Goeie dag vriende,
My komplimente aan al die ouens wat hulle kennis deel en dankie daarvoor.
Ek is ?n nuwe lid hier op die forum en probeer om my neef in Calvinia help om sy skape se "verdwyn" te keer. Julle forum het my laat agtergekom dat ek grasgroen is en het vrek baie om te leer.
Ek was aan die einde van Februarie in Calvinia en het darem 'n groukat en een jakkals geklop - sonder ondervinding......moenie lag nie, ek moes die skietlig self vashou en jissie jy skiet dan met moeite so die die 1e skiet was meer geluk as wyshied ....., danksy julle manne die Lightforce 170 en dimmer is oppad.
Kan een van julle ou hande my se hoe jy die oe ver-af identifiseer, daar is groen en ook rooi oe, nie skape nie, sal dit hase, klein katte of Aardwolwe wees??
Terwyl ek daar was het ons ook 'n wyfie rooikat in 'n slagyster gevang. Hoe soek 'n mens hulle "blyplek" in die koppies en klowe??
Aim small miss small,
Witdood
Hoe om die oe ver te identifiseer?? Rooi of groen
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Hoe om die oe ver te identifiseer?? Rooi of groen
Witdood,
Welkom man,
Vergeet van staat maak op kleur van die oe...
Jy gaan n fout maak en die verkeede dier skiet.
Met die lightforce en dimmer sal jy redelik gemaklik tot op 200 meter die dier kan identifiseer dit hang af van jou scope ook natuurlik.
Maar skiet nooit net na n oog nie. Skiet jakkals in die borskas en hy dop sommer net daar om...

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Chris101
- Sr. Member

- Posts: 390
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am
Re: Hoe om die oe ver te identifiseer?? Rooi of groen
Kan een van julle ou hande my se hoe jy die oe ver-af identifiseer, daar is groen en ook rooi oe, nie skape nie, sal dit hase, klein katte of Aardwolwe wees??
Witdood
Ek gaan my bes doen n oog kleur hang af van die hoek waarteen n dier na jou kyk.
n hasie se oog sal jy nie ver sien nie wel die van bokkies.
n enkeloog wat jou lank stip kyk op en af weg =springhaas.
Aardwolwe jakkalse draaijakkalse se oe is baie dieselfde en sal eerder aan beweging uitgeken kan word.
Katte rooi grou kolkatjie dink jy het n oog gesien maak seker dis een van hulle die oog behoort ook te knip in die lig.
die oe daar ver was 1teen 10 skelm jakkies of bakoorjakkalse/
hoop dit help bietjie
Chris101

Knou die gediertes AF.
-
Danie Lombard .243
Re: Hoe om die oe ver te identifiseer?? Rooi of groen
Witdood
Interesante vraag wat jy vra.
Jong dit kom maar met die jare se jag en die spandeer van nagte in die veld.
Nou voor ek my idee aan jou verduidelik. Jou geel en my geel, dit wat ons sien in nie dieselfde nie. Maar hier is hulp.
MAANHAAR Vreeslike groot helder oranje oe soos oros oranje, beweeg stadig en traag die oe, lief om oe laag op die grond te hou, as hy hardloop/draf maak hy 'n gallop beweging met sy lyf, jy sal dit duidelik in die oe se skyn sien, die oe swing gallop so op en af as hy draf en jy hom met di eskiet lamp lig. Hy sal ook lank vir die skiet lamp kyk en kyk en kyk. Knip nie sommer sy oe nie.
JAKKALS Die helderste geel (soos reflecting tape 3M op die lorries) geel wat jy jou kan indink, Sy kop beweeg vinnig. Die oe blink, dan weg dan blink ens. Hy hippel meer as hy draf so jy sal sommer sien die geel oe hippel/skommel op en af met vinnige bewegings as hy draf terwyl jy na hom lig. Jakkals se bors is wit, jy sien sy bors ver deur die scope in die nag.
ROOIKAT Naaste aan 'n ribbok of steenbok oog ooit. Hy gaan le sommer maklik as jy hom lig. En sy oe is sku vir die lig. Hy knip sy oe vinnig oop en toe oop en toe, meeste van die tyd helder groen tot effe lig geel, het al so effe groen/blou kleur ook gesien by rooikat, maar meeste van die tyd groen. Hy beweeg ook stadig net soos 'n kat maar maak, so jy sal hom sommer maklik sien.
GROUKAT net soos rooikat Kat se oog sien jy sommer gou , hy is anders as die ander se oe die katte.
Maar soos ek se, oefening is die beste, Mens leer eintlik die dier se loop manier en beweging patroon ken en dan sy ook die oog, en as jy die twee bymekaar sit identifiseer jy die dier.
Het jare terug 'n groot jakkasl teef geskeit wat se oe blou geskyn het.
Kry vir jou 'n 8X50 of 8X56 scope, jy sien dan sommer mooi die diere in die nag.

Jinne manne, ek het nie gedink julle sal so gou reageer nie, dankie vir die ondervinding-raad, dis die beste en meesbetroubare soort.
Die tyd wat ek in die veld spandeer het het ek van die tekens hierbo gesien, nou weet ek waarna ek kyk,dankie manne.
Nou moet ek nog net 'n plan maak om die wit bakkie se kleur te breek.
My neef se buurman het van Januarie tot einde Feb net 4 van sy 50 kape oorgehou, so ek neem aan daar is rooikat en jakkals probleme.
Ek sal maar volgende keer die veld moet deurstap om te sien waar die karkasse - bene le....
groetnis
aim small miss small

- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1384
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: Hoe om die oe ver te identifiseer?? Rooi of groen
Witdood
Welkom hier.
Eerstens. N roofdier kyk met albei oe na jou. M.a.w. jy sien 2 oe. As hy wegkyk sien jy niks. Sprinhase , bokkies en so aan.sien jy meesal net een oog want hulle sit aan die kant van die kop.
Een helder oog wat hop en rukkerig beweeg= springhaas .
2 helder oe wat vinnig flash en verdwyn = rooijakkals. Kan ook op galop inkom as haastig. Of sy jakkalsdraffie is met so" spring in sy step" asof hy energie het en amper dans.
Stadig gelykmatig bewegende helder oe.. =Maanhaar
Bakoor se oe sit bietjie nader aan mekaar asook groukat en muskeljaat kat
Katte het ook baie helder oe. Rooikat knip sy oe partykeer so stadig.
Op die ou end help ondervinding en die manier van beweging vir my die meeste. En soos iemand anders gese het. Goeie scope.
Groetnis Freddie

yol bolsun
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Hoe om die oe ver te identifiseer?? Rooi of groen
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !

- WOLF
- Full Member

- Posts: 195
- Joined: Wed Jan 14, 2009 11:11 am
Re: Hoe om die oe ver te identifiseer?? Rooi of groen
WITDOOD
Ek het jou ge-pm.
WOLF
Ek het jou ge-pm.
WOLF
HOU JOU BEK DAN BLY HY HEEL