltemal oorstelp van verbasing hardloop die boer teen die rant uit en skud die outjie se hand.  Net voor ek jou betaal ou kerel wil ek net eers gou n ding weet s? hy toe vir die outjie.  Jou tegniek verbaas my ek het dit nog nooit gesien nie maar waarvoor is die outa met die .22

Dis maklik oom PARTYKEER KLAP DIE LEEU MY UIT DIE BOOM UIT DAN MOET ONS VINNIG DIE HONDJIE DOODSKIET :D :D ;D ;D :D :D
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: LEEUJAG

Post by BLOK »

Klink vir my na kontaksport(s) waar n man erg kan seerkry. ;D

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: LEEUJAG

Post by Skolla »

Ook die dat die man so lekker kan koes!!
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: LEEUJAG

Post by Ponkie »

Oom Pitsmit

Haha! ;D ;D Dis 'n baie goeie storie! Ek het nou lekker gesit en lag terwyl ek eintlik Bestuursrek moet swot! Ons skryf mos op blerrie Saterdae oggende ons predikaat toetse!

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: LEEUJAG

Post by PITSMIT »

sterkte met die toetse ponkie
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
Post Reply