Nog 'n .30-0kwes

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
henkb

Nog 'n .30-0kwes

Post by henkb »

Dagse almal,

My naam is Henk Badenhorst en soos almal hier het ek ook 'n belangstelling in die jag en skiet ding.

Ek is 'n aan en af "jagter" vir seker 10 jaar nou maar in die laaste paar jaar het die .30-06(skuus - kwes) gestaan en roes opgaar in die kluis.

Danksy my kolega en vriend (Ludwig) en my ander vriend van die Karoo (Dirk) het my belangstelling 'n paar maande terug weer vlamgevat, maar die keer sommer behoorlik.

Van een keer in 'n jaar 'n pakkie PMP's koop na volledige herlaai tafel en Quickload en Hornady en Sierra en ballistics ....... (Sien, pens en pootjies)

Ek lees hier van al die manne wat boer en plase en Namibie en wil darem ook net se dat ek ook 'n boer van soort is - ek "boer" elke dag in 'n kantoor agter 'n rekenaar skerm  ;D !

Anyways, ek is nog 'n baba wat die herlaai aan betref en ek kan sien dat ek hier sommer nog baie kan leer.

Sien ook daarna uit om almal se stories te lees en hopelik om 'n storie of twee myself te deel.(Sal maar die "kwes" stories vir myself hou - hehe)

Groete,
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Nog 'n .30-0kwes

Post by Stefan764 »

Hallo Henk! Welkom mater!

Ek sien ons gat nog oom Kobus se walle daar by Irene plat skiet die volgende paar weke. Die seisoen kom nou sterk aan en die nuwe 243 Howa ook!

Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
henkb

Re: Nog 'n .30-0kwes

Post by henkb »

Verseker! Kan nie wag nie!
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Nog 'n .30-0kwes

Post by KSV »

Henk,

Welkom en geniet? Vra maar die manne help graag.

Maak mooi!
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
300Winmag

Re: Nog 'n .30-0kwes

Post by 300Winmag »

Welkom hier en lekker (versigtig) laai!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Nog 'n .30-0kwes

Post by Wouter Roets »

Hallo Henk

Baie welkom hier en hoop die gogga se byt hou die keer tot jy na die groter jagveld toe gaan! Ek hoop jy let darem so bietjie meer in die klas op as daai maaitjie van jou! ;D

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Post Reply