Goeie Môre Kenners
Ek het probeer soek maar kry niks nie.
Ek gaan oor n week of wat na my Pa toe op die plaas. Hy het probleem met rooi katte. Ek het al vir hom n paar vang hokke gebou waarmee hy al n klomp gevang het maar dan is daar die wat nie in n hok of yster kom nie.
Hoe gaan n man te werk om n kat in te roep?
Help my om my Pa te help asb.
Groete
Rooi kat
-
Guillaume Nel
- Newbie

- Posts: 10
- Joined: Sun May 01, 2016 8:28 am
Rooi kat
Elke dag is n Leer skool...
CZ .22lr bull barrel, Tikka T3X .243 Varmint

- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Rooi kat
Guillaume, jy sal vir Louis op die lug moet kry. Hy verstaan kat en hond .
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17

- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Rooi kat
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=6&t=41362
Die paar wat ek ingeroep het al het almal op hase en springhase ingekom.

Goed, beter, 6millimeter!
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Re: Rooi kat
Hallo Guillaume , eks bietjie nuuskierig, hoe groot is jou hokke?, het hulle een val hek of twee?
-
Guillaume Nel
- Newbie

- Posts: 10
- Joined: Sun May 01, 2016 8:28 am
Re: Rooi kat
Jackalsniper
Ek plaas foto van vanghokke.
Ek plaas foto van vanghokke.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Elke dag is n Leer skool...
CZ .22lr bull barrel, Tikka T3X .243 Varmint
CZ .22lr bull barrel, Tikka T3X .243 Varmint
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Re: Rooi kat
Dankie vir foto's, lyk lekker om hulle in daai sand te stel
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Rooi kat
Guillaume, daai hokke lyk regtig netjies.
Sien Heinz reken ek moet komentaar lewer hier, maar hy gebruik die heuningkwas muldelik ... leer ook maar nog. Wat katte so effe moeilik maak om te roep, is om te weet waar hulle vanaand is. Hulle loopgebied is groot en anders as by 'n jakkals wat gewoonlik baie tyd in 'n klein area spandeer (kerngebied), weet man nie waar die kat vanaand gaan wees nie. Faktore wat jou kanse verbeter op die kat te roep, is as jy 'n vars vangs kry, om daardie selfde aand van skemer af in daardie omgewing te wees. 'n Dag of 2 na die vangs mag dalk al te laat wees. Dit verbeter jou kanse aansienlik. Ek glo ook dat katte wat honger is, baie maklik inroep, maar 'n kat wat dik gevreet is sukkel jy mee. So, as katte (soos ek vermoed) saam met die maan jag, mag dit jou kanse verbeter as jy op aande wat die maan eers bietjie na donker opkom, voor die maan op is na hulle soek in randte of rivierlope waar hulle normaalweg op die spesifieke plaas sal hou. Ek hou daarvan, as ek na 'n kat soek op net so 10-15 minute te roep op 'n plek, dan so 700m-1km aan te skuif (na gelang van die terein, hoe moeiliker die terrein, hoe kleiner maak ek my "spronge") Ek sal dan al langs die reeks koppe/randte/ rivierlope waar katte normaalweg hou langs roep, maar belangrik is om dan weer op te draai en terug te gaan al langs jou spoor en weer kort tydjies daar te roep (m.a.w "backtracking")
Ek glo nie daar is 'n "geheime" klani om rooikatte mee in te roep nie ... ek het hulle al op verskillende "prooi-in-nood" ingeroep, maar my gunsteling klank om hulle te rorp is maar 'n vlakhasie, of selfs 'n fluitjie ... ek dink katte hou daarvan om op fluitjie klanke in te kom.
Grootste truuk is maar om daar te wees waar die kat min of meer is, dan het man sukses. Baie keer moet die geluk ook maar aan jou kant wees. Hoop die paar "pointers" kan dalk help ... gaan roep die katte by vars vangste of waar hulle geneig is om te bly, voor die maan opkom.
Mooiloop

- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Rooi kat
Mooi verduidelik Louis
Mooi loop
Mooi loop