Stukkende Leica 1600b

Post Reply
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Stukkende Leica 1600b

Post by Arnold »

Ek kom by die skietbaan en stel my teiken op teen die wal. Toe ek my Leica uithaal om die afstand te meet wys hy net 'n blokkie. Hy wys steeds die hoek, temp en druk maar wil nie range nie.

Ek kon nie glo die rangefinder is gebreek nie en probeer toe eers 'n nuwe battery aangesien ek vermoed het dit was die probleem. Wel die uiteinde was dat dit die battery was ;D

Moral of the story ... koop 'n ekstra battery vir jou rangefinder as jy afhanklik gaan wees van hom. En dan vir die ouens wat hierdie nog moet ervaar, nou weet julle wat gebeur as die battery van 'n Leica 1600B begin pap raak.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Stukkende Leica 1600b

Post by Geno »

Die rangefinder waarsku jou as die battery amper pap is.
Die display flikker, wat beteken jy kan nog +-100 maal range voordat die battery klaar is.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Stukkende Leica 1600b

Post by Arnold »

My display het gladnie geflikker nie. Ek het nog die pap battery en sal dit weer toets. Hou hy weer op met flikker na 'n tyd?
Al die funksies het gewerk behalwe die rangefinder.
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: Stukkende Leica 1600b

Post by Williel »

Ek het dieselfde ondervinding gehad. Laat man nogals sweet as die ding skielik nie wil werk nie. Nou het ek n spaar battery wat altyd saam gaan. ;D
Groete, Willie
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Stukkende Leica 1600b

Post by Geno »

Ek het nognie genoeg gerange om 'n battery op te gebruik nie. Ek gaan maar op dit wat die boekie sê/
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Stukkende Leica 1600b

Post by Smitstertjies »

My Leica 1600 se battery moes ek ook laas week vervang. Hy het nie geflikker nie, net ophou range. Gelukkig het ek n spaar battery by my gehad.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 448
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

Re: Stukkende Leica 1600b

Post by Basjan123 »

Arnold daai Leica is stukkend..........jy kan hom maar aanstuur ek pm jou my adres ++>: ++>:
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Stukkende Leica 1600b

Post by Gawie(13mm) »

Dit het met my ook gebeur Arnold. Ek was nog nooit so bly om soos 'n poeph@l te voel toe Kallie sê ek moet die battery vervang nie. ;D
Deesdae is dit nommer een op my lys; voor geweer, slot en ammo!
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Stukkende Leica 1600b

Post by Arnold »

Dink net hoe lag die manne vir al die Leicas wat terugkom vir warranty claims en dan is die battery pap :)
Post Reply