Heym, 7x57 AI, tactical.

User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Heym, 7x57 AI, tactical.

Post by Gawie(13mm) »

Manne en dames, dit verskaf my groot genot om my nuwe yster met julle te deel. Ek het hom Vrydag middag gaan haal en die aand die aksie in die kolf gepas en gebed. Saterdag het ek die skop kussing opgesit en die kolf geverf. Terwyl die verf droog raak, het ek die slot knop vervang met een van Marco se skeppings.
Die geweer het begin as 'n "nat nuwe" HOWA 30-06. Ek het ''n Heym loop by my plaaslike handelaar gekoop. Die "blank" loop was klaar gekamer vir 7x57.
Ek het die HOWA en die Heym vir Advanced Gunsmithing in Potchefstroom gestuur wat die kamer oor gesny het na 7x57 AI. Hul het die profiel op die loop gesny met 'n 4 duim knoks en taps tot 22 mm by die kroon. Die aksie is haaks gepas en die 26 en 'n kwart duim loop is toe geblou.
Die faktuur is uitgemaak vir R5 500.00.

Ek het 'n Warne 20 MOA basis opgesit en my ou staatmaker Leupoldt Mk4 met sy Burris QD ringe opgeklamp.

Toe jeuk my gat. ;D

Ek het 45 grein 365 in 'n paar doppe gegooi en 162 SST koeëls ingedruk met 'n 0.5mm sprong. Die verf was nog letterlik nat, toe loop die skote. Die spoed was maar 'n beskeie 2600vps. Ek mik na 2750vps. Die QL manne is net so angstig soos ek om hom op ''n node te kry. ;D
Na 15 skote vir loop inbreek het ek die groep van vyf skote op die 25mm plakker geskiet. Daar is 7 skote deur daai plakker!

"I am a happy man!!!!" ;D
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Mobile%20Uploads/20160402_145118-1.jpg
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Mobile%20Uploads/20160402_152226.jpg
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Mobile%20Uploads/20160402_172353-1.jpg

....en voor julle almal met my stry, die lisensie sê HEYM en die kaliber is 7x57 AI. Dit is so op die loop gestempel. 8)
Wie het vir my 'n " Batman" plakker?
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Heym, 7x57 AI, tactical.

Post by Kalahari »

Baie geluk Gawie, geniet die yster.... dit is sommer mooi geskiet daar.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Heym, 7x57 AI, tactical.

Post by PWV »

Baie bly vir jou part! Hoop hy verskaf baie vreugde.

Een puntjie van kritiek. Groen sou baie mooier gelyk het - John Deer-groen! :)
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Heym, 7x57 AI, tactical.

Post by Heinz Petersen »

Baie geluk en alle voorspoed met "Batman". Met al die gewag en bakleiery met CFR en dan nog vroulief wat wil weet wanneer kom die geweer wat jy gekoop het, toon dit die moeite werd. Gaan ons hom sien by Kaapjag se AJV vir die gongs.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Heym, 7x57 AI, tactical.

Post by Gawie(13mm) »

Dankie manne.
Oom Pieter, die groen verf was op. Al wat op die rak was was "Stone chip" swart verf. ;)
Heinz, ek en my trekker is verseker daar. ++>:
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 918
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: Heym, 7x57 AI, tactical.

Post by musgrave270 »

Gawie. Ek dink jy moet n paar rooi LEDs opsit en hom NightRider doop
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Heym, 7x57 AI, tactical.

Post by Smitstertjies »

Baie smart Gawie.

Jy het nou n 7x57 AI H&H ;D ;D
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Heym, 7x57 AI, tactical.

Post by JTM »

Mooi man Gawie. Laaik daai roer kwaai!
Jannie Welman
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Heym, 7x57 AI, tactical.

Post by joe rocket »

Gawie baie geluk die roer lyk baie giftig! Ek dink jy moet hom die swart mamba doop :laugh: Nou kan jy rustig slaap al jou kuikens is weer op hok. >:+
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3071
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Heym, 7x57 AI, tactical.

Post by Apie »

Baie geluk!

Watse kolf is daai Gawie?
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Heym, 7x57 AI, tactical.

Post by Mellies »

Bitter nice!!

Geniet hom!

Met n vleisie...
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Heym, 7x57 AI, tactical.

Post by Gawie(13mm) »

Apie wrote:Baie geluk!

Watse kolf is daai Gawie?
My eie skepping.

Nee wat Jason. BATMAN en klaar. ;D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Heym, 7x57 AI, tactical.

Post by Smitstertjies »

Het jy die Warne rail gebed of net vasgedraai? Jou opinie oor rail bedding?
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Heym, 7x57 AI, tactical.

Post by joe rocket »

Gawie(13mm) wrote:
Apie wrote:Baie geluk!

Watse kolf is daai Gawie?
My eie skepping.

Nee wat Jason. BATMAN en klaar. ;D
Sal vir jou n batman sticker laat kry.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Heym, 7x57 AI, tactical.

Post by LoopSoosStroop »

Mooi man!
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Suikermuis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Thu Mar 21, 2013 9:44 pm

Re: Heym, 7x57 AI, tactical.

Post by Suikermuis »

Geluk Gawie, geniet die nuwe roer
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Heym, 7x57 AI, tactical.

Post by Gawie(13mm) »

Smitstertjies wrote:Het jy die Warne rail gebed of net vasgedraai? Jou opinie oor rail bedding?
Ek het hom net tot die regte spanning op die boudjies, vasgedraai. Ek glo maar dat alles perfek moet pas en sal hom definitief nog bed met "Quick set epoxy". Hoe groter die eweredige dra-vlak is, hoe minder spanning op die skroewe. Ek maak die basis effens grof met 100 grit skuurpapier om ''n meganiese, sowel as chemiese binding te verseker. Die aksie smeer ek dan met waks. Die "Quick set epoxy" is minder as ''n polonie skil se dikte as jy dit reg doen. Onthou om waks in die skroef gate te sit en op die skroefie se draad, voor jy die epoksie aanwend.
Ek dink dat daar meer skade gedoen word deur manne wat skroewe te styf vasdraai as anders om. 20 pond/duim is voldoende en saam met ''n lekseltjie "gryp en knyp", gaan hy jou nie los nie. ;D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
marco

Re: Heym, 7x57 AI, tactical.

Post by marco »

++>: Baie geluk Gawie daai roer lyk nou regtig stout en lyk sommer hy gaan loop soos stroop met min moeite..
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Heym, 7x57 AI, tactical.

Post by Heinz Petersen »

As jy resultate begin sien, raak dit verslawend.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Heym, 7x57 AI, tactical.

Post by ruaanb »

mooi Gawie dit is bitter netjies!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Heym, 7x57 AI, tactical.

Post by Arnold »

Geniet daai Heym :)
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

Re: Heym, 7x57 AI, tactical.

Post by JacquesT (Stompe) »

Baie geluk Gawie, dit lyk sommer soos 'n harde ou werkertjie. Geniet hom.
Rooies Scheepers
Newbie
Newbie
Posts: 46
Joined: Sun Sep 08, 2013 10:45 am

Re: Heym, 7x57 AI, tactical.

Post by Rooies Scheepers »

jou hande werk reg ou maat. dit lyk sommer grand.
Rooies
Kokstad
KZN
Bakkies303
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 360
Joined: Wed Mar 11, 2015 9:27 pm

Re: Heym, 7x57 AI, tactical.

Post by Bakkies303 »

Baie mooi geweer. Het die chrony hierdie keer die inskiet oorleef?
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1617
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Heym, 7x57 AI, tactical.

Post by Gian_dP »

Baie mooi Gawie! Bly vir jou dat al die beplannery so goed uitgekom het. Batman sal goed werk saam met die JD, anders kan jy die twee saam A-Team doop. (Love it when a plan comes together!)
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Post Reply