Cahorra Basa dam Tiervis.

Any freshwater fishing stories here/ Enige varswater hengel stories hier.
Post Reply
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Cahorra Basa dam Tiervis.

Post by Jake1 »

Ons het Cahorra gaan hengel vir 4 dae die vakansie, meer as 60 tiere gevang tussen 2 van ons (miskien nader aan 70 maar na n ruk het ons opgehou tel.) Dit was n groot voorreg om saam met die legende Emildo Sada te vang. Ons het op Emildo se eiland- "Casa da Pesca" gebly wat baie mooi toegerus is. Ek het al tiere op die zambezi gaan vang maar dis nie n "patch" teen Cahorra Basa nie.

Ons het self gery, deur Zimbabwe en noord oos in mosambiek in. Beitbrug Zim alleen het ons 6 ure gevat agv almal wat omkoopgeld soek en stelsels wat "glo" van lyn af was...... Ons het 2 dae Cahorra toe gery en 3 dae terug wat nogal uitmergelend was.

Die hengel was ongelooflik, almal was op "Africa lures spinners" en "Tiger wakka spinners" met n stukkie tiervis fillet op gevang. Braid lyn van ten minste 40 pond is n vereiste, elke tier gaan jou knope en gerei tot die uiterste beproef. Verdere vereiste is n gids wat jou na die beste plekke toe vat wat tot so ver as 30km weg is. Probeer n pakket vat wat kos insluit want daar is nie nog tyd of lus vir kosmaak nie, dis vrek warm. n Alternatief is ook om een van die huisbote te vat en dan nader aan die goeie hengelplekke te anker en te bly.

n Mens kan ook probeer vundu en bream vang maar ons tyd was bietjie beperk en as mens eers die tiere kry dan is dit al wat jy wil doen. Ons was n paar keer al 3 op die boot (Emildo ingesluit) op dieselfde tyd vas met n tier.

Ek beveel hierdie trippie sterk aan as jy ordentlik wil tiervis vang, dis Tiervis hemel.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Cahorra Basa dam Tiervis.

Post by Frederik »

Netjies en baie geluk sien jou vroeg volgende jaar gesels ons oor 'n kouetjie oor die avontuur.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Cahorra Basa dam Tiervis.

Post by Jake1 »

Sien uit na julle kuiertjie Frederik, bring maar n popper of 2 saam, "chug bug" of "zarra spook" ;) hierdie tyd van die jaar werk hy mooi vir die bass vroegoggend en laat.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Cahorra Basa dam Tiervis.

Post by Piet Pille »

Ek sit onmiddelik op my bucket list
User avatar
Vlakvark Soldaat
Hero Member
Hero Member
Posts: 1702
Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am

Re: Cahorra Basa dam Tiervis.

Post by Vlakvark Soldaat »

Awesome! Piet, sommer op my bucket list ook.
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Cahorra Basa dam Tiervis.

Post by Piet Breedt »

As ek mag vra, wat beloop die kostes van so trip per dag saam Emildo?
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Cahorra Basa dam Tiervis.

Post by Jake1 »

Piet so ongeveer R15/16 000 vir 4 dae hengel wat insluit verblyf in chalets alle etes alle drank.... 80 liter petrol per dag vir boot asook ons petrolkoste daarna en terug van Groblersdal. In kort dit is alles ingesluit jy vat net klere en visgerei. Ek dink somermaande is die beste maar winter vang hulle ook goed. Die geheim is om op die regte plekke te kom en om dit saam met Emildo te doen. Teen daai koste dink ek sal hy die huisboot ook gee, net soos jy verkies.

Ek wou nog so baie ander goed daar doen soos op sy kapenta boot uitgaan, vundu vang, bream vang maar as jy eers die tiere slaan is dit al wat jy wil doen.

As mens 3 per boot gaan en meer as 2 in een voertuig daarna ry en buite seisoen sal dit aansienlik goedkoper wees. Wanneer ry ons Piet?
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Cahorra Basa dam Tiervis.

Post by Jake1 »

n Paar ouens het gevra vir besonderhede hier is Emildo hulle se facebook page https://m.facebook.com/casadapesca.cahorabassa
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
Post Reply