CFR semi-auto aansoek nie toegestaan

Post Reply
Jessie
Full Member
Full Member
Posts: 113
Joined: Sat Jan 17, 2015 1:46 pm

CFR semi-auto aansoek nie toegestaan

Post by Jessie »

Middag Manne

Sal waardeer as iemand my bietjie kan adviseur

Ek het aansoek gedoen vir 308 AR rifle. Die motivering het duidelik uitgespel dat ek dit wil gebruik vir three gun shoot. Ek het details oor die geweer en sport in detail bespreek. Ek het al my club, nuwe bevoegheid, sportskiet status en endorsement alles aangeheg. Die aansoek is afgekeur en rede is dat ek reeds 'n 308 geweer het, alhoewel dit 'n bolt action is. Die nuwe aansoek is nooit beskryf dat ek dit vir jag gebruik en dat ek nie kan kompiteer met 'n bolt action in sodanige kompitisie nie.

50% van mense sê ek moet weer indien en die ander 50 sê ek moet met die appeal procedure gaan. Die persoon wat my gehelp het met die motivering is baie aktief in die sport en ons het sy motivering struktuur gebruik en hy het nog nooit 'n problem gehad.

Het iemand al so ondervinding gehad? Het iemand nie miskien die hoof van die afdeling wat die aansoek vir semi auto gewere oorweeg? Sal dit help om te probeer om met die persoon aan die hoof van die afdeling te probeer praat?

Enige hulp sal waardeer word

Baie dankie
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: CFR semi-auto aansoek nie toegestaan

Post by Riaan Kriel »

My aanbeveling is om weer aansoek te doen want soms voel dit vir my of hulle "Ching chong Cha" speel met die aansoeke en elke iets anders as "Cha" word afgekeur. Ek kon nog nooit die nodige kriteria kry waarvolgens die goedkeuring/afkeurings werk nie. :(

Kontak vir Jagtersreg (Kobus vd Berg) op die forum. Hy is baie goed en op hoogte met die prosedures en sal jou beter raad kan gee.

Sterkte, hoop jy kom spoedig reg!
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: CFR semi-auto aansoek nie toegestaan

Post by Nickvn »

Ek sal ook voorstel dat jy weer aansoek doen. Ek het voorheen ook n aansoek gehad wat afgekeur was en hom toe net so weer ingedien en hy is goedgekeur. Jy mag meer as een 308 he op jou naam. My seun het twee en n vriend het drie. Ek dink dit is ook maar die "luck of the draw" daar met wie na jou aansoek kyk. Sterkte
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: CFR semi-auto aansoek nie toegestaan

Post by Hein M. »

Hoe lank neem jy al deel aan die spesifieke dissipline waarvoor jy die AR gaan gebruik? My een pel is so 'n sportskut en hy het vertel dat jy eers 'n LANG tyd moet deelneem voordat jy kan aansoek doen vir die semi-outo's wat jy gaan gebruik... En ja, hulle is vol str*nt oor daardie dieselfde kaliber ding...
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: CFR semi-auto aansoek nie toegestaan

Post by THOMAST »

Sluit aan by GOSA en laat hulle jou appèl hanteer.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: CFR semi-auto aansoek nie toegestaan

Post by Arnold »

Jessie, kontak vir www.gosa.co.za en vra dat hulle nou aansoek kyk en n aanbeveling maak.

Hulle het gesê my aansoek vir my AR15 was genoegsaam en voorgestel dat ek appelleer. My appèl was suksesvol en dit het so maand gevat. (Ek moet bysê dat ek regshulp gehad het wat opgevolg het op die appèl).

Vir my was dit n saak van beginsel en om net weer aansoek te doen keur jy die gedrag van CFR goed aangesien jou ontevredenheid nie op rekord (appèl) is nie.
Jessie
Full Member
Full Member
Posts: 113
Joined: Sat Jan 17, 2015 1:46 pm

Re: CFR semi-auto aansoek nie toegestaan

Post by Jessie »

Baie dankie aan almal vir hulle advies. Het vanmiddag met 'n persoon op provinsiale vlak gepraat en dit klink omtrent soos wat Riaan hierbo genoem het. Ek is meegedeel dat dit gebeur dat die mense nie altyd die motiverings ordentlike lees en ek was aanbeveel om dit op appeal te neem, met hulp van prokureur want dan word hulle gedwing om die motiverings ordentlik te lees.

Vir my gaan dit ook half oor die beginsel (soos Arnold) genoem het. Sal aansluit by GOSA.

Weereens baie dankie
User avatar
Meteor
Full Member
Full Member
Posts: 239
Joined: Sat Nov 30, 2013 7:17 pm

Re: CFR semi-auto aansoek nie toegestaan

Post by Meteor »

Jessie het jy al terugvoering?
Alles wat die moeite werd is vat tyd en tyd kan nie verdeel word
Post Reply