Self Defence liksens na Section 16

Post Reply
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Self Defence liksens na Section 16

Post by Hugo »

Goeie dag

Ek wil kyk om my revolver se liksens te hernu. Ek wil graag probeer om hom so te hernu dat hy nie meer as self defence op my naam is nie maar eerder as n section 16 onder toegewyde jag.

Het iemand dit al suksesvol gedoen, is dit ooit doenbaar?
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Self Defence liksens na Section 16

Post by jamalley »

Yep, jy kan - daar is manne wat al suksesvol aansoek gedoen het, maar afhangende van wat se kaliber rewolwer dit is, ek sou eerder aansoek doen as Toegewyde Sportskut, as jy sodanige status het - die manne motiveer dit gewoonlik as "coup de grace", maar dit druis vir my so 'n bietjie in teen Toegewyde Jag, want dan erken jy eintlik dat jy diere kwes, want as jy behoorlik skiet of jag sal jy dit mos nie nodig hê nie.

Kyk bietjie na die Artikels wat daar al in die SA Jagter en Wild & Jag geskryf is aangaande jaghandwapens en bepaal dan maar self of jou wapen daarvoor geskik is.

Ek jag self met 'n Thompson Contender, wat 'n jaghandwapen is en daarom is ek baie gefynsd oor aansoeke vir handwapens vir jag.
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Self Defence liksens na Section 16

Post by Hugo »

Hi Jamalley

Dankie vir die reply. dit is n .38spl 4" loop.

So hy gaan nie die "cut" maak vir n jag wapen nie, coup de grace gaan die enigste opsie hier wees?
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Self Defence liksens na Section 16

Post by jamalley »

Stem!
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Self Defence liksens na Section 16

Post by Hugo »

Om dit nou n stap verder te vat, Hy verval in April, is dit beter dat ek hom eerder eers hernu as Self Defence en dan na dit as Section 16 probeer motiveer, of dalk die kans staan dat hulle hom afkeer op section 16 en my bevoegdheid daarmee heen is?
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Self Defence liksens na Section 16

Post by jamalley »

Onthou net jy kan 'n bevoegdheidsertifikaat om 'n handwapen te besit, hê, selfs al besit jy nie 'n handwapen nie.

As jy bang is hulle gaan dalk jou aansoek vir 'n lisensie itv Art 16 weier, sou ek net beide my bevoegdheid en lisensie itv Art13 hernu en dan kan jy later poog om dit oor te skakel na Artikel 16.

Ek dink net jy gaan dalk jou eie tyd mors, doen nou reeds aansoek itv Art 16, maar kry iemand om jou te help met die motivering as jy die roete gaan neem. Indien jy suksesvol is, kan jy onmiddelik 'n ander handwapen bekom vir selfverdediging en selfs 'n verdere een vir geleentheids jag of sportskiet itv Art 15.
777
Newbie
Newbie
Posts: 5
Joined: Tue Oct 27, 2015 11:13 am

Re: Self Defence liksens na Section 16

Post by 777 »

Hoeveel wapens het jy dan reeds?

Wat van S15, geleentheid sport, as jy dalk nie status het nie.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Self Defence liksens na Section 16

Post by Alwin »

jamalley wrote:Yep, jy kan -...- die manne motiveer dit gewoonlik as "coup de grace", maar dit druis vir my so 'n bietjie in teen Toegewyde Jag, want dan erken jy eintlik dat jy diere kwes, want as jy behoorlik skiet of jag sal jy dit mos nie nodig hê nie.
Miskien moet ek hier help verduidelik.

Selfs die mees bekwame en ervare jagter, sal vir jou kan vertel van verskeie diere wat hy (of sy) met 'n perfekte harstkoot platgetrek het, maar wat nog steeds 'n ent gehardloop het en dan in 'n ruigte gaan wegkruip het, na die skoot. Dis 'n doodnormale reaksie by diere.

My vraag is: Hoe gaan jy met net 'n lang geweer, daardie dier uit die ruigte (sekelbosse?) gaan uithaal? Ek wil nog sien wie klim/kruip daar in, met 'n geweer in sy hande. Of sit jy jou geweer buite teen 'n boom, en klim ongewapend daar in? Baie keer is dit nodig om seker te maak die dier se laaste baklei is uit, voordat jy hom aan sy poot, oor, stert of tand gryp en uitsleep.

"n Gewone ou "dooie" duikerrammetjie (ek weet hy was dood, want sy breins was buite sy skedel) het my al geniepsig bygekom met daai skerp horingkies.

Dit is waarvoor daardie "coup de grace" wapen nodig is, nie vir kompensering vir swak skietkuns nie. Mense wat slegs in die wye oop vlaktes jag, het dalk nie die behoefte nie. Maar kom geniet 'n bietjie die ruie bosveld en ander digbegroeide gebiede se jaggeleenthede, dan sal jy die idee kry.

Kry vir jou 'n kragtige handwapen wat die meeste spesies wat jy in die ruigtes kan jag, se skedel kan penetreer van alle kante af. Die 357 rewolwer behoort dit te kan dien. Gebruik ook die verduideliking hierbo, in jou eie woorde, om die aansoek te motiveer.
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Self Defence liksens na Section 16

Post by Hugo »

777 wrote:Hoeveel wapens het jy dan reeds?

Wat van S15, geleentheid sport, as jy dalk nie status het nie.

Soos hierbo verwys, ek wil aansoek doen om hom op Artikel 16 te kry, dws dat ek TJ Status het, jy kan nie Artikel 16 liksens kry sonder die status nie.
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Self Defence liksens na Section 16

Post by Hugo »

Ek het met my DFO gesels, hulel beveel aan ek hernu die liksens op Sec15, nadat die hernuwing in plek is moet ek heraansoek doen om hom op Sec16 te kry, dis die veilige manier.

Dankie vir almal se input en advies.
777
Newbie
Newbie
Posts: 5
Joined: Tue Oct 27, 2015 11:13 am

Re: Self Defence liksens na Section 16

Post by 777 »

Lekker. Laat weet ons hoe die ding loop sodat ons kan leer. Sterkte Hugo.
Post Reply