Wil graag Springbok Jag in 2016

Adverteer jagte hier gratis/ Advertise hunts here for free
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13530
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Wil graag Springbok Jag in 2016

Post by Capt. Yoda »

sako 30-06 wrote:Weet iemand hoe lyk die plase en pryse in Kuruman omgewing?
Ben dis darem nie so ver van Boksburg af nie.

Is ook maar droog, ek het baie famielie en friende in daai area en hulle het nog nie regtig pryse vir volgende jaar nie.Glo hulle wag maar om te sien wat die weer maak. EK het 2 lekker jag trips volgende jaar Upington se kant toe maar as daar nie bq reen kom nie kan dit dalk maar net n gekuier word.

Ben moenie baie bekkomer nie meeste van daai kalahari boere weet nie eers waar Boksburg/Brakpan is nie hulle weet net van Upington, Bloem as hy moet dokter toe, Kaapstad as hy groot wil vakansie hou en hoor van Johannesburg op die radio al het hulle ook geweet sou jy banger vir hulle moes wees
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Ben
Hero Member
Hero Member
Posts: 908
Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am

Re: Wil graag Springbok Jag in 2016

Post by Ben »

Daai Karoo en Kalahari boere is groot mense. Het gesien al hoe tel n 13 jarige seun n baal gras op asof dit niks weeg nie....
Maar goeie mense!
"Failure is NOT an Option"
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Wil graag Springbok Jag in 2016

Post by alecjohnson »

Ek het in pearston omgewing toegang tot springbok maar dis redelik duur. Dis egter n baie mooi plaas en lekker vir walk en stalk. Skree maar.
User avatar
Ben
Hero Member
Hero Member
Posts: 908
Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am

Re: Wil graag Springbok Jag in 2016

Post by Ben »

Dankie Alec,
Ek moet elke keer eers op Kaart soek waar al hierdie plekke is....
"Failure is NOT an Option"
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Wil graag Springbok Jag in 2016

Post by Pappabeer »

sako 30-06 wrote:
Pappabeer wrote:Ben, doen jouself n groot guns, en gaan jag vir n week in Namibië se suide. Dit is springbokjag op sy beste. Jy kan loop en bekruip, bakkieskiet, nagoes, voorsit, en wat nog anders daar moontlik is. Die bokke is mooi groot, die mense se gasvryheid ongekend, en jy gaan daarna probeer planmaak om jaarliks terug te gaan.

O. En natuurlik skiet jy nog daar Gemsbok, Rooihartbees en Koedoe per kilogram.
As jy praat van in die Suide, na wat se dorpe kyk n mens. Ek oorweeg self n Namibie jag volgende jaar, so sal graag wil sien wat die afstand sal wees.

Basies enige plek in Nam is hemel, maar seker maar Gochas, Stampriet, Marienthal en vêrder suid
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Ben
Hero Member
Hero Member
Posts: 908
Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am

Re: Wil graag Springbok Jag in 2016

Post by Ben »

Se my Oom, hoe maak mens met gewere in Namibie, is dit moeilik om jou eie geweer deur die grens te kry?
Mens wil tot graag met jou eie geweer skiet!
"Failure is NOT an Option"
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1618
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Wil graag Springbok Jag in 2016

Post by Gian_dP »

Ben wrote:Se my Oom, hoe maak mens met gewere in Namibie, is dit moeilik om jou eie geweer deur die grens te kry?
Mens wil tot graag met jou eie geweer skiet!
Jy doen aansoek by jou DFO vir tydelike uitvoer permit. Neem paspoort en jaguitnodiging saam. Kry tydelike invoerpermit by polisiekantoor aan Nam kant van grens.
Myne vir 2015 het n dag geneem om te kry by Durbanville polisiestasie.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Wil graag Springbok Jag in 2016

Post by FHM »

Ben wrote:Se my Oom, hoe maak mens met gewere in Namibie, is dit moeilik om jou eie geweer deur die grens te kry?
Mens wil tot graag met jou eie geweer skiet!

Ben, lees bietjie hierso.
http://www.hunting-portal-namibia.com/h ... e_Laws.htm
http://www.namibiansafari.com/huntnamFI ... m#namhunt1
http://www.kalaharihunts.com/informatio ... ports.html
http://www.napha-namibia.com/legal-info ... mportation

As jy nog vrae het kan jy direk kontak met NAPHA
http/www.napha.com.na

Sterkte ;)
Last edited by FHM on Thu Nov 12, 2015 10:44 am, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Ben
Hero Member
Hero Member
Posts: 908
Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am

Re: Wil graag Springbok Jag in 2016

Post by Ben »

Baie dankie aan Almal, ek gaan eers probeer regkom in SA vir nou. Dalk volgende jaar Nam probeer!
"Failure is NOT an Option"
Post Reply