Jakkals of rooikat ?

Post Reply
nols
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Mon Jul 11, 2011 8:46 pm

Jakkals of rooikat ?

Post by nols »

Naand manne

Iets het vanoggend een van my boerbok lammers gevang, ek kraal my bokke
elke aand en maak hulle in die oggend oop.Ons is hier in die bosveld in Thabazimbi
Al wat ek van die bok gekry het was net 'n stuk van sy kaal gevreete bekkenbeen met
'n stuk vel en sy voorpoot. Ek het 'n plek gekry waar die bok vermoedelik gevang is,ek kan geen spore sien nie want dit is 'n stuk turfgrond met kweekgras daarop.Daar was ook geen spartel en spook merke sigbaar nie.
Daar is net 'n sleep merk van waar ek vermoed die bok gevang is tot waar ek die stuk vel en poot gekry het,dit lyk of die ding wat hom gevang het hom 'n ent gesleep het en dan bietjie gevreet het en dan hom weer 'n entgesleep het en dan weer gevreet het.
Ek kon op die sleepspoor loop en net 'n stukkie van sy stert en 'n stukkie van sy derm kry,daar was een plek waar daar klein bietjie pensmis gelê het ,verder kon ek niks kry nie ,nie eers sy kop nie, alles is weg.
'n Rooikat sal hom mos onder 'n bos insleep en netdaar vreet? Bruin haina sal hom sommer net daar opvreet,hy trap 'n groot spoor wat ek nie sal kan mis nie. Maar 'n jakkals sleep hy 'n ding soos 'n hond in
reverse ? Die sleep spoor is nie reguit nie ,dit is baie kronkelrig en maak so loop of twee ook,dit lyk of die ding wat hom gesleep het nie kon sien waarheen hy hom sleep nie,of hy het hom so gesleep soos hy vreet
Dit is seker so 65 meter van waar die sleep spoor begin tot by die vel en poot wat ek opgetel het, ek het my trail cam gaan stel b die stukkie vel en poot .
Kan dit 'n rooikat wees of is dit jakkals met kleintjies se werk?

Groete Nols
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: Jakkals of rooikat ?

Post by Williel »

Daai lyk soos Rooikat en die se kinders.
Groete, Willie
birklec
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 369
Joined: Sun Oct 14, 2012 8:02 pm

Re: Jakkals of rooikat ?

Post by birklec »

Ek dink ook rooikat.
Friedland
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Tue Jun 23, 2015 11:53 am

Re: Jakkals of rooikat ?

Post by Friedland »

Kan dit dalk n luiperd wees?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Jakkals of rooikat ?

Post by Geno »

Ek dink dis jakkalse.
Goed, beter, 6millimeter!
222 Sako
Full Member
Full Member
Posts: 224
Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am

Re: Jakkals of rooikat ?

Post by 222 Sako »

Geno wrote:Ek dink dis jakkalse.
Sit ook my geld op hulle. n Rooikat vreet nie derms en binnegoed nie.
nols
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Mon Jul 11, 2011 8:46 pm

Re: Jakkals of rooikat ?

Post by nols »

Ek het gou my trailcam fotos gekyk !!!!
En toe kom haal jakkals 20:30 sy laaste stukkie vleis, en 00:37
toe kom maak jakkals net seker hy het alles gevat!!!
Hy gaan netnou 'n haas met 'n geweer ontmoet!!!!!
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3071
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Jakkals of rooikat ?

Post by Apie »

Klits hom!
josh..
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 93
Joined: Fri Dec 21, 2012 1:47 pm

Re: Jakkals of rooikat ?

Post by josh.. »

Jip jackal has been getting into our kraaled boergoat kids aswell. Caught her last week. Same thing as you say caught and dragged about 20 metres first then eaten. I think being in a kraal the jackal try to drag the carcass as far away from the goats as possible so they don't disturb them eating.
Post Reply