Herlaai data 303 British
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Herlaai data 303 British
Hul data is nie onakkuraat nie. Kyk met hulle bril. As iemand seerkry met herlaai, wie blameer jy eerste? As jy dus stadiger skiet, akkuraatheid kry en jou biltong hang, wie is ongelukkig?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2466
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Herlaai data 303 British
Hoe kan jy dan se die data is akuraat veral tov die muzzle velocity?
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2466
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Herlaai data 303 British
Ek verstaan dat die hulle die data kenserwatief will benader maar my konserwatief is 50vps en nie 150 nie.
Ja as ons praat van drukking kan dinge maklik gevaarlik raak
Ja as ons praat van drukking kan dinge maklik gevaarlik raak
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Herlaai data 303 British
Spoed is direk verwant aan druk. Druk neem egter vinniger toe as spoed en daarom moet mens katvoet loop rondom maksimum spoed. Jy het nou gelees oor OBT, so jy sal verstaan dat die nodes nie altyd by maksimum druk (en dan spoed) is nie. Die maksimum spoed is dus meestal irrelevant en die beste resultate is gewoonlik van 50-55K psi terwyl maksimum by 60K psi is. Jy ry jou kar ook nie heeldag in die rooi nie. Hy presteer goed teen 4000 omwentelinge van 'n maksimum 6000.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2466
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Herlaai data 303 British
Ek stem 100% saam.
Ek skat om regverdig te wees moet ons seker eers kan se dat ons nie weet met wat se 303 hulle hierdie spoed gemeet het nie, en dat ek dink meeste van ons wat passie vol is oor hierde onderskatte kaliber gewere skiet wat seker meer as 70 jaar oud is en dat die tolleransies op modelle ook weer verskil
Al die verskille is dan juis ook die rede dat die tegnolegie dit vandag vir ons makliker maak om ander se ondervindinge uit te ruil
Ek hoop daar is nog ander daar buite wat met S355 en 180 gr punte op 303s vir ons kan info gee. Ek kon nerens op die net laai data kry vir die spesefike kombenasie nie ..... waar is die manne met die chronies
Dalk moet ek maar mammie se potte verkoop om te help betaal vir daai chronie...:-)
Ek skat om regverdig te wees moet ons seker eers kan se dat ons nie weet met wat se 303 hulle hierdie spoed gemeet het nie, en dat ek dink meeste van ons wat passie vol is oor hierde onderskatte kaliber gewere skiet wat seker meer as 70 jaar oud is en dat die tolleransies op modelle ook weer verskil
Al die verskille is dan juis ook die rede dat die tegnolegie dit vandag vir ons makliker maak om ander se ondervindinge uit te ruil
Ek hoop daar is nog ander daar buite wat met S355 en 180 gr punte op 303s vir ons kan info gee. Ek kon nerens op die net laai data kry vir die spesefike kombenasie nie ..... waar is die manne met die chronies
Dalk moet ek maar mammie se potte verkoop om te help betaal vir daai chronie...:-)
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Herlaai data 303 British
Jy is nou waar QL jou uit die diep dinge kan hou. Jy is reg as jy noem dat die 303 gewere ernstig van mekaar verskil. QL bring die dinge bymekaar en veiligheid is No. 1. Jy sal ook teen ander syfers kan vergelyk om te sien of daar nie uitermate verskille is nie.
Somchem gebruik proeflope om ladings te ontwikkel en meet werklike drukvlakke. Daarom my vorige opmerkings oor hul data.
PMP gebruik hul dryfmiddels en kan dus nie sommer net oormatige druk in sulke ou wapens genereer nie. Duisende PMP ammunisie is al deur 303's geskiet.
Somchem gebruik proeflope om ladings te ontwikkel en meet werklike drukvlakke. Daarom my vorige opmerkings oor hul data.
PMP gebruik hul dryfmiddels en kan dus nie sommer net oormatige druk in sulke ou wapens genereer nie. Duisende PMP ammunisie is al deur 303's geskiet.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2466
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Herlaai data 303 British
Man al die verskille hou dinge mos interresant
Dit sal lekker wees as ander hulle data kan deel dan sal ons ook kan sien wat se verskil daar is tussen die poppilere modelle
Nou ja .... lekker speel
Vir my is die groepeering natuurlik die eerste stappie en tweedens om uit te werk hoeveel die punt gaan val van 100 tot 200m
Dit sal lekker wees as ander hulle data kan deel dan sal ons ook kan sien wat se verskil daar is tussen die poppilere modelle
Nou ja .... lekker speel
Vir my is die groepeering natuurlik die eerste stappie en tweedens om uit te werk hoeveel die punt gaan val van 100 tot 200m
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- r1ch@rds
- Full Member

- Posts: 124
- Joined: Sun Oct 06, 2013 7:36 pm
Re: Herlaai data 303 British
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Herlaai data 303 British
Maklik vir 303 met spoed van 2450vps - 2 duim hoog op 100, zero op 200 en -13 op 300m. Gaan loer maar op die ballistiese programme.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2466
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Herlaai data 303 British
Dankie, dit help....
Is daar n "free" weergawe van QL
Ek kyk so nou en dan na die Streloc app en kry daar die selfde
Is daar n "free" weergawe van QL
Ek kyk so nou en dan na die Streloc app en kry daar die selfde
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Herlaai data 303 British
Dink daar is 'n QL demo download. Jy hoef dit nie nou te wil aankoop nie. Jy is nou 'n lid hier en ons sal dan probeer help volgens tyd beskikbaar. As jy QL teen R2500+ wil aankoop gaan ons jou begrafnis moet bywoon - as jy nou reg praat oor mammie 
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2466
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Herlaai data 303 British
Tx!!!! Wil nie nou al lang bome toe nie
Sal maar een of ander tyd eers daai chronie vir my, van my, en aan my wil kry
Dankie vir al die uit ruil !
Sal maar een of ander tyd eers daai chronie vir my, van my, en aan my wil kry
Dankie vir al die uit ruil !
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Herlaai data 303 British
JD, waar kruip jy weg - of is jy die skim en wil nie seg waar jou tuisdorp is nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2466
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Herlaai data 303 British
Sorry, dog ek het al ge-update..
Pretoria oos
Groete Johan, ps. die "D" is mammie sin
Pretoria oos
Groete Johan, ps. die "D" is mammie sin
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2466
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Herlaai data 303 British
..... Elarduspark is natuurlik die dorpie.... maar weet ook nie mens eerder moet se "voorstad" nie
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
-
Pieter303
- Newbie

- Posts: 7
- Joined: Mon Aug 01, 2016 8:58 pm
Re: Herlaai data 303 British
Goeiedag kan iemand vir my dalk 'n veilige begin lading met s355 aanbeveel vir 230gr frontier punt. Het P14 aksie met 26 duim loop?
Sent from my Vodacom Power Tab 10 using Tapatalk
Sent from my Vodacom Power Tab 10 using Tapatalk
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Herlaai data 303 British
Begin met 40gr S355 en pasop as jy naby 2400vps kom. Die nodespoed van naby aan 2365vps is egter jou mikpunt.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Philip_L
- Full Member

- Posts: 135
- Joined: Tue May 19, 2015 8:21 pm
Re: Herlaai data 303 British
Hi almal.
Ek wil eersdaags begin om vir die .303 te herlaai.
Kyk tans na Claw 180greiners.
Watter kruit beveel julle aan en dan ook watter begin lading?
Op n ander noot: voor ek begin gaan my geweer eers bietjie in om die teleskoop se basis gate toe te sweis en oor te tap aangesien hy nog al die tyd effens skeef was. Is daar enigeiets anders waarna die wapensmid vir my kan kyk terwyl hy dan nou in is?
Oorweeg om loop ook effens korter te maak- tans 25 3/8".
Enige opinies sal waardeer word.

- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1543
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Herlaai data 303 British
Laat hy ook na kopspasie en kroon kyk. Terwyl dit daar is laat sommer loop sny vir knaldemper, 14x1 skroefdraad sal reg wees.
Laat hom sommer Epps ook.
Dit is nie vir meer spoed nie, maar sodat jou doppe langer hou. As bonus kry jy so effens meer spoed, maar moenie spoed jaag nie.
My 303 se loop is 22" en as bosgeweer lekker so.
Laat hom sommer Epps ook.
My 303 se loop is 22" en as bosgeweer lekker so.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3652
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Herlaai data 303 British
Probeer gerus S355met die 180gn maar ook die 200gn ronde neus Claws met S385 moet nie die spitzer claw gebruik nie. Spoed is te laag en hy maak baie keer nie oop nie en pencil dan deur. Waar die ronde neus een weer puik werk.
S355 en 200gn koeëls van claw gaan jy amper .308 balistiek kry, dit werk baie goed. Ek het dit gedoen na die van ek dink Andre Fouche in die SA jagters klomp jare terug en het uitsonderlik gewerk. Dink hier erens op een van die pages op die hofie is daai
EDIT DIT IS S355 SOOS SCHALK TEREG OPMERK!
Groete
Jan

Last edited by JPS on Tue Mar 14, 2017 11:30 am, edited 2 times in total.
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1518
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Herlaai data 303 British
Jan ek dink jy bedoel S355, nie S385 nieJPS wrote:Probeer gerus S385 met die 180gn maar ook die 200gn ronde neus Claws met S385 moet nie die spitzer claw gebruik nie. Spoed is te laag en hy maak baie keer nie oop nie en pencil dan deur. Waar die ronde neus een weer puik werk.
S385 en 200gn koeëls van claw gaan jy amper .308 balistiek kry, dit werk baie goed. Ek het dit gedoen na die van ek dink Andre Fouche in die SA jagters klomp jare terug en het uitsonderlik gewerk. Dink hier erens op een van die pages op die hofie is daai artikel.
Groete
Jan
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2466
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Herlaai data 303 British
Hi philipluwes, eers wil ek net se ek is geen ekspert op 303's nie
Met my "sporting" BSA No.1 Mk 3 kry ek nou mooi groepe met 180 gr Sierra Pro-Hunter en 40.9 gr S355
Ps. myne hou nie baie van mono punte nie, en die beste wat ek kon behaal was so 1 duim groep
Ek het die volgende laat doen na baie sukkel en frustrasie, maar nou loop hy soos stroop
Ek kry so 13mm groep met 3 skote op 'n 100m (op 'n goeie dag wanneer ek nie so baie bewe nie)
- Die aksie laat "glass bed" want daar is gewoonlik speling
- Seker gemaak die loop is "free floating" tot by die kamer
- Die loop se kroon was nie meer mooi nie so ek het hom laat sny met 6mm deur 'n "recessed crown" te laat doen
- Die sneller "cam" laat poleer sodat hy meer egalig trek
Ek het myne ook laat "gun coat" want hy moet mos werk en nie net mooi lyk nie
Een ding wat ek nog nie kon oorkom nie is dat die groep skote begin oop maak as die loop warm begin word (gewoonlik skoot 5 of 6).

- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3529
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Herlaai data 303 British
So gepraat van mono punte, ek gaan wragtag van die 125gr Kriek koele in my driehonderd en drie skiet. Glo hulle sal dam my trajek bietjie platter maak.
Groetnis
Groetnis
- Philip_L
- Full Member

- Posts: 135
- Joined: Tue May 19, 2015 8:21 pm
Herlaai data 303 British
Baie dankie vir almal se feedback.
Giepie, ek het reeds gedink as die loop korter kom moet hy maar skroefdraad ook kry.
Jps, jdpretorius, ek het juis gedink die 180gr claws kan n goeie middeweg wees aangesien hulle dalk minder spoed nodig het om oop te maak as van die ander opsies.
Ek sal dat die geweersmid maar alles mooi nagaan terwyl hy daar is. Ek het so 2 jaar terug n nuwe sneller ingesit, so dis darem een ding minder op die lysie.
Giepie, ek het reeds gedink as die loop korter kom moet hy maar skroefdraad ook kry.
Jps, jdpretorius, ek het juis gedink die 180gr claws kan n goeie middeweg wees aangesien hulle dalk minder spoed nodig het om oop te maak as van die ander opsies.
Ek sal dat die geweersmid maar alles mooi nagaan terwyl hy daar is. Ek het so 2 jaar terug n nuwe sneller ingesit, so dis darem een ding minder op die lysie.
- Philip_L
- Full Member

- Posts: 135
- Joined: Tue May 19, 2015 8:21 pm
Re: Herlaai data 303 British
Johan van SA premium bullets het vandag teruggekom na my toe rakende die claw's en beveel S365 aan. Enigeiemand wat dit al gebruik het?
Al ladings wat ek kry is met S335, S341 en S355.
Gebruik tans S365 vir die .270, so sal gerieflik wees....
Al ladings wat ek kry is met S335, S341 en S355.
Gebruik tans S365 vir die .270, so sal gerieflik wees....