Toegewyde status

Post Reply
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Toegewyde status

Post by Smirre »

More.
Wanneer verval jou status?
Die eerste jaar wat jy ni voldoen?
En wat gebeur met jou lisensies....is hulle onwettig al het jy net 3
Die verenigings gee jou di status, wie se plig is dit om sapd te last weet?

Andre
User avatar
Parker
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Wed May 13, 2015 9:45 am

Re: Toegewyde status

Post by Parker »

Jy het jou eerste vraag sommer klaar geantwoord met jou tweede vraag. Sover ek weet stuur jou vereniging jaarliks verslag deur oor die volhouding van jou status. En jou verdere artikel 16 vuurwapens raak dus onwettig.
Stoot lood!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Toegewyde status

Post by tripodmvr »

Status word gewaarborg deur die vereniging wat jy aan behoort - hulle laat gewoonlik die polisie weet as jy nie aan hul vereistes voldoen nie. Jy kan egter 'n verslag voorsien dat weens mediese of werks redes jy nie die vereiste take kon doen nie en dit kan dan as 'n positiewe verslag dien.

As jy net drie vuurwapens het sal hulle nie in gedrang kom nie. Jou status verval en dan sal jy net 4 maksimum kan verkry totdat jy weer jou status op datum kry.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Toegewyde status

Post by Heinz Petersen »

Weens mediese redes moet jy n verslag van jou dokter kry.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Toegewyde status

Post by win270 »

Andre, tree in gesprek met die leiers van jou vereniging om duidelikheid oor jou status te verkry. Jy gaan verskillende antwoorde op hierdie forum kry en daar is 'n goeie kans dat jy verder verwar gaan word as forumlede nie jou presiese omstandighede en die vereistes soos uitgestippel deur jou betrokke vereniging verstaan nie.
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Toegewyde status

Post by jamalley »

Andre by Vrystaat Jagters wat ñ lid van Chasa is moet jy vir die behoud van Toegewyde Status, jou ledegeld op datum betaal en ten minste 2 jagvewante tak aktiwiteite per jaar bywoon, welke insluit jou tak se skietdae en vergaderings. Indien n lid nie die aktiwiteite kan bybring nie, kan hy/sy n verklaring aflê waarin hy/sy bevestig dat hy 3 ander jagverwante aktiwiteite gedurende die jaar meegemaak het. Die vereniging en Chasa stel die CFR in terme van verpligte regulasie van die Wet, jaarliks in kennis van persone wie hul status verloor het.
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Toegewyde status

Post by Smirre »

More
neewat my status is gewoonlik april al op datum.
Vra net want ek hoor daar is duisende wat nie voldoen nie,,party al vir 3 jaar

As jy aansoek gedoen het vir ARt16 n jy het dit laat verval...het jy die wapen onwettig?
Jy sal dan moet heraansoek doen?

Dink net die jagvereniging moet strenger werk met die toegewyde status
sover ek verstaan is dit n vergunning en nie n wet nie. Ons moet dit oppas

Andre
User avatar
Baasvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm

Re: Toegewyde status

Post by Baasvark »

tripodmvr wrote: As jy net drie vuurwapens het sal hulle nie in gedrang kom nie.
Tegnies is jy reg maar dit word nie altyd so toegepas nie....

Ons het al gevalle gehad waar lede minder as 4 wapens besit en hulle status laat verval het. Die SAP het hulle wapens toe gaan haal omdat hulle Toegewyde Status as deel vaan hulle aanvanklike motivering gemaak het toe hulle die eerste keer aansoek gedoen het vir hulle lisensies.....

M.A.W as jy toegewyde status gebruik het as deel van jou motivering moet jy dit behou!
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B
Pumba
Full Member
Full Member
Posts: 118
Joined: Fri Oct 16, 2015 7:53 am

Re: Toegewyde status

Post by Pumba »

Semi outomatiese gewere en haelgewere kan jy net behou as jy dedicated is so wees maar versigtig dat jy jou status behou indien jy die tipe wapens besit
Post Reply