Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Manne na Majuba se 2 gewere post beginne dwaal het na die 338WM kant toe begin ek nou maar die gesprek...
Wouter Roets wrote:
Die ander probleem met die 338 ia dat die meeste vervaardigers hom te lig bou.
Wouter hierie is nogals n redelike probleem. Ek stel baie belang in n 338WM en het al 2 bekyk. Die Tikka T3 en Die Ruger. Maggies mar ek wetie of my eiers laag genoeg hang om dai tikka te skiet nie. Dai geweertjie weeg boggerol!! En ek het by VLT die Ruger (die Hawkeye Stainless) ook vasgehou en hys maar ook aan die ligte kant, mar dam swaarder as die Tikka. En sy prys is REG. Hy kos kontant R8700.
Ek gaan die 338 n jaar-projek maak. Na hom die 458Lott of custom .470 Double by ARMS
Ek dink persoonlik as jy n kaliber soos 7x64 of 30-06 het is dit beter om 338 te gaan as 300. Bied jou darem so bietjie meer vir dai laaaang skote in die duine op die Gemsies en Elande.
Nou ja, hier is nou n 338WM topic. Ludwig bly jy en jou parmantige LM nou weg hier
Stefan
Ek het my 338wm Ruger verkoop net omdat hy die uit my uit geskop het,lekke jaggeweer as jy in die veld loop en skiet/jag maar moet nie van n bank afskiet en dink jy gaan dit geniet nie hulle is eenvoudig te lig,ek het later tot met my windbuks "geflinch" wat my baie gou laat agterkom het dat dit my sport benadeel ek het eenkeer n gong challenge met die 338 geskiet met 250gr Sierras ek het n klomp gonge uit hul rame geskiet op 300m het die 338wm meer/dieselfde slaankrag as my 308 op 100m
Wat ek graag sal wil kry is die 338 imfezi(spelling) wat oom Chris van Niekerk bou,hulle weeg so 10kg
Stef- my vriend het n 338wm in mod700 remington! ek het nog nie n geweer gesien wat so min vol strooi is nie- hy kan hom enige iets van 160gr barnes teen oor die 3000ft/s tot 280gr rhinos teen 2500ft/s voer en die gun druk 3 in n duim op honderd meter konstant! sy gunsteling lading is 250gr barnes x teen 2700ft/s! hy het hier by my n bobbejaan op 286m in die draf geskiet! en die jaar al 6 bosvarke op die voerplek met n lightforce geskiet! die roer laat varke lekker op hulle gatte sit! wildebeeste ook! hy skiet die geweer al van hy 16 is en ek skiet ook baie met hom-hy skop nie so erg nie-veral nie na ons met sy lott geskiet het nie.
die bobbejaan is op 80m in die hardloop geskiet!!!
groete
Nico
Last edited by Nico Harris on Fri Mar 25, 2011 5:26 pm, edited 1 time in total.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
Die skiet winkel het een vir R14500, en safari en outdoor het die browning vir dieselfde prys en die tikka t3 super varmint vir R18500! daai tikka lyk mooi maar ek weet die remmies skiet baie reguit! onthou HOWA maak ook een vir helfte die prys...aai maar die HOWAS skiet lekker....
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
Ek het 'n .338 Win Mag Browning A-bolt - baie akkuraat met die BOSS sisteem op en terugskop is hanteerbaar. Maak net 'n m...rse "bang" - skiet nie 'n skoot sonder my gehoor beskerming nie.
Hier kom skiet so af en toe 'n mater van Kuruman hier by ons met sy 338 Ruger.
Bernard is 'n groot fris man ne ek moet julle eerlik s? ek kry hom elke keer as hy met die geweer skiet jammer. Jy kan sommer sien dat die geweer hom trap en dit oordentlik ook doen.
Sal graag vir my ook eendag een koop, maar dit sal 'n custom job wees. Swaar geweer, met 'n sintetiese kolf, beslis 'n dik loop en 'n muzzlebrake. Oom Chris se Imfezi word beslis oorweeg ek moet nou net eers oor my lus vir 'n 375 Ruger kom!!!(nog bang vir die trap deel)
Die Remington lyk vir my na 'n beter van die rak af deal.
Soos ek reeds gese het is dat te veel persone n 375 koop vir die verkeerde redes en baie beter af sou gewees het met n 338 vir die meeste diere waarop die 375 uiteindelik gebruik word. Die 338 se koeels sit oor die algemeen met n baie hoe BC en dit maak van hom n goeie langafstand kaliber vir relatiewe lae snelheid. As jy in ag neem dat die 250gr 338 koeel gelykstaande sal wees teenoor n 320-340gr 375 koeel van dieselfde vorm. Die meeste mense maak die fout om die 270gr 375 koeel te wil opweeg teenoor die 250gr 338 koeel.
Die 338 sit met n baie goeie dopontwerp, amper in die klas van die 308 in effektiewetyd. Daar is min taper in die dop en hy het n relatiewe skerp skouer vir goeie kopspasiering. Dit is n baie gemaklike kaliber om voor te laai met min nonsens. Vir jou wat seker is dat jy iets in die458 klas gaan aanskaf dink ek dit is n uitstekende keuse met jou bestaande kalibers. Jy weet hoe voel ek oor die tipe/maak van gewere so ek sal maar stil bly oor Ruger! Dit is dalk tog iets om te oorweeg as dit kom by slotaksies om maar eerder vir controlled round feeding te gaan as push feed. Die 338 is n kat kaliber par excelence en met die opvolg en skiet van hulle wil n persoon liefs met eersgenoemde sit.
Dit is ook van die eerste kalibers wat n Pachmayer Decelerator en kwik staaf moet op kry! Hy is aansienlik meer geweer as n 300. My 338 skop soveel meer as my 300 Win Mag as wat my 375 Ackley weer meer skop as die 338. n Terminator is ook n goeie idiee. Ek het die African model gevat met die 23 duim loop en is baie in my skik. Ek het net die sights afgehaal vir die silenser, iets wat ek nou nog oor wonder of dit die regte ding was om te doen.
Gaan met gerustheid vir hom!
Ek het laasweek 'n paar manne van Kathu se wereld hier by my gehad wat paar gemsbokke geskiet het. Die een roer wat hulle gebruik het was 338 win mag (ruger hawkeye s/s dink ek). Die kaliber fasineer my nou heelwat.
Ek sien Wouter praat van terminator opsit. Die man het my 22.250 gesien met kd op en gevra of hy ook kd op 338 kan sit, ek kon hom nie met sekerheid antwoord nie, is dit so en wat sal die gewenste wees kd of b/b? Die roer het wel b/b op en my ore suis nou nog . Feit is, die bokke is al paar maal hierdie winter gejag en was maar redelik wild en ver gewees, maar die 338 kon nog mooi tot op 350m bykom en die bok omdop met nekskoot met 200gr hornady punt (weet nie watter een nie).
Moeilik om te se wat die spoed en lading sou wees, vir my gelyk soos fabrieks ammo. Wat is die spoed ens wat mens kan kry met 200ge punt? Rede: daar is weer iewers 'n plek wat ek voel gaan begin jeuk en in die nabye toekoms gekrap sal moet word
Wat is die "range" van punt se gewigte, harris 30-06 praat ook van 160gr.
Nou voor ek te veel praat, ek wil asseblief hoor wat julle se en sou aanbeveel vir kalahari duinejag op gemsbokke op die lang afstande.
Dankie
Kalahari