More Almal
Ek het 'n klompie jare gelede 'n Kimber .22 tweedehands gekoop. Dit is 'm lieflike geweer, maar die vorige eienaar het bietjie home-gunsmithing op die sneller gedoen wat veroorsaak dat dit nie meer veilig gestel kan word om 'jn ligte aftrek te gee nie. Ek oorweeg nou om die sneller in totaliteit te vervang, maar het nie 'n idee van wat 'n geskikte plaasvervanger is nie. Enige raad?
Dankie.
Fanie


