Koste van Punte
-
CobusMeyer
- Full Member

- Posts: 135
- Joined: Sat Dec 28, 2013 8:57 am
Koste van Punte
Hi Julle
Met die verswakking van die rand en verwante ekonomiese toestande het die prys van patroon punte ook opgegaan. Wat ook die saak moeilik maak is jy kry nie altyd dieselfde goed in die hande en moet dan weer lading onwikkeling doen, alles kos n arm en n been. Wat stel julle voor as n bekostigbare en beskikbare punt, vir 30.06 en 243
Vir 30.06
Bosveld skiet - Blouwildebees / Koedoe / Rooibok ens wat sal n goeie bekostigbare punt wees om te koop vir n 30.06
Vrystaat Vlakte skiet - 160m, Rooihartbees, blesbok Swartwildebees
Vir my 243?
Hoor graag van julle
Groete
C

- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1841
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: Koste van Punte
Claw of Quest? Sien hulle is nie baie gewild op die forum nie, maar as hulle groepeer in jou geweer kan dit lekker werk. Beskikbaar en bekostigbaar.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Koste van Punte
Kontak vir Johan Kriek op die forum. Sy monos is die helfte van die prys as Barnes en Hornady gmx.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- OomMatt
- Full Member

- Posts: 197
- Joined: Tue Nov 17, 2015 1:48 pm
Re: Koste van Punte
Ek weet dat ons almal nie altyd kan , of in die posisie is om groot maat te koop nie , maar ek het hele paar terug gesit met dieselfde probleem. Het maar toe gereeld blomme gekoop vir die ou duifie , en as sy vra wat soek ek , net gese ek is lief vir haar en maar so elke nou en dan , saam die blomme by die huis gekom met plastiek sak vol koeels. Na gelang van geweer en aanwending , ook hoe gereeld , het ek tot 500 per slag gekoop , en lag nou lekker vir die wat nuwe pryse moet betaal.
Hoor ook goeie stories van Frontier se Spartan , is nie duur nie , en gaan Vrydag my 150's haal vir 30-06 wat ek graag n go wil gee , al sit ek nog met so 350x150's in TSX en so 200x180gr in Nosler Accubond.
Hoor gerus op forum by manne wat Spartan skiet

It's not whether you get knocked down …….. It's whether you get up!!!!
They may damage your pride , but never give them the
power to crush your spirit.
They may damage your pride , but never give them the
power to crush your spirit.
- henried
- Hero Member

- Posts: 2344
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Koste van Punte
Is daar 'n website?joe rocket wrote:Kontak vir Johan Kriek op die forum. Sy monos is die helfte van die prys as Barnes en Hornady gmx.
As ek google kry ek die een: http://sapremiumbullets.yolasite.com/kriek-bullets.php
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Koste van Punte
Dis hy daai! Kriek koele, hulle skiet n koek hou!
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3528
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Koste van Punte
Cobus, jong weet jy ek is nou op n plek dat ek amper net PMP en Impalas kan bekostig. Soos oom Mat genoem het, help nie jy koop net 100 op n slag nie. Koop maar tenminste 200 op n slag..
Groetnis
Groetnis
- Ashley
- Hero Member

- Posts: 1046
- Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm
Re: Koste van Punte
Dis maar wat ek doen, veral met die Barnes. Sodra S&O of ander n special hardloop knyp jy maar ogies toe en swipe daai kaart.
Koop genoeg vir n paar seisoene indien moontlik.
Jy spaar deesdae amper meer deur koeêls vooruit te koop as om jou verband vroeêr af te betaal
Koop genoeg vir n paar seisoene indien moontlik.
Jy spaar deesdae amper meer deur koeêls vooruit te koop as om jou verband vroeêr af te betaal
Groete
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
-
CobusMeyer
- Full Member

- Posts: 135
- Joined: Sat Dec 28, 2013 8:57 am
Re: Koste van Punte
Hi
Dankie vir almal se input, Ek het Johan gekontak en lekker met hom gepraat. Het sommer bestel ook.
Terloops, in my 243 het Barnes x 6mm 85g baie mooi geskiet, die prys vir n boksie is op van R600 na R900. Ashley ek het dus eerder daai geld op my verband gesit en gespaar

- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Koste van Punte
Wel hier is is 2 boksies Barnes 85gr op die forum beskikbaar vir die prys van een nuwe boksie. Kyk daar by die for sale seksie.
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3528
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Koste van Punte
Dink ek moet maar met PMP skiet en net beter leer skiet... Bly maar n hartseer saak! Primers nou net so duur!
Groetnis
Groetnis
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1481
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: Koste van Punte
Armand, daar is al baie bokke met pmp koeels geskiet. As 'n mens die vermoeens van 'n spesifieke koeel in gedagte hou sal hy sy werk doen en nie altyd so slegte reputasie kry nie bv. Met sagte pmp koeels, hou die snelheid matig, vermy groot bladbene ens ens. dan sal die koeel sy werk doen. Die probleem kom wanner manne 'n pmp soft teen 7800fps wil skiet op 'n eland se blad en na die tyd wil se die koeel is &^%.
Verseker is daar beter koeels daar buite wat bonded koeels is met beter bc ens. Maar as jy bly binne die koeel se vermoeens sal jy vleis huis toe vat.
Verseker is daar beter koeels daar buite wat bonded koeels is met beter bc ens. Maar as jy bly binne die koeel se vermoeens sal jy vleis huis toe vat.
-
308Win
- Sr. Member

- Posts: 493
- Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm
Re: Koste van Punte
Net so.Hein22 wrote:Armand, daar is al baie bokke met pmp koeels geskiet. As 'n mens die vermoeens van 'n spesifieke koeel in gedagte hou sal hy sy werk doen en nie altyd so slegte reputasie kry nie bv. Met sagte pmp koeels, hou die snelheid matig, vermy groot bladbene ens ens. dan sal die koeel sy werk doen. Die probleem kom wanner manne 'n pmp soft teen 7800fps wil skiet op 'n eland se blad en na die tyd wil se die koeel is &^%.
Verseker is daar beter koeels daar buite wat bonded koeels is met beter bc ens. Maar as jy bly binne die koeel se vermoeens sal jy vleis huis toe vat.
Neem ook in aanmerking dat 'n koeel uit 'n .30 kal teen 2800f/s gelanseer word, maar selfs met 'n relatiewe goeie BC van 0.5, slegs 2404f/s by die 200m merk oorhet. En 'n PMP Land rover defender BC van bv 0.4 2320f/s.
Speel 'n bietjie met 'n eenvoudige ballistiese rekenaar soos die op Hornady se webtuiste en sien of die wonderkoeels van vandag 'n tasbare verskil in jou persoonlike jagsenarios gaan maak.
http://www.hornady.com/ballistics-resou ... calculator