Die geweer wat ek het is `n Ruger No.1. Die enkelsskoot, valblokaksie is baie sterk en stel die herlaaier daartoe instaat om lekker stewige ladings op te bou. Ek het nog nie `n .45-70 eienaar raakgeloop wat nie versot is op die kaliber nie. Ek dink die meeste 45-70 eienaars het Marlin hefboomaksie-gewere. Ek het spesifiek `n Ruger gesoek nadat ek in 2003 die eerste een by VLT in Pretoria bevroetel het. Ek moes lank wag, maar ek het toe wel `n tweedehandse een gekry en die res is geskiedenis (die gode was my ook goedgesind, want die lisensie is in minder as 3 maande goedgekeur
Ek herlaai van dag een af en het dus nog nooit fabrieksammunisie gekoop nie. Fabrieksammunisie se spesifikasies is egter pateties. Remington laai `n 405gr koe?l teen sowat 1300vps. Dis om te kompenseer vir die ou gewere daarbuite, want hierdie kaliber is rondom 140 jaar oud. Dit het begin as `n swartkruit kaliber (45 kaliber - eintlik .458 - met 70gr swartkruit).
Tans het ek vier ladings: 300gr Hornady holpunte @ 2100vps; 345gr loodkoe?ls @1945vps; en 350gr koe?ls (Hornady rondeneus en Swift A-frames) @ amper 2050vps.
Ek sal enigiets tot en met eland met hom aandurf. Ek beskou die kaliber nie as `n groot vyf kaliber nie. Alhoewel daar manne is wat dit al daarvoor aangewend het. Sien http://www.leverguns.com/articles/lupo/lupo.htm
Ek dink egter dat `n Marlin hefboomaksie in .45-70 een van die beste varkgewere is...
