Roofdiere - afsluiting van die jag

Post Reply
Ambessa

Roofdiere - afsluiting van die jag

Post by Ambessa »

Hallo almal

Nadat ek die twee rooijakkalse teen die relings van Boeta se bakkie sien hang het, het ek begin wonder.....

Almal weet wat van bokke word.

Laat weet bietjie wat elkeen van julle se prosedures is met die karkasse na die jag?

Diegene wat vir hulself jag hanteer sake anders as die wat vir ander boere jag?

Ambessa
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Roofdiere - afsluiting van die jag

Post by Mac »

Ambessa,

As ek op my eie plaas jag, los ekhulle net daar, wat nie eers die hond saam om hulle te soek nie, kraaie moet ook baat van die skaapvleis wat ek verloor
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
Ambessa

Re: Roofdiere - afsluiting van die jag

Post by Ambessa »

Hallo Mac21

Dankie. En as jy elders jag, wat dan?

Ambessa
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: Roofdiere - afsluiting van die jag

Post by boeta »

Ambessa

Ek moet hulle vi boere wys om my fooie te kry.As ek by my skiet tel ek hulle ook op want ek hou  ni van beendere in my veld ni,wat later deur my bees opgetel word.Ek tel tot my dooie skaap bene ook op.

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Roofdiere - afsluiting van die jag

Post by Mac »

Ambessa,

As ek elders jag, jag ek gewoonlik alleen, los hulle dan op n' voorafgereelde plek vir betaaling.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
Ambessa

Re: Roofdiere - afsluiting van die jag

Post by Ambessa »

Hallo Mac21

Dankie. Vermoed die karkasse word iewers gelos. Boer gooi dit seker weg in 'n sloot of begrawe dit.

Ambessa
Ambessa

Re: Roofdiere - afsluiting van die jag

Post by Ambessa »

Hallo Boeta

Dankie vir jou info - geen beendere in veld.

Ambessa
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Roofdiere - afsluiting van die jag

Post by Mac »

ek hou  ni van beendere in my veld ni,wat later deur my bees opgetel word.
Hi Boeta,

Ek het die selfde probleem gehad, voer nou n' lek, Molassa meel, semels, sout, No 2 en beenmeel, probleem opgelos.

Graham
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Roofdiere - afsluiting van die jag

Post by MEERKAT »

Ambessa

Ek tel al die jakkalse op en die volgende dag word hulle oopgesny en gekyk wat hulle laaste gevreet het,
Dit is tog seker belangrik om te weet of hy lammers vang al dan nie. Die laaste groot reun jakkals wat Taffles nou die aand by my geskiet het het byvoorbeeld klein springbokkies gevang.

Sal bietjie later meer vertel van die jagtog saam met "sir TAFFLES"  nogal eye opener.

Knou goggas af.
MEERKAT
Ambessa

Re: Roofdiere - afsluiting van die jag

Post by Ambessa »

Hallo Meerkat

Of is dit Timon (oppas vir die goggas afknou).

Sien uit na de verder terugvoer oor e onlangse jagtog.

Ambessa
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Roofdiere - afsluiting van die jag

Post by britsman »

Naand Meerkat,
                      Bly om te hoor dat die "SIR" nog allright is. Ons wag vir daarie storie.

Ambessa,
              Lyk vir my dit is net die "newly weds" (brits) en die "nearly deads"(Ambes) wat op die forum is.Dit word nou "prime time" vir die Jak-Jagters om die jakkies se baadjies af te haal.

        brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
Ambessa

Re: Roofdiere - afsluiting van die jag

Post by Ambessa »

Hallo Britsman

Nope, dit is darem nie net vir kom vat nie - op die ou toppies!

Ambessa
Ambessa

Re: Roofdiere - afsluiting van die jag

Post by Ambessa »

Hallo Britsman
britsman wrote:Lyk vir my dit is net ... ... wat op die forum is.Dit word nou "prime time" vir die Jak-Jagters om die jakkies se baadjies af te haal.
Reg. Ek hoop net die ouens slaan ag op die versoeke om so 'n bietjie van die data wat hulle kan insamel neer te skryf. Dit word regtig dringend benodig om 'n beter profiel van roofdiere in Suid-Afrika te kry.

Ambessa
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Roofdiere - afsluiting van die jag

Post by MEERKAT »

Ambessa

Watse tipe data het jy nodig?

Hou al rekord vir baie jare.

Knou goggas af
MEERKAT
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Roofdiere - afsluiting van die jag

Post by Dawie »

Ambessa
Rooikatte word deur my plaaswerkers verorber,  Jakkalse word op 'n spesiale "pet cemetry" mooi uitgepak om te vrot,  die kopbene word aan belangstellendes soos my natuurbewaarder vriende en onlangs mense wat die kopbene mooimaak en uitvoer gegee.  Net vir interessantheid ek kon nog nie agterkom dat kraaie daar vreet nie,  brommers wel.
Dawie
Ambessa

Re: Roofdiere - afsluiting van die jag

Post by Ambessa »

Hallo Meerkat

Kyk na my boodskap op jou messages.

Ambessa
tafjak

Re: Roofdiere - afsluiting van die jag

Post by tafjak »

Dawie
Net vir interessantheid ek kon nog nie agterkom dat kraaie daar vreet nie,  brommers wel.
Dit is wragtig die waarheid. Net 'n brommer en Natalse skeerder.

Taffie
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Roofdiere - afsluiting van die jag

Post by raychell »

Taffie
Lyk my daai laptop hardloop nou weer seepglad!  ;D
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
Jaco Bezuidenhout
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 293
Joined: Tue Dec 09, 2008 1:39 pm

Re: Roofdiere - afsluiting van die jag

Post by Jaco Bezuidenhout »

Taffie

Is dit darem nou lekker o weer van jou te hoor.Seker die iesten cape skoon geskiet lat jy so stil was. :D

Grute

KKat
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Roofdiere - afsluiting van die jag

Post by JACQUES BOTHA »

taffie hy es terug waas  johan nou heen, dalk is die telkom lyne in die iestern cape nou regstellende aksie wyse benut vir die 20 10 sokker ....
Shoot straight and tell the truth!
Post Reply