Pa stap by 16-jarige seun se kamer in en is skoon oorbluf dat alles baie netjies is. Hy sien die briefie op die kopkussing en maak dit oop. In skoonskrif en puntsgewys staan daar:
Pa ek en Sandy het besluit om ons lewe saam te begin.
Haar oom Gatiep het vir ons n karavaan geskenk - dit kort net wiele dan sal die buurman dit vir ons rivier toe sleep.
Ek weet Pa is bekommerd oor die piercings in haar ore, neus en tong en ook haar naeltjie, maar ek kan Pa die versekering gee dat daai vriendin Cathy met die kort rompie en swart grimering eers die speld goed ontsmet het voor die piercings gedoen is. Ons het ook seker gemaak dat die op haar ander liggaamsdele eers mooi glad geskeer is voordat daar gepierce is - so moet regtig nie bekommerd wees nie.
Ons sukkel nog so bietjie dat die tattoos op haar boudjies dieselfde moet lyk, maar ek kan sonder twyfel se dat die twee boudjies se vorm identies is.
Sandy se tabakverbouing gaan nou werklik met rasse skrede vooruit en ons het n paar vriendelike ouens uit Nigerie gekry wat onbaatsugtig help met die verspreiding en bemarking daarvan. Ek wil my verstout om te se dat ons kan uitsien na n skotige inkomste uit hierdie projek.
Ek was ook bevoorreg om twee ouens te ontmoet het wat my sommer gou touwys gemaak het om die meer luukse Duitse voertuie oop te maak vir n bietjie sakgeld ter aanvulling. Nogal verbaas gewees om te sien dat die groot dubbelkajuit bakkies net so maklik kan oopmaak.
Sandy se eerste swangerskap-toets was ongelukkig negatief, maar Pa het my geleer om nie sommer op te gee nie, maar om net weer en weer te prober tot dinge positief uitwerk. Ek glo nie die feit dat Sandy al 30 is sal te veel negatiewe impak op ons pogings he nie.
Pa die bogenoemde is net bloot ter illustrasie van my redelike goeie punte in Afrikaans, maar sal seker nie veel help vir die res van die vakke se gemors nie. My rapport sal Pa laat verstaan dat die bogenoemde baie erger kon gewees het as n enkele swak rapport. Ek sal nie my selfoon verpand vir geld nie,so voel vry om te skakel as dit veilig is om terug te kom.
GROETE
Pa se enigste seun
Pa se skrik
- mossie
- Sr. Member

- Posts: 375
- Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm
Pa se skrik
as jy mis, probeer net weer!!!!!!
-
308Win
- Sr. Member

- Posts: 493
- Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm
Re: Pa se skrik
Laat my dink aan die pa wat wakker in die sitkamer vir sy seun gewag het. Toe die seun daar aankom omstreeks 02:00, begroet die pa die seun met die worde "Naand, kind van Satan!"
Die seun antwoord toe: "Naand pa"
Die seun antwoord toe: "Naand pa"
- PaulM
- Hero Member

- Posts: 881
- Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm
Re: Pa se skrik
308Win wrote:Laat my dink aan die pa wat wakker in die sitkamer vir sy seun gewag het. Toe die seun daar aankom omstreeks 02:00, begroet die pa die seun met die worde "Naand, kind van Satan!"
Die seun antwoord toe: "Naand pa"
My neef was in matriek, en draai so 'n bietjie lank buite die klas. Onderwyseres skree ook vir hom:
"Kom in my klas in, satanskind!", waarop hy toe antwoord: "Ek kom, Ma."
Chaos!!
- Ben
- Hero Member

- Posts: 908
- Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am
-
baas
- Full Member

- Posts: 179
- Joined: Thu Aug 22, 2013 7:54 pm
Re: Pa se skrik
Hahahaha... Lekker lag ek nou!
The difference between Men and Boys is the SIZE of there toys
Riaan Botha
Riaan Botha
- deserthuntr
- Full Member

- Posts: 239
- Joined: Mon Mar 03, 2014 1:44 pm
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6969
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Pa se skrik
Zibi?PaulM wrote:308Win wrote:Laat my dink aan die pa wat wakker in die sitkamer vir sy seun gewag het. Toe die seun daar aankom omstreeks 02:00, begroet die pa die seun met die worde "Naand, kind van Satan!"
Die seun antwoord toe: "Naand pa"![]()
![]()
My neef was in matriek, en draai so 'n bietjie lank buite die klas. Onderwyseres skree ook vir hom:
"Kom in my klas in, satanskind!", waarop hy toe antwoord: "Ek kom, Ma."
Chaos!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
