Borsdiepte van jakkals

Post Reply
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Borsdiepte van jakkals

Post by Kalahari »

Naand almal

Ek het bietjie gesoek, maar niks gekry nie. As iemand dalk sulke mates het, ek is op soek na die borsdiepte en lengte van jakkals om self teiken te maak vir die oefenproses. Basies die gemiddelde groote van die "masjienkamer". Dalk die jakkals lewensgroot self probeer teken of dan net die "sirkel" sodat daar op verskillende afstande geoefen kan word.

Sit ver van alles af en nog nie van jakkalsteiken gehoor of gesien nie, soortgelyk aan springbok ens. Raai maar net, weet nie of dit dalk 4 - 5 duim deursnee kan wees wat 'n doodskoot sal beteken nie.

Dankie manne

Kalahari
User avatar
Penkop
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Tue Nov 16, 2010 11:29 am

Re: Borsdiepte van jakkals

Post by Penkop »

SAJagters het 'n jakkals teiken wat die ''masjienkamer'' ens als mooi uitwys, as jy lid is kan jy dit vis plus minus R20 by hul koop.

Die teiken is bedoel om op skaal te wees, maar meeste ouens vind dit so 10persent(?) groter as die ware jakob.

Of bedoel jy nou 'n 3d teiken??

Groete
Waar daar 'n rokie trek is daar 'n bier'tjie...
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Borsdiepte van jakkals

Post by Francois Marais »

Johan

Daar is Jakkals teikens beskikbaar, by Sven.

Ons werk maar almal op 4", is bietjie groter, maar hou maar by 4", net vir inkys....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Borsdiepte van jakkals

Post by Kalahari »

More kerels

Penkop, dankie man, ek sit in nam en nie lid van sa jagters, maar ek hoor wat jy se. Dankie vir die help.

Frans, dankie, ek sal solank op die 4" begin oefen, my skoonma kom kuier vir die kleinkind oor so 2 weke, dan sal ek dat my swaer die teiken by Sven gaan koop en saamstuur. Ek wil dit so realisties moontlike teiken maak, dalk sommer in die aand ook van die stoel skiet met ligte ens, dan is die omstandighede mos amper soos die ware jakob.

Die wereld nat vanmore in die soutblok, gisteraand 16mm gehad, dik miswolke wat uitwaai van die park se kant af.

Mooi dag manne

Johan
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Borsdiepte van jakkals

Post by JACQUES BOTHA »

KALAHARI
Jakkals teikens in kleur is reeds beskikbaar ek dionk hulle is R15 hier in bloem by gerrie coetzee vuurwapens en kloppers..
As jy ver van alles sit. laat weet dan gooi ek hulle in die pos vir jou. jy gaan seker soms pos uithaal.
groete uit bloemfontein
jacques
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: Borsdiepte van jakkals

Post by Chris101 »

Kalahari

Net my persoonlike ondervinding.
Die meeste van die tyd gaan dit meer oor die spoed van skiet veral die tyd van jaar.
As daar 5 jakkies ingedraf kom en net 4 word geskiet teken ek daai 5 de 1 aan as mis geskiet
en dit is waar jou probleme degin.
Ek vat tennis balle en n gooier sit in my stoel dat hy dan die balle gooi so 100m vanaf my
die oomblik as die bal le skiet hom as hy mooi hardloop gooi hom weer as hy stil word.
Of wag vir die volgende bal van gooier.

Hoop dit help en is sommer lekker pret as julle 2 of 3 ouens is.

Chris101
Knou die gediertes AF.
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Borsdiepte van jakkals

Post by MEERKAT »

Hallo Kalahari

Voordat die jakkals teikens beskikbaar was het ons paar jakkalse en katte se borste gemeet .

Jakkals 17cm x 23cm
Kat      18cm x 30cm

Vir wat dit werd is, en tog word die goete mis geskiet, seker maar senuwees.
Knou goggas af
MEERKAT
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Borsdiepte van jakkals

Post by Kalahari »

JB

Dankie vir daai kwaai aanbod, maar ek het darem toe uit Windhoek saam met skoonma gekry, sorry, moes julle manne gelaat weet het. Die teikens was darem die kant ook N$15 per teiken gewees, sommer 4 gekoop, die dat man so ver is! ;D

Ek het 'n suster wat in Bloem bly en het self 6 jaar daar geswot en gebly. Moet as ek daai kant kom eendag met jou blad skud.

Thanx

Kalahari
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Borsdiepte van jakkals

Post by Kalahari »

Chris 101

Danke vir tip, dit kan nogal man se hele skiet oefening help om die jakkies gouer en meer te laat val. Ek gaan dalk binne die volgende 2 weke daar naby Keetmanshoop by my neef gaan help met jakkies, die manne se hulle is nou vrot van die goed. So die oefening sal ek deurwerk, hier by my is lekker oop pan wat goed sal werk vir daai doel.

Meerkat

Dankie vir die mates, ek het dit so vinnig op die liniaal gesit en kyk, lyk groot hier voor man se oe, maar soos jy se, as die koors man pak en dis donker en die afstand groter, dan krimp daai klomp sentimeters sommer vinnig!

Dankie manne

Fyn trap
Kalahari
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Borsdiepte van jakkals

Post by Francois Marais »

Meerkat

Is daai mates van jou presies wat gemeet was, van die brisket tot bo op die skof, daar is nie enige safty margin ingebou nie??????

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Borsdiepte van jakkals

Post by MEERKAT »

Francois

Van Brisket tot bo op skof. In die lengte, nek aansluiting by bors tot inlyn met die pens.

Man moet sommer roekeloos wees om die outjie mis te gooi, maar dit gebeur tog heel gereeld, en nou gaan die slapelose nagte nog langer word.

Knou hulle af
MEERKAT
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Borsdiepte van jakkals

Post by Francois Marais »

Meerkat

Dankie maat, so gedink.........Daai reg van voor skote is gewoonlik waar die foutjies insluip...

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Borsdiepte van jakkals

Post by Freddie101 »

Kalahari wrote: k het 'n suster wat in Bloem bly en het self 6 jaar daar geswot en gebly. Moet as ek daai kant kom eendag met jou blad skud.
Kalahari.
Wanner was jy daar. Was self in die middel tagtigs in Huis Olienhout.
Groetnis
yol bolsun
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Borsdiepte van jakkals

Post by Kalahari »

Freddie 101

Dagse, maar dan moet ek mos amper al se: Oom Freddie ;)

Ek het geswot in Bloem vanaf 94, eers rugby gespeel vir 2 jr en toe vir 3 jr geswot en darem klaar gemaak by ou Technikon OVS, dis voordat man grade kon verwerf by die Tegniese Universiteite. Daarna gewerk by versekerings mpy tot 2000 en toe vir 3 jaar Kaap toe voordat ek weer terug is by geboorteland en die plaaslewe.

Fyn trap

Kalahari
Post Reply