Herlaai .243win

Post Reply
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Herlaai .243win

Post by Freddie101 »

Lees al  heeltyd al die manne se insette. Het nog nie self deelgeneem  nie, maar sien daar is heelparty kundige manne (en humoristies). Dit lyk my die rigting wat die meeste jak jagters inslaan is om langer afstande te skiet so dit gaan oor platskiet.
Het n .243 w waarmee ek skiet. gebruik op die oomblik 85gn siera gameking maar na ek  bietjie op gs bullets se webw opgelees het wil ek na 69gn hv oorslaan. Sal graag wil weet of daar ander manne met ondervinding is hiermee en indien wel met watter kruit. Het iewers gesien dat Johan met gs bullets te doen gehad het. Lyk my mens kan die spoed heelwat opstoot met die koeels.
Ek is n boer en ons het ook baaie probleme met die jakkies.
groete freddie     
yol bolsun
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Herlaai .243win

Post by raychell »

Freddie
Ek het baie van Gerrie se Ko?ls getoets,hulle is almal vir jag gemaak ek sal voorstel probeer 'n 65gr Vmax van Hornady,die ko? kan spoed vat en ontplof lekker dit is ook Tafjak se gunsteling.
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Herlaai .243win

Post by johan »

Freddie
Noudat my en ou Tafjak se Uglys "uitgewerk" is weet ek ook nie meer nie ;D
Die 65gr V-max is goed,in die selfde klas is dan die 70grBlitzking van Siera,my gunsteling!
Die V-max is egter die sagter een na my mening.

johan
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
tafjak

Re: Herlaai .243win

Post by tafjak »

Ou Fred

In my herlaaikas is presies 41 65g V-maxpunte oor! Daarna sal ek na 2de keuse moet gaan en dit is 70g Sierra BK en my rede is:

1.Sleep oppervlakke ( plek vir groewe) is groter by v-max en dit verroorsaak dat dit makliker gestabaliseer word.
2. Die 243 win is 'n  perd vol nonsens en na my mening die fabrieks kaliber wat die moeilikste laai.

Raynie en Johan ken my herlaaivermoe en die v-max is baie meer forgiving as enige ander koeel wat ek al getry het. As jy spoed soek in 'n 243 gaan jy 1ste Berger en dan Sierra toe. Ek het 65g V-maxe in my 243 A teen 4200 fs geskiet, die PMP-doppe het ses skote gehou en Winchesters net 3-4 (5 skote met top van 4219 en laag van 4195). Op darie staduim was die loop 29 duim en die ladings (en ek aanvaar geen verantw vir die malles nie) was 50.2g S365 en PL 67.5mm.

Ek skiet die Hornady en Blitzkings nou teen 3800 fs en met 'n 25 duim loop. Die voordeel van AI teenoor std is dat jy die spoed kry sonder enige druk. Jy kan moontlik baie naby aan dit kom met 'n straight 243, maar teen 'n baie hoer druk. Hoekom lyk my spelling so verdag? Wonder of intensiteit van die vlam in 'n kamer nie meer die ysteluis is as die lengte van die dop se nek nie?

EK BLY 'n 243-MAN DEUR DIK EN DUN!!!!! Kry vir jou 'n sterk aksie en skiet hierrie 22-manne dat hulle skrou. Ek wens net ek kan skiet.

Groetnis

Taffie
Last edited by tafjak on Tue Jan 20, 2009 5:21 am, edited 1 time in total.
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Herlaai .243win

Post by Freddie101 »

Dankie vir julle insette
Ek laai al npaar jaar maar is nou nie juis n fundi nie.Het probleme met doppe gekry wat doughnut in dienek gemaak het en toe uitgevind dit is n probleem by 243. Skietwnkel se mense het my toe op winches. doppe gesit en nog nie weer gekry nie maar skiet nou nie so baie nie.
My geweer is n gewone musgrave met 24 duim loop. Een van die eerstes. Dink 1979 se kant. Weet nie wat se  model nie maar baie akkuraat.
Dit lyk my julle skram bietjie weg van die solids. Is dit dat julle bang is vir kwes of die prys. Die ding wat my aantrek is dat hulle laer druk en langer looplewe en spoed claim.
Dit is groot spoed waarvan julle praat. Kan jy so baie s365 in daardie dop inkry taffie .
Sjoe my vingers raak nou dom.
Freddie   
yol bolsun
tafjak

Re: Herlaai .243win

Post by tafjak »

Freddie

Jy kry 53 g S361 en 50.2g S365 maklik in die winchester doppe, maar sukkel in die PMP. Die PMP doppe moet jy bietjie tap op tafelblad en met 'n gesukkel sal jy dit inkry.

Ek het nooit gejag met darie ladings en spoed nie, maar met 'n Lyttleton asksie kan jy nogal baie regkry. Met die laer spoed en druk hou die doppe vir omtrent ewig (tot hulle verloor).

Ek het verlede jaar in die Langkloof Weskaap gejag en was uit voorraad met die V-maxe en het 68g Bergers (baie harder) gebruik. Na vier jakkalse op 'n afstand van nie verder as 150m nie wegraak in die lang renosterbosse het ek regtig eers die waarde van sagte koeels besef en waardeer. Met die jakkalse wat weggekom het nadat hulle geskiet is kon ek omtrent 'n nuwe loop gekoop het. Ons het toe darem een van hulle die volgende dag gekry, 80m verder. As jy in digte groei jag hou maar by darie sagte koeels. Toets ook eers, daar is maar oral sharks in die bedryf. As ek die Nosler ballistic Tip in die hande kan kry sal ek hulle ook 'n bietjie try.

So oor loopvretery hoef jy nie regtig te worry as jy vir geld skiet nie. Sorg dat jy darem so 2000 skote kry en gebruik die geweer waarvoor hy gemaak is, nie vir voeltjies en ape skiet as dit jou jakkals of kat roer is nie. Daar is te veel mense wat hulle bekke rek oor hierdie hoespoedgewere as jy dit so kan noem en dan word alles om die huis daarmee geskiet. Nie lank nie en die ding wil nie meer groepeer nie nou's dit sommer str...t! Ek het my les al beide kante geleer. Kyk mooi na darie roer en hy sal bitter mooi na kyk!

Ek wil enige man uitdaag om my 'n swak kaliber en dop te noem, op een voorwaarde dat hy sommer saam die rede noem. Onthou ek is nie 'n geweerkenner nie, maar jy kan net 'n 13mm nut met NET 'n 13mm spanner vas of losdraai. 'n Bobbejaan- of shifterspanner strip kort voorlank sy moer.

Vriendelike groete.

Taffie

N.S. Lekker geweer darie Musgrave van jou, ou Slingervel is 'n afstammeling van joune.

Groetnis

Taffie
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Herlaai .243win

Post by johan »

Te koop:
22-250ugly reamer(nog net 2x gewerk)
6mmrem ugly reamer (splinternuut)

Ek is nou genees van hoe spoed! ;D

kontak johan sel 0821234567
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Herlaai .243win

Post by raychell »

Naand Taffie
Lekker geslaap?Baie dankie vir jou persoonlikke en eerlike antwoord.
Ek het Hein gevrae dat hy vir ons 'n spel toets program moet inbou Michell raak nou moeg dat ek haar so moet laat werk.
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
tafjak

Re: Herlaai .243win

Post by tafjak »

Dag Raynie

Moenie dat spelwerk jou worry nie. 'n Goeie begrip het in elk geval net 'n halwe woord nodig.

Groetnis

Taffie
tafjak

Re: Herlaai .243win

Post by tafjak »

Sorry Johan

Ek glo nogsteeds aan improvement op 'n dop, jy kan soveel meer uit dit kry. "Speed kills" maar nie noodwendig nie.

In alle geval het jy nodig om die improvements te doen om die spoed op die std dop op te stoot. Jy kan van alle kante die storie bekyk en dan sal jy die nut van AI sien, onontbeerlik sou ek se in ons geval!!!!!

Tyd is egter nou min sal more die storie weer onder hande neem.

Groete

Taffie
Last edited by tafjak on Tue Jan 20, 2009 5:25 am, edited 1 time in total.
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Herlaai .243win

Post by johan »

Sorry Taffie

Ek het nou my bedenkinge ontrent die hele Ackley besigheid(ek mors nie koels as ek fireform nie,ek fireform iets daarmee dood!)Is dit nou als die moeite werd?
Sou ons nou regtig minder ondiere nader aan ons skiet met std kalibers?Is dit nou regtig soveel moeite om die Landy te start en nader te ry?Of om beter te roep dat vlekkie nader kom?

Klink my ek moet die ugly goed bere en maar weer my trippel deus nader trek,bly maar n lekker gunnietjie daai.

Se my Raynie,maak hulle n ugly in trippel deus?

johan...QBE
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
tafjak

Re: Herlaai .243win

Post by tafjak »

Johan

Jy moet tog 'n bietjie kyk watter gewig koeels die Ackleys beter doen, die swaarder koeels of nie. Ek het nog nie toets gedoen nie, maar kan onthou dat die standaard 243 die 87g v-max teen 3250 fs geskiet het en dit was maximum. Die Ackley met dieselfde ( half duim korter) lengte loop skiet teen 3420 fs. Sal dit nog eendag met ligter koeels toets.

Ek dink mos nou eers dat dit my geweer is en ek hom so vinnig ek wil kan skiet.

Taffie
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Herlaai .243win

Post by jaracal »

Johan/Taffie
As jy Raynie se redenasie neem van die drukking, oorlaai die meeste ouens die ackley doppe om daai spoed te kry. Ek het my verste skoot van 429m met 'n gewone 22-250 geskiet. Gebruik 'n ligter punt met 'n standaard kaliber en jy bereik ook 'n hoe spoed. Wind effek op 'n jakkals lyf grootte is maar min tussen 'n 45gr en 55gr op die 22-250 op 300m, so ook 'n 55gr en 70gr op die 243 op 300m.
Maar net my 2c gedagte na vele gespook met die ackleys. Ek is nou oppad na die wssm, gelukkig is hulle standaard kalibers.

Groete
H
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Herlaai .243win

Post by johan »

Hein
Die wssm het betrekking:....my Zim 2c
Reamer sal jy ook self moet inbring,so-ook die doppe en die dies en die go/nogo
Sal daai vet ouens glad voer in jou aksie?
As jou slot se kop eers gesny is,is dit gesny :o
In die VSA is dit std, maar hier by ons........ek weet nie

Ek het eerlikwaar nog nie blootstelling aan die wssm gehad nie
Wees jy asb ons proefkoenyn ;D ;D
Taffie en ek lek al lippe af

johan...QBE
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Herlaai .243win

Post by jaracal »

Ek het met die dasher gesien dat die vet doppies net goed voer in die sako, die remington het maar geknetter om selfs die ackley doppe te voer sonder 'n verandering. So my Sako sal die proefkonyn wees. Die remington hou ek std 22-250.

Gelukkig kan 'n ou die gewere standaard koop by 'n wapen handelaar as 'n ou nie die kans wil vat nie, maar is die reamer wat vir 'n spesifieke punt ontwerp is net die regte medisyne. gelukkig word geen fire-forming gedoen nie.

Groete

H
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Herlaai .243win

Post by johan »

Hein
Op papier lyk dit goed.Jy het nie dalk n  22 en of 6mm wssm doppie/s te spaar nie?ek wil graag die saak eiehandig en van naderby bekyk.

Taffie het iets laat val van 6mm WSSM AI,ek kon dit nie lekker volg nie. ;D

johan...QBE
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Herlaai .243win

Post by jaracal »

Ek mag verkeerd wees maar ek dink die 243 wssm is reeds so ontwerp dat dit maksimum skouer grade ens het, maw ge-ackley.

Ek sal jou een aanstuur sodra ek van hulle kry. Ek kry 'n paar kliente en gaan hulle vra om so 200 of wat doppe saam te bring.

Groete
H
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: Herlaai .243win

Post by johan »

Hein
Mooi man,maw dis is nou n std 243 WSSM AI..... ;D

Ek en Tafman soek haai ding!

johan...QBE
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
Post Reply