Is dit n jakkals jagter?

Post Reply
User avatar
jakkat
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Sat Sep 26, 2015 8:35 pm

Is dit n jakkals jagter?

Post by jakkat »

Middag mense

Ek is maar nuut met die jakkals jag ding en ek het die ding begin soos enige ander mens wat hier aansluit seker ek het eers saam ervare mense gaan jag en maar die bakkie gedruif vir hulle maar hierdie is die voorval
Ek het n paar aande trug uitgegaan met n baie gewilde jakkals jagter in die omgewing tussen die boere

Ons het 7h hie vertrek en ons het so 8h begin roep die langste wat ons op een plek stil gestaan het was 15 min
Ons het heel aand rond gery en hy het sy fluitjie dood geblaas agter op die bakkie maar in die ry het ons 5 jakkalse geskiet 3 was jong jakkalse wat amper in die bakkie vas gehardloop het en die reen n teef het ons toevallig ook raak gery maar hulle is so 1 tot 2 jaar oud en hulle het ook amper in die bakie in gehardloop

Nog n ding wat ek opgelet het was by die ander staan plekke dat hy 3 jakkalsroepe dierek na mekaar speel en dan as niks hom antwoord nie se hy daar is nie jakkalse nie?

Nou in my opienie sal hy nie vir n hel n skelm jakkals skiet nie , ja di is waar dat klein jakkalse groot word maar as jy die ou reen en teef skiet gaan hulle nie kleinkies kan kry nie, as jy vir boere skiet wil jy mos juis hulle probleem beheer

En hy maak baie geld met diesel geld hoe sien boere nie deer sulk mense nie?

Wat is julle opienie ?
22-250 sako
243 sako
30-06 howa
7mm rem mag

Aim small miss small
your problem is my profession
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Is dit n jakkals jagter?

Post by NicoSmit »

Nee wat hou maar verby van daar die ou
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
Jaktrap
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 294
Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm

Re: Is dit n jakkals jagter?

Post by Jaktrap »

Hi Jakkat...
Dink jy nie ons wil ook graag weet wie die begaafde jagter is nie?
In watter omgewing jag hy?

Albe
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Is dit n jakkals jagter?

Post by Ratel »

jakkat wrote:Middag mense

Ek is maar nuut met die jakkals jag ding en ek het die ding begin soos enige ander mens wat hier aansluit seker ek het eers saam ervare mense gaan jag en maar die bakkie gedruif vir hulle maar hierdie is die voorval
Ek het n paar aande trug uitgegaan met n baie gewilde jakkals jagter in die omgewing tussen die boere

Ons het 7h hie vertrek en ons het so 8h begin roep die langste wat ons op een plek stil gestaan het was 15 min
Ons het heel aand rond gery en hy het sy fluitjie dood geblaas agter op die bakkie
maar in die ry het ons 5 jakkalse geskiet 3 was jong jakkalse wat amper in die bakkie vas gehardloop het en die reen n teef het ons toevallig ook raak gery maar hulle is so 1 tot 2 jaar oud en hulle het ook amper in die bakie in gehardloop

Nog n ding wat ek opgelet het was by die ander staan plekke dat hy 3 jakkalsroepe dierek na mekaar speel en dan as niks hom antwoord nie se hy daar is nie jakkalse nie?

Nou in my opienie sal hy nie vir n hel n skelm jakkals skiet nie , ja di is waar dat klein jakkalse groot word maar as jy die ou reen en teef skiet gaan hulle nie kleinkies kan kry nie, as jy vir boere skiet wil jy mos juis hulle probleem beheer

En hy maak baie geld met diesel geld hoe sien boere nie deer sulk mense nie?

Wat is julle opienie ?
++>:
Maak 'n verskil
User avatar
jakkat
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Sat Sep 26, 2015 8:35 pm

Re: Is dit n jakkals jagter?

Post by jakkat »

Jaktrap ek wil eeder sy naam anoniem hou :laugh: maar hy is darm baie ver van julle af
22-250 sako
243 sako
30-06 howa
7mm rem mag

Aim small miss small
your problem is my profession
Pieter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 479
Joined: Mon Aug 17, 2009 6:28 am

Re: Is dit n jakkals jagter?

Post by Pieter »

Dit werk nie so nie ! Waar is sy vooraf stilte om die omgewing rustig te maak, die gemiddelde tyd by my, vir jakkalse om in te kom is 20 na 25 min, daar is gevalle wat dit gouer en later is, dis hoekom jy moet weet waar hulle is, geduld is seker een van die grootste struikel blokke van 'n roofdier jagter, ek weet ook van 'n man wat darm 20min staan, dis hier waar die manne kla dat die goed nie inkom nie, maar die jakkalse se spore lê op hul voertuig s'n, baie goeie resep om hulle roepsku te maak !
CTD
Newbie
Newbie
Posts: 9
Joined: Sat Apr 27, 2013 6:19 am

Re: Is dit n jakkals jagter?

Post by CTD »

Sterkte....
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Is dit n jakkals jagter?

Post by cassie_calvinia »

Pieter wrote:Dit werk nie so nie ! Waar is sy vooraf stilte om die omgewing rustig te maak, die gemiddelde tyd by my, vir jakkalse om in te kom is 20 na 25 min, daar is gevalle wat dit gouer en later is, dis hoekom jy moet weet waar hulle is, geduld is seker een van die grootste struikel blokke van 'n roofdier jagter, ek weet ook van 'n man wat darm 20min staan, dis hier waar die manne kla dat die goed nie inkom nie, maar die jakkalse se spore lê op hul voertuig s'n, baie goeie resep om hulle roepsku te maak !
jy moet by albertus gaan klas loop!
hy roep paar minute, en skuif, afhangende mos van reaksie of nie.
die man het nou weer met 3 bakkies 196 jakkalse in 15 dae geskiet.
belewinis om saam met daai man te jag
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Is dit n jakkals jagter?

Post by Geno »

cassie_calvinia wrote:
Pieter wrote:Dit werk nie so nie ! Waar is sy vooraf stilte om die omgewing rustig te maak, die gemiddelde tyd by my, vir jakkalse om in te kom is 20 na 25 min, daar is gevalle wat dit gouer en later is, dis hoekom jy moet weet waar hulle is, geduld is seker een van die grootste struikel blokke van 'n roofdier jagter, ek weet ook van 'n man wat darm 20min staan, dis hier waar die manne kla dat die goed nie inkom nie, maar die jakkalse se spore lê op hul voertuig s'n, baie goeie resep om hulle roepsku te maak !
jy moet by albertus gaan klas loop!
hy roep paar minute, en skuif, afhangende mos van reaksie of nie.
die man het nou weer met 3 bakkies 196 jakkalse in 15 dae geskiet.
belewinis om saam met daai man te jag
Cassie.
Het jy 'n breakdown van ouderdomme?
Het hy nou weer gewere gebou na die 2x Remingtons ontplof het?
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Is dit n jakkals jagter?

Post by cassie_calvinia »

haha.
dit was desember.
so dit is jonges ook.
Williston area.
jaco viviers, albertus, en tinus van beaufort wes.
maar, meeste ouers is ook gedood.
weet jy het weer sy voordif oobgebars teen 'n berg op agter reen en teef aan. maar hul is vrek.
geno, hy se reguit, as hy geduldiger is, sal hy dalk meer skiet.
maar hy glo as jakkals nie antwoord voor 20min nie, kom hy nie sommer in nie.
nie altyd natuurlik.
dit was darm die selfde geweer wat ontplof het, 2 keer.
maar sy maniere sal ek ook net vir die ervare jakkals jagter aan bevel.
hy staan nou op so 5000 jakkalse in 14 jaar se jag
HOU HOM DAAI DIKTE
Dewitt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Mon Aug 04, 2014 1:41 pm

Re: Is dit n jakkals jagter?

Post by Dewitt »

Cassie ek wil nou nie 'n goeie storie met feite opneuk nie en die ouens het goeie werk gedoen, maar hul total vir die twee blokjagte Nov en Des (so 18-20 nagte party manne moes vroeër waai), was 129 ongediertes. Daar was heelwat jonges en klompie rooikatte, maar hulle het 'n paar ou skelms op ongelooflike afstande uitgehaal. Ek weet van 'n 440m skoot en nog een so knap onder die 400m (GPS gemeet en nie afgetree nie). Ek dink hul groot sukses hier by ons is dat hul ry agter die goed aan wat nie wil inkom nie en net antwoord. Dis vrek harde werk om 10 nagte aaneen so te jag, maar hierdie manne doen dit elke aand met dieselfde ywer. Die reël van so blokjag is self 'n riller, maar dit raak elke keer makliker soos jy die mense beter leer ken.

Groete
Dewitt
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Is dit n jakkals jagter?

Post by NicoSmit »

Wat behels so blok jag?
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
Dewitt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Mon Aug 04, 2014 1:41 pm

Re: Is dit n jakkals jagter?

Post by Dewitt »

Nico ons probeer die distrik van 'n kant af deur jag, maar dit is maar half onmoontlik want jy kry nie almal se samewerking nie. Nou probeer ons maar net sorg dat al die bakkies min of meer in dieselfde area jag elke aand om sodoende 'n groter effek te hê in 'n sekere area. In die begin het ons hot en haar gejag oor die distrik en baie gedood, maar dit het nie 'n vreeslike effek gehad nie. Ek wens net almal wou laat jag, maar die een man het nie jakkalse nie, 'n ander laat nie vreemde manne op sy grond toe nie en nog 'n duisend ander verskonings. Ons het 'n wonderlik Koöperasie en Abattoir wat al hul produsente se nagfooi tydens die jagte subsideer, so jy betaal net wat hul skiet en hul ekstra km gery.
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Is dit n jakkals jagter?

Post by NicoSmit »

Die man wat nie jakkalse het nie sit met die meeste gewoonlik
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
Wayne
Hero Member
Hero Member
Posts: 1007
Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm

Re: Is dit n jakkals jagter?

Post by Wayne »

Jakkat, where are you from?
Pieter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 479
Joined: Mon Aug 17, 2009 6:28 am

Re: Is dit n jakkals jagter?

Post by Pieter »

Cassie ek hoor jou, dis waar jakkalse soos skaap loop, sal hom graag in my area wil sien, ek sal die bestuur werk doen, dalk kan ek 'n paar tips vang !
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Is dit n jakkals jagter?

Post by cassie_calvinia »

Pieter wrote:Cassie ek hoor jou, dis waar jakkalse soos skaap loop, sal hom graag in my area wil sien, ek sal die bestuur werk doen, dalk kan ek 'n paar tips vang !
ek sal ook draai kom maak. dis my leermeester. ek en hy jag maar dieselfde.
jammer dewitt, jy sal beter weet.
ek jag maar baie soos hulle. maar glo my, as jy paas aande agtermekaar so in die veld ry, maak dit jou op.
2km diekant toe, deur driedorings, riviere, berge, ysterklip, dan weer die pad uit ry, dan later vannag nog so trip.
jy is later bly as jy net 'n slag weer in die pad kom.
Pieter, as jy wil vir albertus he, dan reel ek vir jou
HOU HOM DAAI DIKTE
zop
Newbie
Newbie
Posts: 5
Joined: Thu Oct 01, 2015 11:17 am

Re: Is dit n jakkals jagter?

Post by zop »

ek het so week trug op die selfde plek gaan jakkalse roep waar hy n rukkie trug was waar hy op n +-2500 hektar van 7h af geroep het tot 11 h en hy het ook geen jakkalse geskiet nie want die werker op die plaas se hy was net so 20min op n staanplek en toe ek daar was toe skiet ek twee jakkalse wat nie gereageer het op die jakkals roep nie ek het hulle altwee na so 45 min se roep geskiet en hy het vir die boer gese dat daar geen jakkalse is nie, so week na dit toe die boer daar kom was daar 7 lammers gevang en toe benader hy my en ek kon hulle darm klop.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Is dit n jakkals jagter?

Post by cassie_calvinia »

zop wrote:ek het so week trug op die selfde plek gaan jakkalse roep waar hy n rukkie trug was waar hy op n +-2500 hektar van 7h af geroep het tot 11 h en hy het ook geen jakkalse geskiet nie want die werker op die plaas se hy was net so 20min op n staanplek en toe ek daar was toe skiet ek twee jakkalse wat nie gereageer het op die jakkals roep nie ek het hulle altwee na so 45 min se roep geskiet en hy het vir die boer gese dat daar geen jakkalse is nie, so week na dit toe die boer daar kom was daar 7 lammers gevang en toe benader hy my en ek kon hulle darm klop.
dit gebeur maar baie. een aand is daar niks, niks antwoord. more aand, selfde plekke skiet jy lekker.
niks vreemd nie.
en onthou, jakkals bly 'n jakkals
HOU HOM DAAI DIKTE
Post Reply