Die operasie self was niks, ek het heerlik geslaap.Die probleem blyk toe te wees as jy WAKKER word....
Sonder grappies, enige ou wat die breuk het en sukkel met sooibrand, en verstik in maagsuur wanneer jy slaap, behoort dit te laat regmaak.Ek het baie min pyn gehad van die operasie self. Ek het ERG pyn in my skouers gehad na die tyd. Die Dr verduidelik my iets van die gas waarmee hulle jou buikholte opblaas en senuwees wat met jou skouers verbind is...te tegnies vir my, maar die nursie het darem vinnig gesorg vir 'n inspuiting.
Nasorg is baie belangrik...ek het heelwat gewig al verloor, jelly en vla en joghurt is nie vreeslik voedsaam nie, dit was my lot vir die eerste week, met sop hier en daar by..daarna sagte kos, wat ek nounog eet.
Nou die groot ding...lees maar die boekie wat hulle jou gee as jy huis toe gaan, ek het nie...ek het gisteraand hengel vergadering gehad, en dog toe, ek mag mos gas koeldrank drink, dit oefen glo die klep...so ek kan seker maar een bier drink?Ek en my vrou het gisteraand net so na 12 by die huis gekom nadat ek ongevalle toe is met wat EK gedink het is 'n hartaanval....daai seer kan ek nie beskryf nie.Blyk toe net my diafragma wat in spasma gegaan het danksy die bier....hulle noem glo in die boekie spesifiek jy moenie bier drink nie?
Soos my vrou sê toe ons by ongevalle ry: Dit was nou 'n 11-1-11 idee........

