308 opgradeer

Vra jou vraag hier en ons verwys dit na kundiges of hoor wat ander ons meedeel.
Post Reply
rakker
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 80
Joined: Sun Jul 17, 2011 4:40 pm

308 opgradeer

Post by rakker »

More

Ek val tans onder die geleentheidsjagter groep. Ek het n handwapen en 2 gewere waarvan een geweer n 308 is.

My 308 wat ek tans besit is n standaard jaggeweer en ek wil nou opgradeer na n 308 wat meer geskik is vir langafstand. Ek wil net een 308 hou, dus sal ek my huidige 308 verkoop.

So my vraag is wat is die stappe om te volg, moet ek eers die nuwe 308 op my naam kry en dan verkoop? Gaan dit nie my lisensie beinvloed as ek reeds n 308 op my naam het nie?

Of eers my 308 verkoop en dan aansoek doen vir nuwe lisensie maar staan die kans om geen 308 op my naam te he nie - ons weet almal hoe dit met die lisensiering gaan....

Wat stel julle voor, ek is seker daar is al manne wat deur die oefening was?

Groete!
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: 308 opgradeer

Post by Nickvn »

As jy toegewyde status het kan jy maklik twee 308 op jou naam he, ek sal dan eers die nuwe geweer koop en heel moontlik die ander een hou vir jag.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3626
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: 308 opgradeer

Post by Fanta300 »

Is jou handwapen geregistreer vir Self Verdediging? Indien wel motiveer die nuwe wapen vir geleentheid sport skiet, dan kan jy die ou een hou vir jag.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
rakker
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 80
Joined: Sun Jul 17, 2011 4:40 pm

Re: 308 opgradeer

Post by rakker »

Fanta300 wrote:Is jou handwapen geregistreer vir Self Verdediging? Indien wel motiveer die nuwe wapen vir geleentheid sport skiet, dan kan jy die ou een hou vir jag.
More Fanta300

Ja my handwapen is vir selfverdediging. Regso, dan is dit basies net n nuwe lisensie vir sportskiet.

Ek is bietjie uit voeling met deesdae se lisensie uitreiking, neem dit nog so min of meer 3 maande vir n nuwe lisensie?
Post Reply