Sien uit na goeie raad hier.
Skietkop hier.
- Skiet-Kop
- Jr. Member

- Posts: 98
- Joined: Fri Mar 25, 2011 6:51 pm
Skietkop hier.
Hi julle my naam is Awie. Ek is op gunsite ook en toe hoor ek dat jul meer afrikaans is en dit is my taal.
So hier is ek. Ek is van die goeie ou suid vrystaat en is gaande oor gewere en skiet. Ek het onlangs my bevoegdheig sertifikaat gekry en is noe in die mark vir n .308. Enige raad en voorstele is welkom. Buiten jag wil ek ook aan lang afstand skiet kompetisies deelneem..
Sien uit na goeie raad hier.
Sien uit na goeie raad hier.
Spandeer net so veel tyd op die skietbaan,as in die herlaai kamer.
.308 Win
.300 Norma Magnum
.22 Trico
9mm Browning
9mm CZ P10 C
12G Berreta
.308 Win
.300 Norma Magnum
.22 Trico
9mm Browning
9mm CZ P10 C
12G Berreta
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Skietkop hier.
Naandse en baie welkom by die beste forum!!!! Geniet dit en deel jou ondervinding.
Groetnis
SJ
Groetnis
SJ
- Penkop
- Hero Member

- Posts: 621
- Joined: Tue Nov 16, 2010 11:29 am
Re: Skietkop hier.
Welkom Vrystater!!
Ek het lank opgelees en raad gevra oor 308's en op die ou end besluit op 'n Tikka Varmint.
Nou wag ek net vir my verdomde wit kaartjie om deur tekom sodat ek die roer kan lisensieer...
Sterkte met jou besluit.

Waar daar 'n rokie trek is daar 'n bier'tjie...
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: Skietkop hier.
Skietkop
Baie welkom hier! Jy sal dit baie geniet! As ek kan raad gee oor daai 308.... Kyk ek is self baie lief vir my 308 en moes al 'n paar houe hier op die forum vat vir my liefde vir die kaliber! Hierdie is 'n 6mm forum, die manne like nie ons 308 manne nie!

Try eers by die search-opsie 308 search en jy sal blaaie en blaaie info kry!
My opinie vir 'n 308... Koop die 308 Howa Varminter. Dis 'n 24'' duim loop en baie goeie waarde vir geld!

22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Skietkop hier.
PonkiePonkie wrote: ... Hierdie is 'n 6mm forum, die manne like nie ons 308 manne nie! ...
Miskien "was" dit in die goeie ou dae, maar "is", is ons glad nie 'n 6mm-forum nie. Die 308-bende se slimstories (sommige net so krom soos 'n 308-trajek) het oorgeneem. Amper vergelykbaar met 'n parasiet wat op 'n gasheer intrek neem en later die lewe uit hom uit wurg, of is die metafoor 'n bietjie kru? Skietkop sal heel tuis voel tussen al die 308-kundiges ter plaatse en sal maar self die kaf van die koring moet onderskei so met verloop van tyd.
Die 6mm-praatwerk word deesdae beperk tot waar dit saakmaak, nie hier op die forumblaaie nie. Of is my waarneming so bietjie uit?
Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Skietkop hier.
Louis102 wrote:Die 6mm-praatwerk word deesdae beperk tot waar dit saakmaak, nie hier op die forumblaaie nie. Of is my waarneming so bietjie uit?Ponkie wrote: ... Hierdie is 'n 6mm forum, die manne like nie ons 308 manne nie! ...
Mooiloop
Louis
Op die kop geslaan Oom Louis
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
Gerrit Visser
- Sr. Member

- Posts: 335
- Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm
Re: Skietkop hier.
Louis102 ek wil graag weet of iewers in die forum se re?ls staan dat hierdie forum net vir 6mm's is ?
Groete Gert
Groete Gert
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Skietkop hier.
Gert Visser, miskien moet ons so 'n re?l verandering aan Jaracal voorstel, of hoe?Gerrit Visser wrote: ... Louis102 ek wil graag weet of iewers in die forum se re?ls staan dat hierdie forum net vir 6mm's is ? ...
Ek dink my opmerking aan Ponkie wys juis uit dat lede vryheid van spraak en assosiasie het. Dit is ook elke forum-gebruiker se goeie reg om self te oordeel wat bog is en wat geloofwaardig in sy/haar opinie is. Jy kan byvoorbeeld aan ons vertel dat jy glad nie met jou 308 afmik tot op 400m as jy jakkals jag nie, maar dit verplig my nie om dit te glo nie. Indien ek jou nie glo nie, beteken dit ook nie dat ek anti 308 is nie en beteken dit ook nie dat hierdie slegs 'n 6mm forum is nie.
Voorts merk ek aan Ponkie op dat die 6mm-manne deedae stillerig is en dat stilbly in my opinie soms die beter antwoord is. Ek het heelwat by my goeie makkers te leer!
Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
- Boertjie
- Hero Member

- Posts: 763
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm
Re: Skietkop hier.
Gerrit
Ek skiet ook met 308 en het al baie jakalse met hom geskiet.Jy kan n 308 ook lekker vinnig jaag as jy wil,maar as hy begin val dan val hy.Ek het ook al jakalse op 300+ met hom geskiet,maar dan moet jy baie opvat.
Daarom is ek besig om n 243 reg te kry vir my.
Ek dink niemand kan se jy kan nie jakals met 308 skiet nie,daar is al te veel dood geskiet met hom.
As jy dieselfde spoed in 2 gewere het , gaan n 110gr meer val as n 75 gr en jy gaan n beter trajek kry met die ligter punt.
Boertjie

Last edited by Boertjie on Sat Mar 26, 2011 2:29 pm, edited 1 time in total.
-
Gerrit Visser
- Sr. Member

- Posts: 335
- Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm
Re: Skietkop hier.
Louis ek s? weer ek mik nie op of af nie ek STEL op of af en dit geld vir al my gewere [kalibers]. Miskien moet daar 'n re?l wees dat ander kalibers nie afgekraak [persoonlik] mag word nie. En solank daar nie 'n re?l is dat ons net mag 6mm praat nie, is dit seker elke forum leser se reg om van sy kaliber keuse te praat. As 308 onderwerpe onder jou vel inkruip of omkrap gaan lees DIE HUISGENOOT
Gert
Gert
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Skietkop hier.
Gert, help my om jou voorstel beter te verstaan:
Sou jy bo-staande stelling as persoonlik en afbrekend teenoor die 308 beskou? Is dit die tipe stellings wat jy met re?ls wil inperk? Ek wonder of sommige 308-eienaars se velletjies nie te dun is nie? Hoe wil jy jou voorstel hierbo in die praktyk toepas?
Voorbeeld van 'n stelling wat dalk op die forum gemaak kan word: Balistiese programme tot ons beskikking en die praktyk, wys duidelik die 308 se tekortkominge (wat betref 'n plat trajek) uit.Gerrit Visser wrote: ... Miskien moet daar 'n re?l wees dat ander kalibers nie afgekraak [persoonlik] mag word nie...
Sou jy bo-staande stelling as persoonlik en afbrekend teenoor die 308 beskou? Is dit die tipe stellings wat jy met re?ls wil inperk? Ek wonder of sommige 308-eienaars se velletjies nie te dun is nie? Hoe wil jy jou voorstel hierbo in die praktyk toepas?
Die forum moedig, sov?r my kennis strek, alle gebruikers aan om oor die kaliber van hul keuse te gesels. Kan nie onthou dat iemand jou ooit verhoed het om oor die kaliber van jou keuse te gesels nie. Vermy net om nonsens te praat, sou ek aanraai, dan behoort jy goed oor die weg te kom met die res van die forum. Elkeen van ons het sekerlik 'n reg tot 'n opinie soos bo-genoemde wel persoonlik myne is.Gerrit Visser wrote: ... En solank daar nie 'n re?l is dat ons net mag 6mm praat nie, is dit seker elke forum leser se reg om van sy kaliber keuse te praat ...
Jammer, ek was seker bietjie moedswillig in my antwoord teenoor Ponkie. Ons steek soms maar so bietjie die draak met mekaar. Sal jou goeie raad hierbo in die toekoms probeer volg, maar dit bly lekker om julle siele uit te trek en te sien hoe emosioneel die 308-manne kan raak!Gerrit Visser wrote: ... As 308 onderwerpe onder jou vel inkruip of omkrap gaan lees DIE HUISGENOOT ...
Last edited by Louis102 on Sat Mar 26, 2011 4:52 pm, edited 1 time in total.
Goeie dade oortref goeie woorde.
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Skietkop hier.
Louis
Ek dink toe die 308 ding is al daar by jou 308 post uitgesort, miskien moet party lede bietjie meer die forums lees voor hulle aantuigings maak......
Mooi loop, 308 manne, onthou bietjie HOOG vat...

Francois
Ek dink toe die 308 ding is al daar by jou 308 post uitgesort, miskien moet party lede bietjie meer die forums lees voor hulle aantuigings maak......
Mooi loop, 308 manne, onthou bietjie HOOG vat...
Francois
-
Gerrit Visser
- Sr. Member

- Posts: 335
- Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm
Re: Skietkop hier.
Louis ek kan nie sien hoe 'n 308 se trajek jou kan pla nie, jy skiet gewoonlik jak tussen 120 en 150m. Hier op die Kaap se vlakte gooi hulle verder met 'n klip. Om die tekortkoming plat te maak stel net 'n paar clicks op. Jou bo-staande stelling oor Balistiese programme is nie na my mening persoonlik nie, net feite. Wat vir my wel persoonlik is, is die feit dat jy 308 eienaars met parasiete vergelyk en dit nog vir 'n nuwe aansluiting. Sies man.
Gert
Gert
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Skietkop hier.
GertGerrit Visser wrote: ... Wat vir my wel persoonlik is, is die feit dat jy 308 eienaars met parasiete vergelyk en dit nog vir 'n nuwe aansluiting. Sies man ...
Sommige parasiete kan wel baie goeie werk doen. Dat my metaforiese vergelyking egter verwys het na 'n aksie / oorname eerder as na enige 308-eienaar persoonlik, sal seker te moeilik wees om aan jou te verduidelik. So ek laat dit maar daar, want ons letterkundige insig hier omtrent verskil duidelik. Vegewe as ek jou menswaardigheid aangetas het, dit was nooit die bedoeling nie. Ek dink nie jy is 'n parasiet nie, so ook nie enige nuwe aansluiting nie.
Mooiloop
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Gerrit Visser
- Sr. Member

- Posts: 335
- Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm
Re: Skietkop hier.
Louis jammer ek is nie so hoog op in die letterkunde soos jy nie. Dit is gelukkig nie 'n vereiste as dit kom by skietvermo? nie, maar ek kan jou verseker daar is niks verkeerd met my begrip nie. In my boeke bly 'n vy 'n vy en 'n 'n of is die metafoor 'n bietjie kru?
Gert
Gert
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7557
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Skietkop hier.
Skietkop
Baie welkom hier!
Jy voel seker waarin het jy jou nou begewe?
Moet darem byvoeg dit gaan darem nie altyd so hier nie!
Daar word darem oor die algemeen goeie kennis gedeel en sin gepraat deur ouens wat dit as n gedeelde passie en leefmetode sien.
Groetnis en geniet jouself terdee!
Wouter
Baie welkom hier!
Jy voel seker waarin het jy jou nou begewe?
Moet darem byvoeg dit gaan darem nie altyd so hier nie!
Groetnis en geniet jouself terdee!
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Shindzela (Pierre)
- Full Member

- Posts: 156
- Joined: Sat Jan 09, 2010 9:07 pm
Re: Skietkop hier.
Menere Gert en Louis.
Ek wil nou nie uit my beurt praat nie, maar my gevoel is julle gesperk raak nou bietjie hand uit en persoonlik. Ek weet ek is ook relatief nuut op die forum, maar onsmaaklike perssonlike geskille op n openbare forum vind nie juis by my aanklank nie en ek glo menige ander forum lede sal saam stem.
Begrawe nou daai strydbyl en laat ons terug kom na die jag en skiet dinge waarvoor ons almal lief is.
My opinie
Pierre

Life's a journey, enjoy the ride!
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Skietkop hier.
Nou lekker hier by myself gesit en giggel.... Nee wat, dis nodig so nou en dan.
Goeie ou vriend van my se altyd: YSTER SLYP YSTER
Sort sommer sie 308 ding uit met n VARMINT kruis op n VX3
Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
-
JOHANNIC
- Hero Member

- Posts: 725
- Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
Re: Skietkop hier.
Koop some n spaar "spring" by vir daardie lang skote

Jy gaan daardie roer baie geniet,as jy sy trajek onder die knie het gaan jy some als platmaak met hom en die VX 3 VARMINT raad is uit die heel boonste rak
Groete johan
Jy gaan daardie roer baie geniet,as jy sy trajek onder die knie het gaan jy some als platmaak met hom en die VX 3 VARMINT raad is uit die heel boonste rak
Groete johan
Biebers
Need for speed
Need for speed
- Skiet-Kop
- Jr. Member

- Posts: 98
- Joined: Fri Mar 25, 2011 6:51 pm
Re: Skietkop hier.
Hahaha. Ek sien ek gaan nog lekker gesels hier.
Van al die goed wat my pa my geleer het is daar een ding wat vir my uitstaan bo die res en dit is;
Beware the man with only ONE gun . . .
Wat geweer keuses betref los daardie stelling sommer baie probleme op.
Dink net aan die boere wat hul 7 57 mausers soos die palm van hul hand geken het en kon amper onmoontlike skote suksesvol met hul wapens behaal.
Ek het met n .234 en n .270 groot geword en wou niks weet van n .308 koop nie,maar na baie aande se gesit op belistiese programme en navorsing het ek besluit op n wapen wat ek vir so veel as moontlike geleenthede te kan gebruik.
6mm, 6-250,25 06,6.5 55,6.5 284,270,300wm noem hul ek het na als gekyk maar op die einde van die dag soos my skyfskiet onnie al menigmale vir my gese het,Dis nie die roer nie,dis die moer agter die roer!!
Van al die goed wat my pa my geleer het is daar een ding wat vir my uitstaan bo die res en dit is;
Beware the man with only ONE gun . . .
Wat geweer keuses betref los daardie stelling sommer baie probleme op.
Dink net aan die boere wat hul 7 57 mausers soos die palm van hul hand geken het en kon amper onmoontlike skote suksesvol met hul wapens behaal.
Ek het met n .234 en n .270 groot geword en wou niks weet van n .308 koop nie,maar na baie aande se gesit op belistiese programme en navorsing het ek besluit op n wapen wat ek vir so veel as moontlike geleenthede te kan gebruik.
6mm, 6-250,25 06,6.5 55,6.5 284,270,300wm noem hul ek het na als gekyk maar op die einde van die dag soos my skyfskiet onnie al menigmale vir my gese het,Dis nie die roer nie,dis die moer agter die roer!!
Spandeer net so veel tyd op die skietbaan,as in die herlaai kamer.
.308 Win
.300 Norma Magnum
.22 Trico
9mm Browning
9mm CZ P10 C
12G Berreta
.308 Win
.300 Norma Magnum
.22 Trico
9mm Browning
9mm CZ P10 C
12G Berreta
-
Gerrit Visser
- Sr. Member

- Posts: 335
- Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm
Re: Skietkop hier.
Skietkop
Jammer waar is my maniere, welkom op die forum.
Ek weet as jy jou kant bring sal jou geweer jou nie teleur stel nie. Bel? in 'n goeie teleskoop VX3 VARMINT met minstens 20x vergroting. Die VX3 se val [strepies] werk goed op 14x vergroting met 155gr teen 2800f/s.
Ek vra verskooning aan al die lesers, as die post's persoonlik geraak het en van die punt af was.
Groete Gert
Jammer waar is my maniere, welkom op die forum.
Ek weet as jy jou kant bring sal jou geweer jou nie teleur stel nie. Bel? in 'n goeie teleskoop VX3 VARMINT met minstens 20x vergroting. Die VX3 se val [strepies] werk goed op 14x vergroting met 155gr teen 2800f/s.
Ek vra verskooning aan al die lesers, as die post's persoonlik geraak het en van die punt af was.
Groete Gert
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7557
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Skietkop hier.
Gert
Geen probleem nie!
Was maar net so bietjie bekommerd dat ons n nuweling totaal en al afsit. Ons mag maar mos verskil van mekaar en verstaan jou optrede.
Groetnis
Wouter
Geen probleem nie!
Was maar net so bietjie bekommerd dat ons n nuweling totaal en al afsit. Ons mag maar mos verskil van mekaar en verstaan jou optrede.
Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- MJK
- Sr. Member

- Posts: 466
- Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm
Re: Skietkop hier.
Skietkop
Welkom hier! Hier is baie manne wat jou keuse op 308 vir algemene doeleindes ondersteun! Persoonlik het self 308, 270 en 9.3*62 maar soos tans is, eerste geweer wat ek uit die kluis haal is daai 308...
Groetnis
M
Welkom hier! Hier is baie manne wat jou keuse op 308 vir algemene doeleindes ondersteun! Persoonlik het self 308, 270 en 9.3*62 maar soos tans is, eerste geweer wat ek uit die kluis haal is daai 308...
Groetnis
M
- Skiet-Kop
- Jr. Member

- Posts: 98
- Joined: Fri Mar 25, 2011 6:51 pm
Re: Skietkop hier.
Ek is seker ek sal sommer gou vertroud raak met n 308. Alhoewel my pa se .270 vir my al hope plesier verskaf het.
Ek het vrek amper vir my n 270 laat bou,maar blykbaar sou hy nie goed presteer op lang afstande nie.