Manne ek sien nie n post van hierdie laaste nuusbrief nie, as dit reeds op is, mods verwyder dan asb die post.
Die ersgte van alles is, hulle staan tans alleen, waar is NSA, CHASA en en en. Kan die manne wat lede is by ander organisasies nie hulle ook aanspoor om nou toe te tree en saam met S A JAgters te staan nie.
17 Maart 2016
Geagte Kollega
SPESIALE NUUSBRIEF: SA JAGTERS BRING NUWE HOFAANSOEK
Ek rig hierdie skrywe aan u om u doelbewus te bereik voordat enige ander rolspelers ingelig raak oor hierdie saak
Die Raad van SA Jagters het die besluit geneem om ‘n nuwe hofaansoek te bring teen die Minster van Polisie ten opsigte van die implementering van die Wet op Vuurwapenbeheer No 60 van 2000. Ek het die dokumentasie vir die Hofaansoek geteken op Dinsdag 15 Maart 2016 en die stukke behoort vandag op 17 Maart 2016 bedien te word op die Staatsprokureur. Dit beteken dat die Minister se regspraktisyn die hofaansoek dan vandag ontvang het.
Aangeheg hierby ‘n kopie van ‘n persverklaring wat ons of laat vanmiddag of môreoggend vroeg sal uitreik waarin die agtergrond tot die aansoek geskets word en waarin ons ook beskryf wat die essensie van die aansoek inhou. Sou u enige vrae hê is u baie welkom ‘n e-pos aan my persoonlik by fredc@sahunt.co.za te rig. Sluit asseblief u SA Jagter lidnommer asook ‘n kontak telefoonnommer in u E-pos boodskap in.
Ek wil tog ook die geleentheid gebruik om op u elkeen ‘n beroep te doen om vir ons ‘n spesiale bydrae te maak tot die regshulpfonds. Ons kan verwag dat hierdie saak ons heelwat gaan kos en omdat ons in beginsel vra dat twee Artikels in die Wet ongrondwetlik verklaar word kan ons verwag dat hierdie saak selfs in die Grondwethof kan gaan draai. Ek vermoed dat die Polisie en die regering nie sommer net so sal aanvaar dat daar fout te vind is met hulle werk nie.
Die regshulpfonds se rekening word gehou by ABSA en die rekeningnommer is 9134305406
Ek wil terselfdertyd ook vra dat u asseblief vir ons inligting moet verskaf indien u nog lisensies hou ingevolge die ou wet (groen kaartjies of in die ID Boekie ingeplak) en nog nie die nuwe lisensies het nie. Ons wil ook graag inligting kry oor hoe ons lede hanteer is met hulle aansoeke om hernuwing deur die Aangewese Vuurwapenbeamptes by die onderskeie polisiestasies. Voltooi asseblief die vraelys wat u hier aanlyn kan kry (http://tracking.sahunt.co.za/public/sur ... m7180d-51h). Lede wat nie die opname aanlyn kan invul nie, kan ‘n e-pos aan info@sahunt.co.za stuur en vir ‘n MS Word formaat vra.
Baie dankie vir u ondersteuning in hierdie verband.
Vriendelike groete
Fred Camphor
HUB
SA Jagters vat staat aan oor nuwe wetgewing.
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: SA Jagters vat staat aan oor nuwe wetgewing.
Dis verblydend om te sien dat ons vereniging weereens die voortou vat. Alle sterkte aan SAJWV
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: SA Jagters vat staat aan oor nuwe wetgewing.
Ek het SAJWV se aansoek onder oë gehad en sal deur die loop van die dag 'n kort opsomming daarvan hier kom plaas.
Aim small, miss small
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1284
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: SA Jagters vat staat aan oor nuwe wetgewing.
Dit sal gaaf wees Eugene. Hopenlik in gewone afrikaans dat ons gewone mense dit ook kan verstaanEugene wrote:Ek het SAJWV se aansoek onder oë gehad en sal deur die loop van die dag 'n kort opsomming daarvan hier kom plaas.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: SA Jagters vat staat aan oor nuwe wetgewing.
Ek het die opsomming geskuif na 'n nuwe topic toe.
Dit kan hier gelees word: http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=1&t=47992
Dit kan hier gelees word: http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=1&t=47992
Aim small, miss small