Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Is hier iemand wat julle kan voorstel in die Pretoria omgewing wat waardasies kan doen van vuurwapens vir versekeringsdoeleindes? Enige voorstelle sal waardeer word
Dit sal 'n redelike expert moet wees, en minstens deel van 'n versamelaarsvereniging. Iemand moes seker al 'n wapen of twee opgetel het iewers en die item laat waardeer het?
Classic arms is ongelukkig bietjie uit die pad uit. Meeste van die goed is op 'n storingspermit by my terwyl ek die lisensies uitsorteer met ons liewe SAPS. So dit sal iemand moet wees wat ek met 'n lekker koppie koffie, beskuit en biltong na my huis toe kan lok in ruil vir die waardering.
Baie dankie manne ek kontak hulle vandag. Waardeer die hulp!
Dit is maar 'n reeks wapens, maar die twee wat ek die graagste wil waardeer is twee Ruger swartkruit rewolwers, 'n Old Army en 'n Model 1858. Pragtige grafeerwerk op albei.
Dan is daar 'n 7mm Rem Mag wat 'n oorlede wapensmit van Citrusdal gamaak het - Jock Wolmarans was sy naam gewees, met 'n ongelooflike mooi handgemaakte houtkolf. As enige iemand terloops informasie het oor Wolmarans en van daardie deel van die wêreld afkom sal ek graag met hom/haar wil gesels daaroor.
Dan ook 'n Sako L61 Finnbear met agthoekige loop en 'n unieke kolf. En nog so paar items.
D.H.Botha wrote:Baie dankie manne ek kontak hulle vandag. Waardeer die hulp!