Wat is jou TOP trofee wat jy nog graag in Afrika wil skiet? - (Gevaarlike wild)

Wat is jou TOP trofee wat jy nog graag in Afrika wil skiet? - (Gevaarlike wild)

Olifant
9
8%
Buffel
73
69%
Witrenoster
0
No votes
Swartrenoster
0
No votes
Leeu
5
5%
Luiperd
8
8%
Seekoei
7
7%
Krokodil
4
4%
 
Total votes: 106

Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Wat is jou TOP trofee wat jy nog graag in Afrika wil skiet? - (Gevaarlike wild)

Post by Stefan764 »

Manne

Wat is jou "DroomTrofee" in Afrika??

Ek het die renosters gesplit en ons aanvaar al die diere op die lys is jagbaar teen markverwante pryse om die voortbestaan van hierdie diere te verseker. Sluit die Olifant hierby in, geen cull, Trofeejag.

Laat ons bietjie sien of Afrika se "Black Death" wel die mees gesogde trofee is  ;)

Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Wat is jou TOP trofee wat jy nog graag in Afrika wil skiet? - (Gevaarlike wild)

Post by Stefan764 »

Goed, my stem is in!

Groete
Stefaans Sullivan  ;D
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Wat is jou TOP trofee wat jy nog graag in Afrika wil skiet? - (Gevaarlike wild)

Post by Raven »

Stef,

Sal my 25-06 'n olifant kan platskiet  :-\

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Wat is jou TOP trofee wat jy nog graag in Afrika wil skiet? - (Gevaarlike wild)

Post by Robert »

My ou wensie is maar die ou swart stoot skrapes met 'n sleg humeur. :o

Seker omdat hy so mooi sy kop laat sak voor dit donker raak in mens en instink oor neem.

Sag loop en fyn kyk , ;)

Robert
Oorwining deur opleiding
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Wat is jou TOP trofee wat jy nog graag in Afrika wil skiet? - (Gevaarlike wild)

Post by Geno »

Ek was al gelukkig genoeg om by te wees met witrenoster, buffel, luiperd en krokodil.
Ekself het al renoster en buffel geskiet.
Buffel is bitter lekker om te jag, maar ek sal graag olifant wil jag.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Shindzela (Pierre)
Full Member
Full Member
Posts: 156
Joined: Sat Jan 09, 2010 9:07 pm

Re: Wat is jou TOP trofee wat jy nog graag in Afrika wil skiet? - (Gevaarlike wild)

Post by Shindzela (Pierre) »

Geno, vryf dit nou in toe!!
Life's a journey, enjoy the ride!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Wat is jou TOP trofee wat jy nog graag in Afrika wil skiet? - (Gevaarlike wild)

Post by Gerhard »

Vir my is die Buffel en Luiperd met die boog.

Het Renosters met kliente gejag en was soos bees skiet sal beslus nie weer belang stel nie.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Wat is jou TOP trofee wat jy nog graag in Afrika wil skiet? - (Gevaarlike wild)

Post by Geno »

Gerhard wrote: Renosters met kliente gejag en was soos bees skiet sal beslus nie weer belang stel nie.
Ditto
Goed, beter, 6millimeter!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Wat is jou TOP trofee wat jy nog graag in Afrika wil skiet? - (Gevaarlike wild)

Post by Wouter Roets »

Ek het volgende jaar n afspraak met die man wat jou aankyk asof jy hom R1000 000 skuld!

Het al luiperd en seekoei geskiet, maar in daai spesifieke omstandighede waarin ek dit gedoen het was nie vir my nie. Het gekweste luiperd al opgevolg en laat ek vir julle dit se dit was die mees intense ervaring wat ek al in my hele lewe ervaar het!

Die meeste manne wat baie met die goed te doen kry se ook olifantjag is iets spesiaals.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Wat is jou TOP trofee wat jy nog graag in Afrika wil skiet? - (Gevaarlike wild)

Post by BLOK »

Virseker luiperd, maar ek wil hom te voet spoorsny jag, eks rerig nie een vir daai voorsit affere nie, ek weet die manne wat hulle in die kalahari in botswana jag klop hulle nog so en tweedens enige tyd daai ryk mans biltong bees. Was darem al bevoorreg om n vryloop leeu in die botswana kalahari te jag en was al by met olifantjag en daai het ek myself belowe sal ek nooit self doen nie.

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Wat is jou TOP trofee wat jy nog graag in Afrika wil skiet? - (Gevaarlike wild)

Post by Louis Kriel »

Die een wat ek regtig graag wil jag is nie op die lys, julle weet mos daai een wat sy arms in die lug gooi en skree woa... :o
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
foxripper
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 440
Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm

Re: Wat is jou TOP trofee wat jy nog graag in Afrika wil skiet? - (Gevaarlike wild)

Post by foxripper »

Ek het eendag amper n "wit renoster met 2 bene" geskiet...hy wou my vrou met sy horing rondjaag.  ;D  ;D
25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
Danie Lombard .243

Re: Wat is jou TOP trofee wat jy nog graag in Afrika wil skiet? - (Gevaarlike wild)

Post by Danie Lombard .243 »

Seekoei vir my asb.

En 'n probleem luiperd en leeu wat maai onder vee sal my aandag ook trek.

;D
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Wat is jou TOP trofee wat jy nog graag in Afrika wil skiet? - (Gevaarlike wild)

Post by Rasmus »

Buffel, seekoei en krokodil! Eendag as ek groot is!
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner,  12 Br Beretta Semi auto A 301.

THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Wat is jou TOP trofee wat jy nog graag in Afrika wil skiet? - (Gevaarlike wild)

Post by KSV »

Rasmus wrote: Buffel, seekoei en krokodil! Eendag as ek groot is!
Rasmus,

Ditto!

Die ander goete is darem te mooi.

Maak mooi!
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
Andy
Full Member
Full Member
Posts: 175
Joined: Sun Jan 31, 2010 1:04 pm

Re: Wat is jou TOP trofee wat jy nog graag in Afrika wil skiet? - (Gevaarlike wild)

Post by Andy »

Stefan,

Ons kry so twee drie keer 'n jaar die gellentheid om 'n kwaad gemaakte Leeu (eeen wat parke raad gekwes het) te jag naby die wildtuin. Kon nog net nie betyds gewees het om hom onder skoot te kry nie, dus eendag sal dit hopelik my luck wees.

Andy
"One does not hunt in order to kill. On the contrary, one kills in order to have hunted."
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Wat is jou TOP trofee wat jy nog graag in Afrika wil skiet? - (Gevaarlike wild)

Post by spekieries »

Ek was bevoorreg om op drie geleenthede by te wees waar olifante (tandlose koeie) en 'n seekoei in die Zambezi vallei gejag is. Dit is harde werk, ho? adrenalien. Self sal ek graag "Syncerus caffer" met my 9.3 wil jag. Miskien as ek die Lotto wat ek nooit speel nie, slaan.

As mens nie meer kan droom nie bly daar min oor.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Wat is jou TOP trofee wat jy nog graag in Afrika wil skiet? - (Gevaarlike wild)

Post by Jagtersdok »

Ditto Ludwig
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Wat is jou TOP trofee wat jy nog graag in Afrika wil skiet? - (Gevaarlike wild)

Post by Francois Marais »

Manne

Ek het al self Buffel, Luiperd, en Olifant geskiet, was by met Seekoeie en Krok, sal graag wil by wees (back-up) op n Renoster, vir die ondervinding, en dan sal ek graag my eie Seekoei wil skiet, op die Kariba se vloedvlak, laat namiddag, waar jy opstap na hom toe en die ding man tot man uitsort.

Olifant jag reken ek kan verslawend raak, ten spyte wat baie manne se dis nie die jag vir hulle nie, as jy eers by was met een, wil jy net nog en nog. Daar is n moontlikheid dat ek in Junie kan hulp PH op n Wit Renoster jag, hoop dit kom af.........

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Wat is jou TOP trofee wat jy nog graag in Afrika wil skiet? - (Gevaarlike wild)

Post by spekieries »

More Manne

As ek die ding so bekyk wil dit voorkom asof alle boere moet oorskakel buffels toe. Dit lyk of daar 'n moviese mark vir die krulhorings is.

Groete
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Wat is jou TOP trofee wat jy nog graag in Afrika wil skiet? - (Gevaarlike wild)

Post by Christo »

spekieries wrote: More Manne

As ek die ding so bekyk wil dit voorkom asof alle boere moet oorskakel buffels toe. Dit lyk of daar 'n moviese mark vir die krulhorings is.

Groete
In die meeste van ons sakke is dit ook maar net drome
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Wat is jou TOP trofee wat jy nog graag in Afrika wil skiet? - (Gevaarlike wild)

Post by spekieries »

Christo

Ja drome nou, maar stel jou voor daar is 'n ooraanbod, sal die pryse dan nie drasties val nie. Stel jou voor 'n boer moet 30 afhaal in 'n jaar en hy vra bv. R15 000 stuk. Sjoe lekker is ek nou  besig met wensdenkery.

As jy droom, droom groot.

Groete
User avatar
Karl Stumpfe
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Thu Dec 23, 2010 1:37 pm

Re: Wat is jou TOP trofee wat jy nog graag in Afrika wil skiet? - (Gevaarlike wild)

Post by Karl Stumpfe »

Ek het nie gestem nie, want het al alles geskiet as mens die renosters uithaal.
Ek sal baie graag vir myself 'n trofee olifant jag met baie kort, dik tande... As ek net olifante vir die res van my lewe moet jag, sal ek rerig nie ontevrede wees nie. Buffel is baie exciting, maar olifant is sy baas...

Laat my toe om so biki af te dwaal: In Afrika, van dit wat oorbly (wel nie gevaarlik nie), sou ek die heel graagtse vir myself 'n Lord Derby eland en tweedens 'n roan wou jag. (LW Roan net op oop gebied, nie op plaas nie)
Karl Stumpfe
+264811285416
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Wat is jou TOP trofee wat jy nog graag in Afrika wil skiet? - (Gevaarlike wild)

Post by Gerhard »

Karl,

Fritz het met n klient n 50 duim Lord Derby eland met die boog gejag in Cameroen so maand terug as ek reg onthou.

Dit is n ongelooflike bok maar hy s? dit gaan nie meer verlank wees nie want daar is nou amper kompanie size van poachers wat deur die jag gebiede trek en alles dood skiet.

Jy moet tog eendag vir die manne vertel hoe sort jy n luiperd met die kaal hand uit wat lastig raak...  ;)
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Wat is jou TOP trofee wat jy nog graag in Afrika wil skiet? - (Gevaarlike wild)

Post by Frederik »

Olifant vir my dankie.  ;D
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
Post Reply