Duim & neus afstand

Post Reply
User avatar
Shindzela (Pierre)
Full Member
Full Member
Posts: 156
Joined: Sat Jan 09, 2010 9:07 pm

Duim & neus afstand

Post by Shindzela (Pierre) »

Goeie middag ouens.

EK het gou weer n vraagie vir die meer ervare ouens, wat is die korrekte afstand tussen jou neus punt en tweed lid van jou duim as jy deur n geweer teleskoop kyk?

Het vandag n scope op my 30-06 gesit, die spasie vir my is omtrent 10mm, voel vir my bietjie naby en my oee traan al as ek dink aan daai slag my my duim op neus!!!

Watse afstan stel julle voor?

Groete

Pierre
Life's a journey, enjoy the ride!
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Duim & neus afstand

Post by JOHANNIC »

Noggi gehoor dat duim neus klop nie maar ek het gou my roer opgetel en die spasie is seker so 7cm,watse scope het jy opgesit?
Waneer jou spasie tussen oog en scope reg is behoort die afstand tussen neus en duim ook heelwat meer te wees.
Volgende vraag?hoe lank is jou neus? ;D ;D ;D sorry pierre ma ek moes vra ;D
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
Shindzela (Pierre)
Full Member
Full Member
Posts: 156
Joined: Sat Jan 09, 2010 9:07 pm

Re: Duim & neus afstand

Post by Shindzela (Pierre) »

Eish, lyk my ek kry net pakslae op die site, mens moet mooi dink wat jy hier rond skrywe!

Het my Lynx 4x40 vir tyd en wyl op die Howa gesit, die Leopold sal maar nog bietjie wag.Ek besluit nog tussen die Leopold VX1 3-9 x 40 en Lynx Lx 3-9 x 38.
Spasie tussen my oog en die scope is nie n probleem nie.

Pierre
Life's a journey, enjoy the ride!
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Duim & neus afstand

Post by JOHANNIC »

Pierre
Ek dink jou scope sit te ver voor en jy moet dalk te veel inle om naby genoeg te kom daarom dat jy so naby aan jou duim is?
My 2c Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
Shindzela (Pierre)
Full Member
Full Member
Posts: 156
Joined: Sat Jan 09, 2010 9:07 pm

Re: Duim & neus afstand

Post by Shindzela (Pierre) »

Johan

Dit is my gevoel ook, het gisteraan bietjie rond gespeel met die roer, ek sal die teleskoop so 1cm of so moet skuif.
Life's a journey, enjoy the ride!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Duim & neus afstand

Post by Gerhard »

skuif maar die teleskoop of jy gaan deel raak van die "half moon" klub.  ;D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Duim & neus afstand

Post by Stefan764 »

Shindzela wrote: Eish, lyk my ek kry net pakslae op die site, mens moet mooi dink wat jy hier rond skrywe!

Het my Lynx 4x40 vir tyd en wyl op die Howa gesit, die Leopold sal maar nog bietjie wag.Ek besluit nog tussen die Leopold VX1 3-9 x 40 en Lynx Lx 3-9 x 38.
Spasie tussen my oog en die scope is nie n probleem nie.

Pierre
Haha!! Ja nee, ek het daai een sien kom! Skerp Johan!. Nee wat Pierre, jy moet net trug slat! hahaha  ;D

Oor die scope. Stem dat hy te ver voor is. En nog n ding, baie goeie besluit om te spaar vir n Leopold. Maar terwyl jy nou spaar, mik sommer vir die VX3...

Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Duim & neus afstand

Post by JOHANNIC »

Stefan
Daai leupold vx3 raad is baie waar hulle het ook n baie beter nose relief hie..hie..hieeee(ek sal nou ophou) ;D
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
ELTIE
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 77
Joined: Wed Aug 19, 2009 2:05 pm

Re: Duim & neus afstand

Post by ELTIE »

Selfde gebeur so nou en dan met my vriend se 458 win. Toe kom ek agter dat die geweerkolf te kort is vir my. Siet die 460 Weatherby sonder probleme maar die kolf pas my baie beter. Albei is oop visier.

Eltie
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Duim & neus afstand

Post by Stefan764 »

ELTIE wrote: Selfde gebeur so nou en dan met my vriend se 458 win. Toe kom ek agter dat die geweerkolf te kort is vir my. Siet die 460 Weatherby sonder probleme maar die kolf pas my baie beter. Albei is oop visier.

Eltie
Ook ma goed da wasi scope opi, anders was jy nie deel van halfmaan klum maar deel van "pirate" club(oog heel uit) !!!

Ja Johan ek hoor jou, hie hie hie  ;D hahaha!
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: Duim & neus afstand

Post by fanie17 »

As jy jou oe altwee toe maak en aanle soos jy gemaklik is,en daan jou oog oop maak behoort jy presies reg te sien deur die scope.Dit tel nie net vir die afstand van jou oog af nie maar ook vir die hoogte.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
User avatar
Shindzela (Pierre)
Full Member
Full Member
Posts: 156
Joined: Sat Jan 09, 2010 9:07 pm

Re: Duim & neus afstand

Post by Shindzela (Pierre) »

Vx3 julle ouens praat van GROOT geld, vroulief sal my iets aan doen! (Wil liewer nie probeer dink wat nie).
Die gewone Vx behoort te deon, ek bly wel in die bosveld, maar skiet nie naastenby so gereel soos ek graag sal wil nie, sukkel bietjie om so groot onkoste te justify.

Die blerrie lang naweek moet ook net eers verby kom sodat n plan kan maak om die loop te gaan inskiet en kyk hoe skiet die nuwe roer! Party mense kry mos lang naweke, ander soos ek begin eintlik eers oor n lang naweek werk!
Life's a journey, enjoy the ride!
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Duim & neus afstand

Post by Christo »

'n Vriend van my mount nou die dag 'n scope wat ons van Janjak af bestel het. Jy moet inle om te kan kyk en die ringe laat niks toe vir terugskuif. Hy vat toe die 30-06Musgrave na S&O toe en hulle meet die kolf. Moes byna 25mm afsny van kolf. Ek dink daar moes nog so 1/2'' ekstra afgesny word maar hy's tevrede. Die toe oog opstel en kyk is iets wat regtig werk. Kyk maar op skietbaan hoeveel ouens soek hulle scopes.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Post Reply