Skoonmaak van doppe

Post Reply
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Skoonmaak van doppe

Post by Hein M. »

Hallo vriende!

Terwyl ek gister besig is om my 223 se doppe skoon te maak wonder ek toe hoeveel ouens en vrouens ook my metode gebruik.
Die meeste herlaaiers gebruik tumblers.? Ek het nie destyds - of nou - soveel geld gehad om een te koop nie.? Skoon doppe is vir my 'n moet, dus het ek maar kers opgesteek by ander, ervare manne.? Die metode om die doppe te was met kremetart (Cream of Tartar) en Sunlight Liquid werk -vir my- by verre die beste.

Jy gooi een pakkie Kremetartpoeier in 'n halfliter louwarm water in 'n 2l bottel en voeg dan 'n eetlepel Sunlight Liquid by. Meng goed.? Gooi 20-30 vuil doppe in en skud die bottel vir 5 minute.? Laat staan indien die doppe baie vuil is vir nog 10 minute en skud weer.? Gooi die mengsel uit en was die doppe baie goed met skoon water.? Vee droog af met 'n handdoek en sit regop in die son om droog te raak.? Siedaar.? Jy het nog nooit so 'n mooi dop gesien nie. ;D

Ek doen dit al vir 10 jaar met groot sukses.

Watter ander dopskoonmaak metodes weet julle van??
Last edited by Hein M. on Sun Apr 19, 2009 2:43 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Skoonmaak van doppe

Post by Yalair »

Hein
Wynsteensuur werk uitstekend, metode dieselfde as wat jy doen.

Groete
Ben
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Skoonmaak van doppe

Post by Gerhard »

Vir geweer doppe gebruik ek die wynsteensuur en warm water metode.

Ek gebruik glad nie tumbler vir geweer doppe nie. Het al by paar verskillende plekke gehoor as jy geweer doppe in tumbler gooi beskadig dit die doppe...

Maar vir pistool doppe is daar niks wat die tumbler beat nie...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Skoonmaak van doppe

Post by Christo »

Yaliar & Gerhard

Ek stem saam met julle resep. Dit werk goed.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Porcus
Newbie
Newbie
Posts: 16
Joined: Sun Apr 12, 2009 5:01 pm

Re: Skoonmaak van doppe

Post by Porcus »

Vir die manne wat wel tumblers gebruik, n woord van waarskuwing.
Moet NOOIT n klaar gelaaide patroon in jou tumbler gooi nie. Hulle lyk natuurlik tog te pragtig en mooi, maar pasop !
Die kruit wat jy gelaai het se ontbrandingstempo het nou verander, en nou is jou rondte gelaai met
n mengsel van S121 en MS 200. Ek het by n baie bekende geweersmid gewerk en dit was/is die praktyk om gelaaide patrone te tumble vir n mooier voorkoms.
As daar van julle is wat dit al baie gedoen het sonder enige probleme, jy is gewaarsku.
Kontak maar gerus vir SOMCHEM om sekerheid te kry.

Lekker Laai
Sallie
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Skoonmaak van doppe

Post by Caller »

Hein en ander

Ek het vir my 'n tumbler gebou vir ongeveer R120-00 en tumble al my doppies. Het nog nooit gehoor dat die tumbler die doppies beskadig nie en kan wragtag ook nie dink dat dit kan gebeur nie.

Ja ek gebruik ook die wynsteensuur en Sunlight Liquid in gelyke dele op louwarm water al vir baie jare. Hierdie mengsels is almal 'n vlou suur oplossing en vreet letterlik jou dop skoon. As enigiets jou doppe gaan beskadig met die skoonmaak proses, dan is dit hierdie brousels.

Ek maak my erge vuil doppe met hierdie mengsel skoon en tumble hulle ook nog daarna. Dan het jy nou eers mooi doppe.

Die manne wat dit nie weet nie, hierdie selfde brousel, maak gifskieters ook lekker skoon, probeer dit gerus.

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Skoonmaak van doppe

Post by WillJak »

Caller, vertel bietjie van daai tuisgeboude "tumbler"?
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Skoonmaak van doppe

Post by Caller »

Willjak

Man, hier in Bloem is 'n plek (het die naam vergeet) wat "exrtactor fans" verkoop. Die tipe wat in 'n opening ingebou word. Dit is basies net die elektriese motor (220 volt) met die "prop" binne in 'n ligte ring (prop protector) wat klaar aan die motor gemonteer is. Jy kan 'n ander klein 220 volt motor ook gebruik, maar die kontrepsie waarvan jy hier lees is amper klaar 'n tumbler. Myne het 'n paar jaar terug R100-00 gekos.

Nou boor jy drie gaaitjies (dit moet drie wees) in 'n pervekte driehoek in die ring van die prop protektor. Deur hierdie gaatjies skroef jy typerd-springs vas van so een en 'n half duim. Laat staan die springs op 'n stuk plank wat net groter as die ring is en skroef die springs op die plank vas met wasters. Die kontrepsie rus bo-op die springs met die motor na bo. In een van die prop se blaaie boor jy 'n gaatjie vir 'n nommer dertien boutjie. Skroef 'n kort boetjie en moertjie deur die gaatjie vas. Dit gooi die prop se balans uit en laat jou tumbler wibreer.

Die agterkant van die motor het reeds vier gaatjies wat getap is vir nommer tien boutjies. Hierdeur skroef jy nou een van mamma se ronde tupperware bakke vas, sodat laas genoemde mooi senter is. Koppel die motor aan 220 kragprop, gooi grit en doppe in die tupper bak, druk die dekse styf op, skakel aan en siedaar, skoon doppe vir 'n paar rand. Geen tierlantyntjies nie.

Die waaier hou sommaar die motor terselfdertyd koel.

Ek het 'n nog eenvoediger tumbler patent en dan nog die windlaaier tumbler vir die groen jakkalsjagters, wat hulle "carbon footprint" wil verminder terwyl hulle sommaar besig is om die die jakkies se footprint te verminder.

Caller     
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Skoonmaak van doppe

Post by JACQUES BOTHA »

Caller
N tumbler werk met iets wat jou doppe skoon maak(skuur) en of dit net die vuilgoed afskuur weet ek nie, so jou doppe word elke keer dunner as jy dit in die tumbler  gooi...
so jy verkort jou doppe se lewe deur dit skoon te maak.

ok ok  ;D ;D ;D :o :o :o

maar die voordeel is:
jy skiet hulle vodde voor die inhoud van die tumbler hulle kan deurskuur..
en wat nou ...
tumble maar jou doppe ---jy sal nie skade kry nie....die ergste wat gebeur is dat jy dalk jou tubler eendag gaan vervang....
en dit kos dan weer geld
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Skoonmaak van doppe

Post by Christo »

Caller

Ek watch jou.

Eers TV personality dan carbon footprint bewus. Lyk vir my hies 'n greenie spy in ons midde.

;D  ;D  ;)
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Skoonmaak van doppe

Post by Caller »

Christo

Sjeuuuut man, nie so hard nie.

Caller 
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Skoonmaak van doppe

Post by Hein M. »

Ons leer meer!

Dankie ouens.  Lyk my ek kan ook 'n "tumbler" h?... ;D

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Skoonmaak van doppe

Post by Christo »

Hein

Koop een, dit is dit werd.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Post Reply