Piet-Skiet
Voor jy daai potjie se prop oopdraai.. sorg dat jy:
A: Genoeg tyd
B: Genoeg Lappies
C: Genoeg elbow grease en geduld het..
Jy nou gedink het jou geweer se loop is klaar mooi skoon, dan sit jy nou 'n lappie met 'n lekseltjie van daai vaal putty op.. an dan poets jy vir hom.... ek het daai dikloop Howa van my al geplolish dat hy voel of jy vinnig 10 skote deur hom gejaag het.. WARM!!
Maar dit werk.. Dis nie vir elke keer se skoonmaak se gebruik daai nie, my siening..
Lekker Poets
JM
JB bore paste
- Jeagermeister
- Sr. Member

- Posts: 343
- Joined: Wed Jul 14, 2010 5:14 pm
Re: JB bore paste
.22 Slazenger
.22 BRNO Deluxe
243 HOWA Varmint (Die "Hulk" herdoop nou na "Shrek")
6.5x57 Sauer 200 LH
30-06 Sauer 200 LH
300WM Ruger M77 LH
R1
LM4
SKS
en dan nog die vuisgewere....
.22 BRNO Deluxe
243 HOWA Varmint (Die "Hulk" herdoop nou na "Shrek")
6.5x57 Sauer 200 LH
30-06 Sauer 200 LH
300WM Ruger M77 LH
R1
LM4
SKS
en dan nog die vuisgewere....
-
Gerard
Re: JB bore paste
Dit werk baie goed en ek kan dit sonder voorbehoud aanbeveel. Enige vlekke op die blink metaalwerk van 'n motor kan vinnig verwyder word en dit laat 'n mooi gepoetste afwerking. Waar metaalparte van 'n pistool 'n bietjie grof is kan mens 'n gladder werking kry deur met JB te poleer. Gebruik dit net op vlakke wat nie verblou is nie, dit haal verblouing vinnig af. Dit is minder geskik vir rewolwer aksies, die toleransies is dikwels te kritiek en mens moet dit maar vir 'n ervare wapensmid laat om daar te gebruik.Manne se my hoe gan mens tewerk met die goed? Dis jultemal nuut vir my
-
Gerard
Re: JB bore paste
Pietskiet,
Wat is daar buite op die loop wat jy wil bykom? Moet dit asseblief nie binne in die loop gebruik nie.
Wat is daar buite op die loop wat jy wil bykom? Moet dit asseblief nie binne in die loop gebruik nie.
- WillemS
- Sr. Member

- Posts: 385
- Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm
Re: JB bore paste
Ludwig
Soos ek Oom Gerhard verstaan en uit vorige skrywe van hom wat ek al gelees het is Jb Bore paste 'n verbode middel binne-in 'n loop! Dit verander die loop se dimensies, slegs 'n paar mikron maar genoeg om 'n verskil te maak!
Vir 'n verduideliking met baie meer detail moet hy maar self praat indien nodig!
Willem

- Boesman
- Sr. Member

- Posts: 447
- Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm
Re: JB bore paste
Manne, enige skuurmiddel of paste vat metaal weg (of wat ook al waarteen dit skuur). Wil 'n mens regtig metaal uit 'n loop uit haal? Wil 'n mens regtig hoekige lands en grooves rond maak deur dit weg te skuur? Ek skiet eerder myne rond, en dit vat 'n hele paar duisend skote. Dan herloop ek...