Ek merk op dat ek 'n fout began het ..... om by 'n "vertrek" vol vreemdelinge in te stap sonder om myself voor te stel. Jammer!
Ek is Johan ('n Engels spreekende een).
Ouderdoms gewys is ek aan die noordelike kant van die gemiddelde maar darem nie vol nonsens nie!
Ek het 'n passie vir skiet en beoefen meestal die sport saam met 'n klein groepie vriende op 'n 1,000m private skietbaan in die Baltimore, Limpopo, omgewing.
"Plaaslik" sal jy my redelik gereeld by of SWAT of Roodepoort of Surefocus kry.
Gewere gewys:
300WM vir ver skiet; meestal papier en gongs
30-06 vir jag
243 AI vir medium afstande op papier en gongs
22 Hornet vir sommer net
357 mag vir indien iemand ongenooid my besittings wil neem of my familie se veiligheid skade wil aandoen.
Ek herlaai of soos ek daarna verwys: speel doppie-doppie
O ja, en dan boog ek ook.
Lekker om deel van die groep te wees.
Groete
Johan


