Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het nou aangesluit en sien uit om bietjie te gesels hier by julle. Ek is `n toegewyde jagter en skiet .243, 30-06 en .416 Rigby. Soos julle kan aflui skiet ek van klein tot groot
Ek wens julle almal n voorspoedige nuwe jaar en `n baie suksesvolle 2016 toe.
Dagse uit n papnat Tsumeb - het lekker gereen gisteraand hierso en vanoggend ook - dis nog dik bewolk.
Welkom by die forum - jy sal merk (of nie) dinge loop maar bietjie stadig nou tot so middel Januarie - dan begin die manne weer gons, veral met die jagseisoen wat voorle.
Hoop jy geniet dit hier by ons kampvuur
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Ek is vanaf Pretoria, Centurion. maar ons prober maar so veel as wat ons kan uit die stad uit beweeg na stil plekkie in die bos.
ja ek sien dis maar stil, maar ek sien groot uit na die 2016 jag seisoen. Ons probeer n plekkie in die Kalahari kry om par springbokke en gemsbokke te gaan skiet maar ek hoor die manne praat klaar dat hulle vol bespreek is en dat dit baie droog is. Groot skade op die diere gemaak.