Howa 1500 extractor stukkend?

Vra jou vraag hier en ons verwys dit na kundiges of hoor wat ander ons meedeel.
Post Reply
User avatar
JGZ
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Fri Dec 12, 2014 11:04 am

Howa 1500 extractor stukkend?

Post by JGZ »

Naand almal,

Vandag gebeur daar n snaakse ding met my 22-250. Ek het n skoot geskiet en kon hoor die skoot klink vreemd. Toe ek die slot oop maak en die dop bestudeer het die primer (CCI200) n koelronde gat in. Haal die slot toe uit en ondersoek die boltface. Die extractor lyk gechip, of daar n stukkie weg is?

My vraag is dus nou:

Kon dit wees dat ek nalatend n warm lading gelaai het (wat hoogs onwaarskynlik is siende ek met twee skaaltjes laai om juis die scenario te voorkom)?
Kon dit n foutiewe primer wees?
Die extractor werk nog, maar as dit stukkend is sal ek dit wil vervang. Kan mens so n part vervang of gaan dit my n hele nuwe slot kos?

Alle hulp word waardeer.

Groete,

Gideon
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
------------------------------------------------------------------------------------------------------
Glock 17 Gen 4 9mm; Glock 43 Gen 4 9mm; Daniel Defense MK12 5.56; Tikka T3x 243 AI; CZ457 Varmint 22lr
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Howa 1500 extractor stukkend?

Post by tripodmvr »

Gepriemde slagdop. Gewoonlik of te fris lading of slagpenveer wat nie sterk genoeg is nie. Het jy lading, spoed en TPL om druk van lading na te gaan?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
JGZ
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Fri Dec 12, 2014 11:04 am

Re: Howa 1500 extractor stukkend?

Post by JGZ »

Tripod ek stuur vir jou sodra ek tuis is. Dink julle die extractor is foutief?
------------------------------------------------------------------------------------------------------
Glock 17 Gen 4 9mm; Glock 43 Gen 4 9mm; Daniel Defense MK12 5.56; Tikka T3x 243 AI; CZ457 Varmint 22lr
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Howa 1500 extractor stukkend?

Post by tripodmvr »

Hy kan moontlik nog werk al het hy 'n hap in. Jy sal moet kyk hoe maak hy as jy met patrone skiet wat veilig is om af te vuur.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
J P
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Tue Jun 12, 2012 11:10 am

Re: Howa 1500 extractor stukkend?

Post by J P »

Het jy dalk ook CCI 250 of CCI 350 primers in jou herlaaikamer?

Ek het al presies dieselfde gesien wanneer 'n warmrige lading op 'n lekker warm somersdag geskiet word en dan is daar per ongeluk 'n CCI 350 (large pistol) primer in die plek van die normale CCI 200. Dit stoot die druk genoeg op om hierdie tipe probleem te veroorsaak.

Maak sommer ook die binnekant van die slot skoon, ek was verbaas om te sien dat stukkies van die primer daar tussen die slagpen en veer uitgekom het na die episode.

Groete
slagdop
Full Member
Full Member
Posts: 173
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:35 pm

Re: Howa 1500 extractor stukkend?

Post by slagdop »

Hi JGZ
Jou extractor makeer niks.
Daars geen hap uit nie. Hulle lyk almal soo.

Groete
Deon
User avatar
JGZ
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Fri Dec 12, 2014 11:04 am

Re: Howa 1500 extractor stukkend?

Post by JGZ »

Dankie JP. Gaan vanaand die slagpen ondersoek. Ek het net CCI200 primers.
------------------------------------------------------------------------------------------------------
Glock 17 Gen 4 9mm; Glock 43 Gen 4 9mm; Daniel Defense MK12 5.56; Tikka T3x 243 AI; CZ457 Varmint 22lr
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Howa 1500 extractor stukkend?

Post by Gawie(13mm) »

slagdop wrote:Hi JGZ
Jou extractor makeer niks.
Daars geen hap uit nie. Hulle lyk almal soo.

Groete
Deon
Deon is reg. Daai uittrekker markeer niks.
Het jy al ooit die slot uitmekaar gehaal en hom ordentlik skoongemaak en die veer met 'n lagie van die regte ghries bedek?
Ek stel voor dat jy dit doen en sommer die sneller ook skoonmaak.
HOWA's is gewoonlik sopnat van die olie wanneer het uit sy verpakking kom. Die manne vee net die buitekant af en skroef die aksie in die kolf vas en stuur jou by die deur uit. Te veel smering in die slot kan ook tot 'n trae slagpen lei wat homself manifesteer deur gate in die ontstekers te slaan. Van die ouer wapensmede vertel jou dan vinnig dat daar kopspasie probleme is wat reggestel moet word.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
JGZ
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Fri Dec 12, 2014 11:04 am

Re: Howa 1500 extractor stukkend?

Post by JGZ »

Dankie vir almal se hulp. Gawie ek dink die probleem is die slagpen. Ek het die slot vroeer vanmiddag vir die eerste keer oopgemaak. Wat sal die regte ghries wees om dit mee te bedek?
------------------------------------------------------------------------------------------------------
Glock 17 Gen 4 9mm; Glock 43 Gen 4 9mm; Daniel Defense MK12 5.56; Tikka T3x 243 AI; CZ457 Varmint 22lr
Smit@50
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Sun Dec 07, 2014 6:38 pm

Re: Howa 1500 extractor stukkend?

Post by Smit@50 »

Ek het dieselfde probleem gehad op my Howa 223. Dot word veroorsaak deur die slagpen veer wat te pap is. Ek het n spacer agter die veer ingesit . No die modifikasie het dit nog nie weer gebeur nie.
Norinco .22
Howa bull barrel 223
Howa 308
CZ 300 Win Mag
Lames o/u Shot gun
CZ P09 Pistol
Unique .22 pistol
Tikka 300 WSM Varmint
Howa 6.5 Creedmoor
Glock 43
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Howa 1500 extractor stukkend?

Post by Gawie(13mm) »

Ek gebruik dieselfde ghries wat jy vir die smering van aste en wiellaers gebruik. Olie is te dun om aan die veer te bly kleef tydens die werk siklus.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Post Reply